Wes-Kaapse regering weier gebruik van ivermektien

AfriForum het die departement tot Donderdag om 08:00 gegee om sy besluit te herroep. (Argieffoto: Luis Robayo/AFP)

Die burgerregtegroep AfriForum het die Wes-Kaapse departement van gesondheid tot Donderdag om 08:00 gegee om sy besluit om nié ivermektien in sy staatsinstellings beskikbaar te stel nie, te herroep.

Die organisasie sê dit het onder sy aandag gekom dat die departement weier om die middel as voorkoming teen en vir die behandeling van Covid-19 te gebruik.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê in ʼn omsendskrywe hy neem kennis van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra)  se besluit, maar in die afwesigheid van bewyse oor die veiligheid en doeltreffendheid van die middel, gaan ivermektien nie in die Wes-Kaap in die staatsektor beskikbaar gestel word nie.

Die departement sê die gebruik van ivermektien gaan in hierdie stadium net binne die konteks van kliniese proewe oorweeg word.

AfriForum het vroeër ʼn hofbevel bekom wat bepaal dat enigiemand ivermektien mag gebruik.

Die bevel kom nadat Sahpra toestemming gegee het dat die middel weens deernisredes en op ʼn beheerde grondslag gebruik mag word.

Die bevel bepaal ook dat mediese dokters geregtig is om by Sahpra aansoek te doen om ivermektien vir pasiënte voor te skryf en dat dokters ivermektien tydens ʼn noodgeval mag toedien gelyklopend met die indiening van ʼn aansoek daarvoor by die raad.

In sy brief aan die departement sê AfriForum egter die besluit is ʼn oortreding van die hofbevel en boonop nie in die beste belang van die provinsie se inwoners nie.

AfriForum voer ook aan die besluit is diskriminerend omdat toegang tot medisyne wat moontlik ʼn lewe kan red nou beperk word tot diegene met toegang tot private gesondheidsorg.

“Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement verontagsaam blatant ’n hofbevel en tree met hierdie besluit nie in die belang van pasiënte op nie. Hy diskrimineer ook teen diegene wat nie toegang tot private mediese dienste het nie,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum.

“Ivermektien is reeds vir dekades in gebruik en kan moontlik die las verlig wat gesondheidswerkers tans ervaar. Ons doen daarom ’n dringende beroep op die departement om sy besluit te herroep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Thom ·

Kyk of jy nie ‘n bydrae kan lewer nie ; ons weet dat daar nog ‘n klompie grotbewoners hier deelneem maar probeer emosioneel en verstandelik groei .

Estelle ·

N familielid van my het tans Covid. Dit affekteer haar bloeddruk geweldig. Dan gebruik sy die ivermektien en binne 20 minute is haar bloeddruk weer normaal. Terloops sy is in die Wes Kaap. Dit help definitief vir haar.

Anti-Verkramp ·

Jou bloeddruk hang af van wat jy besig is om te doen. Jou bloeddruk daal gewoonlik sodra jy plat op jou rug le, rustig sonder enige toevoeging van medikasie. Geen middel kan so vinnig werk nie, behalwe as dit ingespuit word.

Anti-Verkramp ·

Klink na ‘n gevaarlike newe-effek (lae bloeddruk word as newe-effek aangedui). So ‘n vinnige verandering klink gevaarlik eerder as goed.

Anti-Verkramp ·

Die veedip is om parasiete te bestry. Alhoewel dit teoreties positief kan wees dat dit ook jou bloeddruk kan verlaag (vir mense wat hoe bloeddruk het), is die verlaging van bloeddruk ‘n bekende NEWE-EFFEK van die produk wat so aangedui word op die medikasie. So, om die middel te gebruik vir ‘n ander doel as waarvoor dit primer vervaardig is, moet altyd met groot versigtigheid hanteer word weens die gevare wat dit kan inhou. Dit sal baie veiliger wees om ‘n bekende hoe bloeddruk medikasie te gebruik om die bloeddruk te beheer .

MakersMark ·

Ha ha kyk watookal werk as Ivermektien gedurende die tydperk van infeksie veral tot met dag 7 die virale lading minder maak sodat die groot organe nie vanaf dag10 skade kry nie sal ek dit ook vat. Maar soos jy sê nie die veedip version nie….. dit het die merk van die dier….

Lood ·

Hulle weet dit werk. Hulle probleem as hulle dit gebruik is dat niemand gaan belangstel in die sg. entstof nie.

msp ·

Stem jare lank vir julle DA, nou word julle soos die anc/eff. Sal nou maar my stem agter ń party moet ingooi wat menseregte respekteur.

Thom ·

Omdat ons menseregte erken en beskerm kan ons die gebruik van diereprodukte vir mense nie goedpraat nie ___ so terloops , Ivermektien werk NIE voorkomend of genesend op Covid nie ___ dit werk gladnie op viruuse nie maar wel op parasiete en mense wat daarop positief reageer sal ook dieselfde tesultate met meelkapsules kry maw die geweldige sterk placebo-effek wat sommige mense toon indien hulle in ‘n produk glo ___ ernstige gevalle sal almal faal en sterf .

