Wes-Kaapse ouers moet gou plek bevestig

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Ouers in die Wes-Kaap het slegs tot Vrydag kans om hul finale keuse van skool vir 2022 te bevestig.

Meer as 20 000 leerders is by meer as een skool aanvaar vir 2022. Daar is dus meer as 20 000 plekke by skole wat beskikbaar gemaak kan word aan leerders wie se aansoek by ʼn spesifieke skool onsuksesvol was. Altesaam 50% van dié leerders is volgende jaar in graad 8.

“Ouers het ʼn maand lank gehad om te besluit watter skool hulle wil aanvaar of watter hulle van die hand wil wys,” sê Bronagh Hammond, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys. “Indien ouers versuim om teen môreaand hul keuse uit te oefen, sal ʼn outomatiese plasing gedoen word by die eerste suksesvolle skool gebaseer op hul lys van voorkeure.”

Die departement moet weet watter skole nog plek beskikbaar het, sodat hy leerders kan bystaan wat nog nie ʼn kennisgewing van plasing ontvang het nie.

Ouers kan inteken by: https://admissions.westerncape.gov.za/admissions/login (klik dan op “Track Application Status” en sleutel die naam in van die leerder om die status van die aansoek te sien; ouers kan dan die aansoek bevestig of terugtrek).

“Sodra ouers die aansoek by ʼn spesifieke skool aanvaar het, moet hulle ʼn afskrif van die aansoek met gesertifiseerde afskrifte van stawende dokumente binne sewe dae by die skool indien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Die Boerepompie ·

Man dit sal nie help nie ..die program is llaar reeds n gemors …Hulle plas kinder nie op die regteplekke nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.