Wes-Kaapse padsterftes oor Paasnaweek hoogste in jare

teerpad-pad-paaie-platteland

Argieffoto (Foto: Nextvoyage/Pexels.com)

Ten spyte van ʼn landswye afname in padsterftes tydens Paasnaweek vanjaar, het dié syfer die hoogste merk nóg in afgelope jare in die Wes-Kaap bereik.

Die Wes-Kaapse departement van vervoer het Woensdag die provinsiale padsterftesyfer tydens Paasnaweek in ʼn verklaring aangekondig. Dié dodetal in dié provinsie staan op 38, die hoogste in ses jaar.

Luidens die verklaring is dié syfer Maandag opgestoot nadat ʼn trompop botsing op die R316 buite Napier die lewe van vier mans en vier vroue geëis het.

Maroela Media het vroeër berig ses lede van een gesin het in dié gru-ongeluk omgekom.

“’n Styging in passasiers- én voetgangersterftes is oor die afgelope naweek aangeteken,” lui die verklaring.

“Passasiersterftes het van ses verlede jaar tot 11 vanjaar toegeneem. Voetgangersterftes het van 11 tot 20 oor dieselfde tydperk toegeneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Waar kry julle hierdie foto. Dit is beslis nie ‘n foto van ‘n pad in Suid Afrika nie. Ons paaie se geel strepe is aan die kante van die pad, met die wit streep in die middel, of is dit anders in die Wes Kaap? Amerika, en sommige ander lande gebruik die padverf merke soos in julle foto.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.