Karlahari ·

Gee asb n link waar ek die inligting kan verifieer…..

Anti-Verkramp ·

Die veedip moet eers behoorlik op BAIE mense met Covid getoets word voor dit as veilig en doeltreffend gesien kan word. Die DA is heeltemal korrek om die veilige, wetenskaplike roete te volg.

Karlahari ·

Ai tog anti vetkamp
Ivermectin word as n laaste uitweg aangewend. As niks ander medisyne wil werk nie.
As jy n geliefde moontlik kan red van die dood met ivermectin sal jy nog steeds sê dis bees medisyne?
Dit is nie n voorkomende middel nie, maar n laaste probeer.

Anti-Verkramp ·

Juis nie. Ivermektien gaan nie keer dat jy doodgaan nie. Dit verlig blybaar simptome van ligte en matige Covid-gevalle en moet baie vroeg in die proses toegedien word vir maksimum effektiwiteit.

Raakvatter ·

Karlahari, presies net so!! As ek of enige van my geliefdes besig is om dood te gaan, sal ek vir myself en toelaat vir my geliefdes om sommer dubbel dosis invermekties te vat. Nothing to lose, everything to gain.

Anti-Verkramp ·

Gaan nie help in daai laat stadium nie, moet vroeg toegedien word voordat jy reeds met een voet in die graf staan. Daar is geen bewyse dat dit in baie ernstige gevalle van enige waarde is nie.

MakersMark ·

Jy is 100% reg IM perk die proliferasie van die virus in maar na dag 7 van infeksie, veral as ernstige longontsteking reeds teenwoordig is been die effektiwiteit af. So hoe vroeër na ‘n positiewe CV19 toets dit geneem word hoe groter is die kans op ‘n positiewe uitkoms.

Vlooitjie ·

Die entstof moet dan sekerlik ook eers op baie mense met Covid getoets word voordat dit veilig en doeltreffend gesien kan word?

Pieter ·

Anti-verkramp = Idi Otto. Ivermektien is nie veedip nie, soos deadline. Ivermektien word in baie klein hoeveelhede ingespuit. 1ml op 50kg. Daar is ook bosluise in die Kaap, letterlik en figuurlik.

Johan D ·

Dit is nie veedip nie maar wel ʼn middel wat wyd vir ander siektes gebruik word. Daar is alreeds 4 miljard dosisse in ʼn Merck program aan mense wêreldwyd geskenk dus is dit veilig vir gebruik. Kliniese toetse wêreldwyd het al die doeltreffendheid vd middel vir die behandeling van C-19 bewys!

Marianna ·

Ivermectin gaan ongelukkig nie die regering ryk maak nie, daardies wat baie geld uit die entstowwe maak sal natuurlik teenkanting bied. Dit gaan nie om die mens se gesondheid nie. Dit gaan oor hoeveel geld individue uit die pandemie kan maak. Hier is dan so ‘n gulde geleentheid met die entstowwe. Wat het geword van ons keuses en regte.

Anti-Verkramp ·

Jou keuses en regte word ingeperk as dit ‘n (moontlike) gevaar vir jouself (en ander) inhou. As dit nie so was nie, kan elkeen net maak wat hy wil en sal die hele samelewing in chaos verkeer.

Baardman ·

DA wil seker ook nou bietjie krummels eet van die biljoene wat die ANC regering opslurp. Daar is mos bewyse dat Ivermectin werk. Dalk n paar DA lede wat baatvind by die korrupsie

Pio ·

Is die Wes-Kaapse departement van gesondheid onder DA beheer?

Dirk Mostert ·

” … in die afwesigheid van bewyse oor die VEILIGHEID en doeltreffendheid van die middel…” Dit behoort nog meer so van toepassing te wees op die entstowwe. John, hierdie Winde is ‘n verleentheid vir die DA.

Anti-Verkramp ·

Hoe werk jy dit uit? Die entstowwe is ontwikkel vir menslike gebruik vir Covid spesifiek en is op duisende mense getoets tydens die toetsfase en reeds op der miljoene der miljoene mense toegedien. Veedip daarenteen is primer ontwikkel vir diere om parasiete te bestry, In sommige gevalle is dit ook vir mense gebruik (ook vir parasiete). Wetenskaplike, gedokumenteerde gevalle-studies ten opsigte van veedip se toediening op mense spesifiek vir Covid behandeling is so skaars soos hoendertande.

Hendrik ·

Almal weet dit werk. Dit is net ‘n manier om mense te manipuleer en gesag te wil afdwing. Sulke tipe regering moet nou stop!!! Ek is my eie persoon – behoort nie aan die staat nie!!! Ek behoort aan Jesus Christus!!

Karina ·

My suster en swaer gebruik albei Ivermektien, hulle voel al klaar beter

Chanel ·

Goeie dag,
Jammer oor die “Dom” vraagie. is dit wat hulle gebruik om beeste ens in tespuit?

baie dankie.

MakersMark ·

Glo hulle het dit baie vroeg na positiewe CV19 toets begin gebruik ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.