Wes-Kaapse polisieman doodgeskiet

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiekonstabel wat van diens was, is Vrydagaand in Delft naby Kaapstad doodgeskiet.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeampte het omstreeks 21:20 ʼn stilstaande motor in die middel van die pad in Geelmelkhoutstraat opgemerk. Die motor het glo die pad versper en die polisiebeampte het uit sy private motor geklim om ondersoek in te stel.

“Terwyl die polisiebeampte nader gestap het, het ʼn verdagte uit die ander voertuig gespring en op die beampte geskiet. Die polisiebeampte is noodlottig gewond,” het Rwexana gesê.

Die verdagte het in sy voertuig gespring en van die toneel weggejaag. ʼn Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.