Wessels-verslag oor Puk geheim gehou; vrae hang oor Afrikaner-kultuur

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Die onafhanklike ondersoektaakspan se verslag oor die oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke by die Noordwes-Universiteit gaan nie bekend gemaak word nie, weens die moontlikheid van regsaksie teen die universiteit.

Itumeleng Pooe, ondervoorsitter van die NWU-raad, het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê die sogenaamde Wessels-verslag gaan nie bekend gemaak word nie nadat die raad gewaarsku is teen moontlike regsoptrede op grond van beweerde laster in die taakspan se verslag.

“Ons is ook skriftelik deur prokureurs wat namens verskeie belanghebbendes optree, geadviseer dat regstappe sal volg indien die raad die taakspan se verslag bekendmaak en dat hulle oorweeg om enige publikasie of verspreiding van die verslag deur middel van ‘n interdik te verhoed,” het Pooe gesê.

Die feit dat die verslag nie bekend gemaak gaan word nie, laat egter vele onbeantwoorde vrae. Nog voor dit bekend was of die verslag bekend gemaak gaan word al dan nie, het ander media-instansies berig die verslag pak grootliks die skuld vir gebeure by die universiteit op Afrikaners en Afrikaanstaliges.

Die verslag verwys volgens dié beriggewing glo onder meer na koshuise wat “te wit is” en dat dit die oorsaak is van die tradisies en kultuur wat gehandhaaf word. Daar word glo ook in die verslag gesê koshuisinwoners kom hoofsaaklik uit Afrikanerskole waar ontgroening ook toegepas word.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit, het tydens Donderdag se mediakonferensie egter in stryd hiermee aan Maroela Media gesê die oorsprong van ontgroeningspraktyke is onbekend, hoewel sulke ontgroeningspraktyke op hoërskoolvlak reeds voorkom.

Kgwadi het gesê studente by die Puk is onder meer gedwing om aan sekere praktyke deel te neem onder die vaandel van inlywing en dat dit dikwels vernederend van aard is en ‘n invloed op hul menseregte kan hê. Op ‘n vraag oor of studente self bevestig het dat hulle gedwing is om aan die “praktyke” deel te neem, het Kgwadi gesê alle belangegroepe, insluitend studente, het die geleentheid gekry om voorleggings te doen en dat die inligting in die verslag daarop gebaseer is.

Pooe het ‘n vraag oor of daar in die verslag spesifiek melding gemaak word van Afrikanerkultuur en -praktyke ontwyk deur te sê: “Ek dink nie ons kan dit in fyner besonderhede verwoord nie.” Sy sê dit gee wel vir die universiteitsgemeenskap die geleentheid om ‘n aanvaarbare verwelkomings- en induksieprogram by die universiteit te definieer. Sy sê dit moenie aan enige taal of groepering toegeskryf word nie.

Lees ook:
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus,” bevind verslag
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.