Wes-Kaapse premier ingeënt

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, ontvang die Covid-19-entstof. (Foto: Twitter)

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Saterdag sy eerste dosis van die entstof teen Covid-19 by die Mitchells Plain-gemeenskapsgesondheidsentrum in Kaapstad ontvang.

“Dít is hoe ons terugveg teen Covid-19,” sê die premier wat spesifiek gekies het om hom in Mitchells Plain te laat inent omdat dié gemeenskap ’n baie laer inentingsregistrasie vergeleke met die res van die provinsie het.

“Ek het besluit om ingeënt te word omdat ek weet dat die entstof veilig en hoogs doeltreffend is en uitstekende beskerming bied teen ernstige siektes en die dood,” sê Winde in ’n verklaring.

“Sommige van ons inwoners is bang dat die entstof nie veilig is nie, dat dit te vinnig gemaak is of dat dit nie werk nie. Ek is vandag hier om van voor te lei en te wys dat die entstof veilig is en dat daar geen rede is om bang te wees nie.”

Die premier het voorts ’n beroep op inwoners van die Wes-Kaap gedoen om behoorlike navorsing met behulp van betroubare bronne te doen indien hulle onseker is oor die entstof. Hy moedig inwoners aan om ’n verpleegster of dokter by hul plaaslike kliniek te raadpleeg.

“As jy dit doen, sal jy sien hoe entstowwe lewens in lande reg oor die wêreld red, mense uit die hospitaal hou en ekonomieë laat oopgaan en weer laat groei. Ons het dieselfde nodig in die Wes-Kaap, en elke persoon, van 18 jaar tot 100 jaar oud, speel ’n rol om dit te laat gebeur.”

Die premier het aangedui dat hy sy volgende dosis oor ses weke sal ontvang.

Die Wes-Kaapse wetgewer het teen Vrydag reeds 1 109 516 inentings toegedien.

Die provinsie het tans byna 36 000 aktiewe gevalle van die koronavirus. Altesame 3 294 Covid-19-pasiënte was teen gister in hospitale in die Wes-Kaap opgeneem, van wie 730 in die waakeenheid of hoësorgeenheid behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SomeOne ·

mr winde, dit gaan nie oor bang wees nie, dit gaan oor besluite wat geneem is

Samuel ·

‘n Mens kan nie anders as om respek te hê vir premier Alan Winde nie. Hy lei werklik op alle gebiede van voor en dit is ook waarom die Wes-Kaap die enigste provinsie is wat werk. Mnr Winde, doen so voort.

Dirk Mostert ·

Op ekonomiese terrein wel. Sy oordadige toetsery, wat nou blykbaar ‘n tweede asem kry, tel myns insiens teen hom. Baie geld is so gemors.

Deon ·

Moes jy nie alreeds die entstof ontvang het nie? Dit volgens jou ouderdom?

Alida ·

Mnr Winde het sekerlik soos ‘n wetsgehoorsame burger geregistreer en vir sy SMS gewag, en nie probeer voor indruk deur sommer net op te daag nie. 50+ in Gauteng wat op 1ste dag geregistreer het, begin nou eers sms’e kry.

annie ·

Winde, nou eers? Ok maar eers gewroeg oor die saak en toe maar die kans gevat… En hoop nou as hy vir ander sê daar’s niks om te vrees nie, hoef hy nie te vrees nie. Onthou tog ok om DA te stem.

Kenneth ·

60% van alle nuwe covid gevalle in Brittanje…is mense wat reeds inentings ontvang het.

Ilze ·

Ja.. en in Israel ook. Nou moet almal sommer NOG n booster kry.

Tanniepetoors ·

As meer Suid-Afrikaners vir die DA en VF+ stem gaan almal minder hê om oor te kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.