Wes-Kaapse polisiebeampte doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Valke in die Wes-Kaap ondersoek ’n saak van moord nadat ’n polisiebeampte Saterdagaand in Langa naby Kaapstad doodgeskiet is.

Sers. Abongile Mayile (39) was nie aan diens ten tyde van sy dood nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Sondag in ’n verklaring gesê polisiebeamptes het gisteraand net voor 19:00 ’n klagte ontvang van ’n skietery in Settlers.

Die polisiebeamptes het ondersoek ingestel waarna hulle by hul aankoms op die toneel vir Mayile op sy rug met ʼn skietwond aan die kop gevind het. Hy is op die toneel dood.

Mayile was verbonde aan die polisie in Athlone.

Die polisie doen nou ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by die Misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Die Publiek gaan natuurlik stil wees. Was mos maar net ‘n lid van die Polisie.
Nou nie ‘n misdadiger wat hatdhandig deur die Polisie hanteer was nie , dis mos nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.