Wes-Kaapse regering boikot glo Cape Times

'n Cape Times-voorblad.

‘n Cape Times-voorblad.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Maandag gesê hy is gewalg deur die Wes-Kaapse regering se beroep op alle provinsiale departemente om nie hul subskripsie vir die Cape Times te hernu nie.

“Sanef vind dit walglik dat die uitvoerende komitee van die Wes-Kaapse regering, onder leiding van ʼn voormalige joernalis, Helen Zille, op dié vlak by provinsiale departementshoofde se sake inmeng,” het Mpumelelo Mkhabela, voorsitter van Sanef, gesê.

Bert Gerber, direkteur-generaal, het glo die onderskeie departemente opdrag gegee om nie hul subskripsies te hernu nie. “Die kabinet het met kommer die toenemende afname in die gehalte van verslaggewing in die Cape Times bespreek,” het Gerber geskryf.

Mkhabela het gesê die provinsiale regering kon die kwessie anders hanteer. “Indien die Wes-Kaapse regering ʼn probleem het met die gehalte van die Cape Times se inhoud, kon hulle dit met die redakteur van die koerant opneem of deur middel van die persombudsman oplos en nie deur ʼn boikot van die Cape Times te versoek nie.”

Sanef se bestuurskomitee het intussen gesê hy sal ʼn protesbrief aan die Wes-Kaapse regering stuur en versoek dat die besluit herroep word.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, meen egter hulle het niks verkeerd gedoen nie. “Geen koerant het die reg om te eis dat enigiemand by hulle moet inteken nie. Almal, insluitend regerings, het die reg om ingeligte verbruiksbesluite te maak.” Zille het gesê die provinsiale kabinet het ʼn eenparige besluit geneem om nie hul subskripsie te hernu nie en dat dit geen bedreiging vir mediavryheid inhou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

André ·

Dit is goed so. Die independent newspaper group is nou niks meer as ‘n spreekbuis vir die ANC nie. Hoop almal wat verstand het boikot die groep se koerante.

jacques ·

Die media is elkgeval net propaganda,lyk darm nie vir my Maroela is n propaganda media nie net jammer hulle gee so min wereld nuus.Weet nie of ons opsetlik in die duister gehou word wat aangaan in die wereld nie.

Tony ·

Maroela spreekbuis van die verregses. Media 24 werk vir groepe wat verder links is as die anc.. Daar is geen nuusdekking van enige waarde beskikbaar in afrikaans nie.

Jan ·

Waar val jy uit ! Maroela is nader aan liberaal as aan regs ! Probeer bietjie ‘n rassistiese stelling op Maroela plaas…..dit word nie geplaas nie !!!!!

anet ·

Tony, jy klink vir my soos ‘n draadsitter. Ek dink Maroela lewer uitstende nuus. As jy nie van hulle berigte hou nie, moet dit dan nie lees nie. Herman Toerien skryf baie interessante en insiggewende nuus.

pop ·

Maroela moet julle nie steur aan mense soos Tony nie. Eks verslaaf aan julle. Nes baie ander. Ek raak van baie van my frustasies hier ontslae. Dankie!!!!!

Thomas ·

Maroele media is erg ordentlik en altyd polities korrek. Helaas, soms moet mens sterk standpunt inneem en jou ware kleure wys. Die Afrikaner (en definieer hom/haar maar soos jy wil) wil graag berigte lees wat sy belangstelling prikkel, menings vorm en die Afrikanersaak aanraak. Kom Maroela, maak meer openlik so. Thomas

Eliza-beth ·

Hoekom moet die Wes Kaapse rgering die probleem wat hulle met die swak inhoud van die koerant met hulle bespreek? Dis hul reg om te besluit wat en wie hul wil ondersteun/koop. Belaglik regtig. Hierdie is ook nie ‘n saak vir die persombudsman nie ai tog wakker word Mkhabela.

Piet Snot ·

“Sanef vind dit walglik dat …”
Ek vind dit walglik dat die “Independent” groep se koerant so “onindependent” van die rassistiese regime van die dag geword het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.