Wes-Kaapse natuurreservaat gesluit weens vloede

Crystal Pools by die Steenbras-natuurreservaat (Foto via Love Cape Town)

Swaar reën het oorstromings langs Clarencerylaan naby Gordonsbaai veroorsaak en die pad is tot verdere kennisgewing gesluit. Toegang tot die Steenbras-natuurreservaat is gevolglik ook gesluit in die belang van openbare veiligheid.

Eddie Andrews, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewingsake, sê die gewilde staproete in die reservaat is ook gesluit totdat personeellede die toestand van die roete kan ondersoek.

“Stappers wat ʼn bespreking gemaak het vir die roete sal in kennis gestel word en hul besprekings sal geherskeduleer word.”

Die Steenbras-natuurreservaat is ʼn gewilde bestemming vir stappers en dagbesoekers. “Ons is jammer oor die ongerief wat dit veroorsaak, maar die veiligheid van ons besoekers is prioriteit. Die sluiting bied die reservaat ook die nodige ruimte om herstelwerk te doen ná die oorstromings.”

Stuur enige navrae per e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.