Wes-Kaapse polisiehoof beroof

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Rowers het vroeg Dinsdagoggend by lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris, se huis in Panorama ingebreek.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die inbrekers het toegang tot die huis verkry deur ʼn venster oop te sny. “Die rowers het met verskeie huishoudelike items, waaronder elektroniese toerusting, gevlug.”

Volgens Potelwa was daar mense in die huis tydens die rooftog, maar hulle het eers later Dinsdagoggend toe hulle opgestaan het, besef daar was ʼn rooftog. “’n Saak van huisbraak word ondersoek.”

Lamoer het intussen ʼn beroep op huiseienaars gedoen om te alle tye waaksaam te wees. “Mense moet seker maak hul deure en veiligheidshekke is te alle tye gesluit. Diegene wat alarmstelsels het, moet dit gebruik.”

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Neptunus ·

Uhm… Roof en inbraak is twee verskillende goed. Roof is wanneer iets met geweld permanent by jou afgeneem word. Dis maklik né?

scalla ·

Ironies genoeg is dat daar niks aan die inwoners soos in ander gevalle gedoen is nie!!!

Neptunus ·

Dis omdat hierdie ouens doodgewoon huisbraak en diefstal gepleeg het. Hulle is inbrekers en diewe, nie rowers nie. Daar is geen minimum vonnis vir inbraak nie, maar vir gewapende roof is dit vyftien jaar of meer. Al wat ek wil weet is of Maroela se verwysing na “rowers” ‘n aanhaling is, of te wyte is aan hul eie mistasting wat dalk weens ‘n vrugbare verbeelding veroorsaak is. Daar is seker nie ‘n subredakteur wat ‘n oog hou nie.

zahn ·

Ek vermoed die Weskaap is in sy Lamoer as mnr Lamoer nie eers sy eie huis kan oppas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.