Wes-Kaapse matrieks begin môre

Matrikulante in die Wes-Kaap se eindeksamen begin amptelik Dinsdag.

Die Engelse vraestelle word Dinsdag geskryf met 34 139 leerders wat Engels eerste addisionele taal en 22 337 wat Engels huistaal skryf. Net twee leerders sal die eksamen in Engels tweede addisionele taal aflê.

Amper 54 000 voltydse kandidate en sowat 12 500 deeltydse kandidate skryf vanjaar die Senior Sertifikaat-eksamen in die Wes-Kaap.

Die onderwysdepartement het 3 035 nasieners aangestel wat na verwagting op 30 November met hul reusetaak sal begin.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, behoort die uitslae op 5 Januarie bekend te maak, waarna skole en kandidate dit die dag daarna in die Wes-Kaap sal ontvang.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse onderwysminister, het kandidate Maandag aangespoor om deurgaans te fokus en die harde werk te doen wat vereis word vir die laaste voorbereiding op hul eindeksamen.

“Ek vertrou ons matrieks het heeljaar lank hard gewerk,” het sy gesê. “Ek wens hulle voorspoed toe met die eindskof van hul skoolloopbaan en glo hulle sal hulself en die provinsie trots maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wonder maar net ·

Hoekom word net die Wes-Kaap genoem as die hele land se matrieks môre met hul eind eksamens begin?

Wonder ek ook ·

Stem saam – vreemde titel? En van die kleiner vakke is reeds verlede week geskryf sover ek weet! Die hele land skryf op dieselfde dae dieselfde vakke.

Wonder maar net ·

Jip jy is reg wonder ook maar net. By ons skool weet ek is RTT prakties Maandag geskryf. Die hele land se matrieks skryf inderdaad dieselfde vakke dieselfde dag. Dis nasionale vraestelle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.