Wes-Kaapse speurhoof afgedank

Jeremy Vearey (Foto: Jeremy Vearey/Facebook)

Die nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khehla John Sithole, het Maandag bevestig die Wes-Kaapse speurhoof, genl.maj. Jeremy Vearey, is afgedank.

“Ons kan bevestig dat die nasionale kommissaris Vrydag die afdanking goedgekeur het,” het brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

“Genl. Vearey is onderwerp aan ʼn dissiplinêre proses ná plasings op sosiale media wat hy tussen die einde van verlede jaar en die begin van hierdie jaar gedeel het.”

Vearey het nuusberigte gedeel oor binnegevegte in die polisie en die hofsake wat die polisie, onder meer Sithole, teen ander polisielede verloor het.

“Van die boodskappe was direk gerig op die nasionale kommissaris en het woorde bevat wat verkleinerend, aanstootlik, beledigend en oneerbiedig was teenoor die nasionale kommissaris,” het Naidoo bygevoeg. “Hy het die nasionale kommissaris en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se naam in oneer gebring.” Hy is van wangedrag aangekla en stappe is gedoen.

Veary is ʼn bekende persoonlikheid in die Kaap. Sy boek, Jeremy vannie Elsies, het in 2019 tydens die kykNET Rapport-boekpryse die niefiksie-toekenning ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Die polisie bring hulle eie naam in oneer werklik deur seker te maak ons is nie veilig nie, kan nie beskerm word nie en wil ons ontwapen! Bitter min respek vir hulle en skuus as ek veralgemeen en op tone trap…

Nie Verbaas ·

Hy het dan mos nie gelieg nie of word mens afgedank oor die waarheid?

Chris ·

Iewers is daar ‘n slang in die gras. Ek hoop Jeremy gaan die saak nie daar los nie….

Madz ·

Wie se naam is in oneer gebring….? Regtig…? Dink dis omdat hy ‘n paar battles VERLOOR het dat hy kamtig so sleg voorkom …. sleg bly sleg en vrot bly vrot …. maak nie saak WIE in proses gehire of gefire word nie! Die vrot strek baie dieper as die oppervlak – begin by die WORTEL van die kwaad!

Kokerboom ·

Binne 27 jaar het die ANC die eens trotse SAP vernietig net soos meeste ander gevestigde instellings!!! STEEDS KRY HUL NIE DIE BOODSKAP DAT HUL NIE KAN REGEER!!!En…our people stem steeds vir hulle. Dit het uit en uit ‘n kleursaak geword en realisme is by agterdeur uit!!Quo Vadis SA?

Surfer ·

“Hy het die nasionale kommissaris en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se naam in oneer gebring.” . Hy is afgedank omdat hy die waarheid gepraat het, watter “NAAM” het die Polisie nogal.

Jack ·

Die land is nie bekend vir mense wat die waarheid praat nie. As jy wel moet jy sorg dat jy jou politieke vriende aan jou kant het. Die land neig na China wat die waarheid aanbetref en gaan lees maar wat word van mense wat teen die chinese kommunistiese party opstaan.

fs ·

So word mense ontmoedig om die waarheid te praat oor werk omstandighede, diskriminasie, korrupsie, vuilspel, probleme in die werkplek wat die publiek direk raak…. fluitjieblasers word uit die weg geruim sodat die vrot kan voortgaan sonder inmenging…. Sterkte Mnr… jy weet jy moet terugbaklei!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.