Wes-Kaapse onderwysers word vandeesweek ingeënt

Argieffoto (Foto: Hakan German/Pixabay)

Onderwysers en personeel by staats- en onafhanklike skole in die Wes-Kaap word Vrydag ingeënt. Dit sluit personeellede van distrikskantore en die hoofkantore van die Wes-Kaapse departement van onderwys in.

“Die departement is verheug dat die nasionale regering bykomende dosisse van die Johnson & Johnson (J&J)-enkeldosis-entstof kon verseker vir die onderwysbedryf. Die dosisse is goedgekeur en geoormerk vir gebruik op 25 Junie in die provinsie,” het Bronagh Hammond, woordvoerder vir die departement, in ʼn verklaring gesê.

Sowat 29 inentingspersele reg oor die provinsie sal gebruik word. Die departement van basiese onderwys het aangedui die Wes-Kaap sal 55 200 dosisse entstof ontvang.

Staatskole in die provinsie het reeds hul personeel, wat graag die entstof wil ontvang, geregistreer en die grootste deel van die voorbereiding is dus reeds getref, het Hammond bygevoeg. Onderwysers en personeel wat nog nie geregistreer is nie, word versoek om met hul skoolhoof kontak te maak sodat hul toestemming ingedien kan word.

Die departement sal met onafhanklike skole in verbinding tree om finale reëlings te tref.

Gauteng

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, sal Woensdag by die Rabasotho-gemeenskapsaal in Tembisa ingeënt word. Die departementshoof, senior bestuur en verteenwoordigers van verskeie vakbonde sal ook by hom aansluit.

“Die inentingsprogram in Gauteng het ten doel om sowat 125 934 werknemers by 46 persele in te ent. Dit sluit onderwysers, ondersteuningspersoneel en beamptes in,” het Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Angelique ·

Niks nie Ons het die reg soos enige ander vry burger om self te kies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.