WesBank en Toyota konkel glo

Argieffoto (Foto: Admiral_Lebioda/Pixabay)

Die Mededingingskommissie het die voertuigfinansieringsinstansies FirstRand Bank Limited, WesBank en Toyota Finansiële Dienste SA (TFS) na die mededingingstribunaal verwys vir vervolging oor bewerings dat hulle die mark verdeel het deur die toekenning van kliënte of handelaars.

Die kommissie se ondersoek het onthul dat WesBank en TFS ʼn ooreenkoms aangegaan het om die mark te verdeel deur kliënte of spesifieke handelaars in die mark toe te ken vir die verskaffing van voertuigfinansiering. Dit is ʼn oortreding van artikel 4(1)(b)i) van die Wet op Mededinging. Die voertuigfinansieringsmark sluit voertuigfinansiering, huur en finansiering vir handelaars in.

FirstRand Bank Limited, deur WesBank, en TFS is betrokke by die verskaffing van finansieringsdienste. “Hulle moet dus teen mekaar meeding. Hulle het egter deur ʼn aandeelhouersooreenkoms saamgespan met ʼn klousule wat voorkom dat hulle teen mekaar meeding,” sê Siyabulela Makunga, woordvoerder van die kommissie.

FirstRand, TSA en Toyota-motorfinansiering (VK) het elkeen ʼn 33,3%-aandeel in TSA. Hulle het ʼn aandeelhouersooreenkoms wat verskeie klousules bevat wat verbied dat WesBank voertuigfinansiering mag aanbied vir kliënte wat voertuie by gemagtigde Toyota-handelaars wil aankoop.

Die ooreenkoms identifiseer die voertuie wat WesBank nie mag finansier nie. Dit sluit die “nuwe” Toyota, Lexus en Hino-voertuie in en enige “gebruikte voertuie” wat deur enige gemagtigde Toyota-handelaar verkoop word, buiten die McCarthy-groep. “Die reëling kom neer op markverdeling deur kliënte of verskaffers toe te ken – ʼn oortreding van die wet.”

Makunga sê dié tipe samespanning is skadelik vir kliënte, omdat dit hulle ontneem van die voordele uit mededinging.

Die kommissie versoek die tribunaal om die ondernemings met 10% van hul omset te beboet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wielspore ·

Ek wonder wat is die werklike verskille tussen al die voertuig finansiele dienste en Wesbank, VWSA wat eintlik maar Wesbank is, doen dieselfde besigheid. Dan daar ook Wallmart wat besighede soos Makro, Game, Builders en ‘n paar ander name besit. Gaan kyk maar, die pryse tussen Game en Makro op eletroniese toerusting verskil effens en dan ook tussen Makro en Builders. Hierdie groep word deur een maatskappy besit en pas prysbeheer toe.

JohanR ·

Konkel in Suid Afrika is nie eers meer nuus nie…..mens verwag dit eintlik. Moet ondersoek of Jacob Zuma en die Gupta’s nie ook hier betrokke is nie.

melaney ·

Hoe meer van hierdie soort inligting onder Jan Publiek se aandag gebring word, hoe beter. Dit sal ons in staat stel om te weet waar ons NIE moet bedigheid doen nie.

Tanniepetoors ·

Hoe raak die weiering van finansiering deur Wesbank iemand se kredietwaardigheid? Wat gebruik hul as verskonings vir weiering van krediet aansoeke? Skandelike oneerlikheid.

Swerwer ·

Hierdie is maar die begin van die kommunistiese stelsels wat besig is om ons land te beheer.

Surfer ·

Maar wat al lankal in plek is, ons kom dit net nou eers agter.

Robert ·

Die meeste maatskapye behoort in elk geval aan die Groot 4.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.