Weskus-oproer: Minstens 3 geboue aan die brand gesteek

Die kantoor van die Tabakbaai-oord in Diazville, Saldanha, is een van drie munisipale geboue wat tydens Donderdag se onwettige protesoptrede aan die brand gesteek is. Foto: Facebook

Die situasie op Vredenburg aan die Kaapse Weskus waar oproerige inwoners Dinsdag en Woensdag aan onwettige protesoptrede deelgeneem het, is weer normaal, maar op die aanliggende Saldanha het oproermakers munisipale geboue aan die brand gesteek.

Marius Koen, Saldanhabaai se burgemeester, het Woensdagaand met sowat 3 500 inwoners van Louwville vergader om hul besware te bespreek en terugvoering van die munisipaliteit te gee, sê Ethne Julius, munisipale woordvoerder.

Die munisipaliteit het inwoners bedank dat hulle die moeite gedoen het om die vergadering by te woon en vir “hul toewyding daartoe om ʼn vreedsame oplossing vir hul probleme te kry”.

Terwyl Vredenburg nou rustig is, het oproer in die township Middel op Saldanha omstreeks 03:00 vanoggend opgevlam. Die situasie was later steeds gespanne terwyl betogers buitebande op paaie aan die brand gesteek het.

Die gemeenskapsaal en munisipale kantoor in Diazville is aan die brand gesteek en ʼn private woning is beskadig. Ook die kantoor van die Tabakbaai-ontspanningsoord in Diazville is aan die brand gesteek.

Reserviste van die SAPD se eenheid vir openbare orde en die aangrensende Swartland-munisipaliteit se wetstoepassers is op die toneel om bystand te bied en die situasie onder beheer te hou, sê Julius.

Die Weskus-sakekamer sou Koen en die burgemeesterskomitee vanoggend om 09:00 ontmoet het vir die jongste inligting oor die situasie en ʼn ontleding en bespreking van die huidige protesoptrede.

Saldanhabaai-munisipaliteit, wat ook dorpe soos Hopefield, Langebaan, Paternoster en St. Helenabaai insluit, maan inwoners om op hul hoede te bly en versigtig te wees tot verdere kennisgewing. Paaie na Diazville en Middelpos bly intussen gesluit.

Inwoners en besoekers wat op die hoogte van die gebeure wil bly, kan e-pos stuur na [email protected] om nuus oor situasie per SMS te ontvang. Sluit jou naam, woonadres en selfoonnommer in. Die jongste nuus is ook beskikbaar op die plaaslike owerheid se webwerf of Facebook-groep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jacques ·

Brand vandag af en more huil hulle want hulle het niks nie . Shame , hoe dom kan mens dan nou wees om te dink dat om af te brand wat daar is en te demand wat daat nie is nie .
Nou moet dit wat hulle afgebrand het eers reg gemaak word voordat daar verberinge kan kom . Dit plaas hulle op die einde van die dag in n slegter posissie as wat hulle was . Ai tog .

Santjie ·

nou waar en hoe dink hulle gaan die munisipaliteit nou die ding moet doen as hulle nou alles vernietig het?

Se maar net ·

Dis of eff of anc wat agter hier oproer sit. Enige iets net om ander partye te diskrediteur ongeag wat in die slag bly.

zoom zoom ·

Sê maar net.

Ek Sal nie verbaas wees as die BLF ook ‘n aandeel saam met ‘n sekere groep wat ook rooi hemde dra deelvan die aanhutsing

Hannetjie ·

Brand en ‘demand’…dit is hoe dit is.Sal dit nooit kan verander nie

Willie ·

Massa betoog: Voorste klomp skree: Human Rights, Middelste klomp skree- Electric Lights, Agterste klomp skree- Bigcorn Bites

Weskusser ·

As ‘n inwoner van Vredenburg is ons op vir hierdie optogte en geplunder. Dit gaan al so van Dinsdag af. Eers het Vredenburg deurgeloop en nou Saldanha. Hulle intimideer inwoners. Mense word gedwing om deel te neem aan optogte en mag nie gaan werk nie. Vredenburg CBD was Dinsdag en gister bot toe. Ons moes ons kinders in vrees by die skool gaan aflaai soggens sodat hulle vinnig hul toetse kon skryf en dan weer teen 10h gaan haal. Dit het klaarblyklik oor behuising en dienste gegaan – gedrewe deur die inwonders van ‘n tydelike nedersetting by Vredenburg, maar vandag plunder en roof hul in Saldanha wat absoluut niks hiermee te doen het nie. ‘n Slaghuis in Diazville is opgeforseer en mense loop in die straat af met bokse vol vleis. Hierdie gaan netso min oor behuising en dienste op die stadium…… Glo my ons Weskus-inwoners is bang.

Hendrik ·

Almal kan praat oor brande, dis ‘n plaag, dis die anc wat agter dit sit ens. Niks word verder gedoen nie. Geen protes van ons kant omdat die mense die infrastruktuur vernietig nie, Geen druk op die munisipaliteit van die belastingbetalers se kant dat ons belasting so gemors word nie. Ons verwag van die owerhede om die infrastuktuur te beskerm word en al gebruik hulle die wereldbekende waterkanon om die mense onder beheer te bring en die dorpe se bastes te beskerm.

Simonw ·

Dink dit moet duidelik gemaak word dat alles wat hulle vernietig eers vervang of herstel gaan word voor aandag aan hul klagtes gegee sal word.? En dan moet dit ook gedoen word. Erens moet die besef insak dat om alles net te vernietig nie die oplossing is nie

Johan du Toit ·

Daar is definitief `n verskuilde agenda agter die vandalisme. Die hele jaar was dit doodstil gewees en nou skielik hier aan die einde van die jaar al die vernielsugtigheid. Dis asof die aandag van die anc afgelei moet word na die DA toe. Hierdie is beslis voor af beplan.

jakes ·

Dis n voldonge feit dat vuurhoutjies en sigaretaanstekers die nasionale wapen van die land geword het. As meeste se IK ver benede die minimum is om as n beskaafde persoon te funksioneer dan kry jy hierdie tipe resultaat.

Sanet Coetzee ·

Dis reg brand alles af, met die nuwe grondonteiening grappie moet die mense maar die land kry waarop hulle alle strukture afgebrand het. Belaglik dat dit net eenvoudig aangaan en nooit gestop word nie.

Ralph ·

Ek is verskriklik hartseeren jammer oor wat huidiglik in ons land gebeur. Ek weet ook dat die “oog-vir-‘n-oog” prinsiep onBybels is. Elkeen het regte in hierdie land, en wil ek daarom weet wat gaan gebeur wanneer ons gatvol burgers (ongeag ras en/of geloof) eendag skouer aan skouer staan en soos een ‘n linie vorm, en op die klomp ongemanierde spul afstorm en begin verwoes, dreig en slaanbsoos hulle tans doen? Ook in die naam van ontevredenheid.

Inwoner ·

Ek is n inwoner van die weskus en ons munisipaliteit kyk mooi na ons. Die diens lewering hier is puik daai wat op tv gewys was is nadat die betogers die rommel gesaai het en toilette stukkend gegooi het. Wat in saldanha gebeur het was die kriminele wat n kans gesien het en begin het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.