Wes-Kaapse visserman word steeds vermis

Rooiels-strand Foto: Suné van Heerden, Maroela Media

Rooiels-strand Foto: Suné van Heerden, Maroela Media

Die soektog na ʼn visserman wat naby Rooiels in die Wes-Kaap verdwyn het, duur Maandag voort, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

“Hy word steeds vermis,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê.

Die 42-jarige man se gesin het hom Saterdag as vermis aangemeld nadat hy nie ná sy visvangs by Rooiels tussen Gordonsbaai en Pringlebaai teruggekeer het nie. “Die man, van Mitchells Plain, is Saterdagoggend omstreeks 06:00 weg om kreef te gaan vang, iets wat hy gewoonlik doen,” het Edward Rossouw, stuurman aan diens van die NSRI in Gordonsbaai, gesê. “Toe hy later nie terugkeer nie, het sy gesin onraad vermoed en hulp ontbied.”

Die man se motor en persoonlike besittings is later 2 km van Rooiels af opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.