Wes-Kaapse polisieman koelbloedig doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Wes-Kaapse polisiekonstabel is Maandagaand koelbloedig doodgeskiet toe hy op ʼn klagte gereageer het.

Brig. Novella Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Ncedo Theophylus Katoyi (39) is verbonde aan die polisie in Khayelitsha. Volgens Potelwa het Katoyi saam met ander polisiebeamptes ʼn klagte opgevolg in Gedeelte C van die woongebied toe Katoyi op die toneel deur onbekende verdagtes doodgeskiet is.

“Plaaslike speurders en die Valke volg tans leidrade op in hul ondersoek na hierdie voorval. Ander lede van die Khayelitsha-polisiestasie en die Katoyi-familie ontvang ook berading,” het Potelwa gesê.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, het sy skok uitgespreek oor die voorval. “Dit is ontmoedigend wanneer polisiebeamptes wat gemeenskapslede te hulp snel self teikens word. Die polisie is daar om gemeenskappe te beskerm en veiliger te maak. Ons sal alles in ons vermoë doen om die skuldiges in hierdie afskuwelike voorval vas te trek,” het Jula gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Al ·

Vir te lank het kriminele en wetteloses die land regeer. Die regering moet eerder ñ kopskuif maak deur van die top tot die grond daadwerklik kriminele in hegtenis te neem. Dan sal hier verandering kom en publiek op die grond respek begin kry vir wet en orde.

Michael ·

Ja nou is dit skielik n afskuwelike voorval hoop by die volgende plaasmoord sal dit in die selfde lig gesien word. Wat word van hierdie land. Kan die owerhede dit nie raak sien nie of is dit maar deel van hul kultuur ( kan nie worry nie )

DJH ·

Onlangs n’ studie daaroor gelees: Selfde in Indie, Suid Amerika, Meksiko, alle sulke plekke………mense leef wat hulle in engels noem “fatalistically”………….vat dit soos dit kom en alleen vandag is belangrik…….as ek more iets doen wat my dood kan veroorsaak so wat?……einde van my. As ek nog n’ dag langer leef…..so be it.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.