Wes-Kaapse premier binnekort aangewys

Alan Winde van die DA (links) en Cameron Dugmore van die ANC (regs) (Foto’s: ANA)

Die Wes-Kaapse wetgewer maak Woensdag ‘n onwaarskynlike stuk geskiedenis wanneer daar vir die eerste keer in die Suid-Afrikaanse demokrasie ‘n wit man as premier voorgestel gaan word, met ‘n wit man as leier van die ANC as opposisie.

Alan Winde is môre die DA se kandidaat as premier, en met die volstrekte DA-meerderheid in die provinsie gaan hy na alle waarskynlikheid wen.

Nou het die ANC aangekondig die ewe wit Cameron Dugmore gaan die leier van die ANC in die wetgewer wees, en dus leier van die amptelike opposisie. Dit is sover bekend die eerste keer dat die ANC ‘n wit koukusleier op enige regeringsvlak aanwys sedert die ontstaan van die Suid-Afrikaanse demokrasie.

Dugmore is ‘n ANC-veteraan wat tydens die provinsiale bewind van oudpremier Ebrahim Rasool die provinsiale minister van onderwys was. Hy kom uit ‘n onderwysfamilie en kom oorspronklik van die Suid-Kaapse dorp George.

Die ANC het ook aangekondig dat die ANC-LP Pat Lekker sy hoofsweep in die Wes-Kaapse wetgewer sal wees. Die Wes-Kaapse ANC sal deur twee lede in die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig word, te wete Maurencia Gillion en Edward Njadu.

Van die Wes-Kaapse wetgewer se 43 lede is 24 van die DA, 12 van die ANC, 2 van die EFF, een van Good, een van die ACDP en een van die VF Plus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries du Toit ·

Aaag tog moet ons nou beindruk wees. Dis reg gebruik daai siele tot hulle uitgedien is. Hulle beteken in elk geval niks vir die witman nie

Boerboel ·

Stem saam Dries. Nie een het regtig naam gemaak nie. Geen verassing nie.

Attie. ·

Ek hoor dat baie liberale Afrikaanses, selfs in Gauteng maar eintlik in die Kaap, DA vir Provinsiaal maar ANC vir Nasionaal gestem het. Hulle beweer dat hulle vir CR gestem het om die land te lei. Waar bloed nie vloei nie kruip dit, my oupa was ‘n bittereinder terwyl daar geen kans was om die oorlog te wen nie. Nou ek is ook ‘n bittereinder en VF+ sal ek stem al is ek die enigste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.