Wes-Kaapse polisiehoof glo vas vir korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Top Wes-Kaapse polisiebeampte sal na verwagting Vrydag saam met nog vier beamptes en ’n sakeman in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, geldwassery en rampokkery.

Volgens die Cape Times het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), bevestig dat ses persone van wie een ʼn top Wes-Kaapse polisiebeampte is, in die Goodwood-landdroshof sal verskyn.

Eyewitness News het op Twitter aangekondig dat Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris, hom by die Goodwood-polisiestasie oorgegee het en in die hof sal verskyn. Senior beamptes van onder andere die Valke sal ook in die hof verskyn.

Lamoer word al geruime tyd ondersoek vir beweerde korrupte onderhandelinge met ʼn Kaapstadse sakeman. Drie senior polisiebeamptes is ook ondersoek.

News24 het in Oktober 2013 berig die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het gesê hy ondersoek bewerings dat Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, Lamoer ingelig het dat hy ondersoek word. Daar is berig dat telefoongesprekke tussen Phiyega en Lamoer wettig deur misdaadintelligensie opgeneem is onderwyl Lamoer se telefoonoproepe gemonitor is. Phiyega het ontken dat sy Lamoer van die ondersoek in kennis gestel het.

Die NVG het in 2014 aangekondig dat hy nie klagtes van dwarsboming van die gereg verder teen Phiyega sal voer nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

scalla ·

Sy van spreek klaar boekdele, korrup en nogal n kommisaris, nog n bewys van onbevoegdheid in die topbestuur. Respek word verdien en nie gekry nie.

Pierre Celliers ·

Hulle is almal dieselfde. Een beheer hom net meer as die ander, maar later gee almal tog in!

Pretorius ·

Ek het iewers gelees dat daar n afname in korupsie is ek dink eerder dat die teen oorgtelde waar is. Ek wonder wie werk hulle statistieke uit ek is seker daar is n fout met sy sakrekenaar ek sal vir hom myne leen hy is baie meer betroubaar en as jy die regte knopies druk jok hy nie.

CHRISTA ·

Dit lyk my ons moet ons eie polisiedienste/regstelsel begin. Nie ons regering, howe OF selfs ons polisiediens stel belang daarin nie.

Tammy ·

Skande! Sies. Was die aanstelling nie ook dalk volgens die kwotastelsel of BEE gedoen nie? Wie sal weet.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.