Wessels-verslag oor Puk uitgelek

Voorblad en bladsy 1 van die uitgelekte verslag

Voorblad en bladsy 1 van die uitgelekte verslag

Die onafhanklike ondersoektaakspan se verslag oor die oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke by die Noordwes-Universiteit het op sosiale media uitgelek.

Itumeleng Pooe, ondervoorsitter van die NWU-raad, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat die universiteit nie die verslag geheim wou hou nie. Sy sê die raad wou dit egter nie publiseer nie weens moontlike regstappe wat kan volg weens inligting wat in die verslag gepubliseer is.

Pooe sê die raad het die verslag aan die minister beskikbaar gestel, maar wil nie met die media in gesprek tree oor besonderhede in die verslag nie. “Die universiteit fokus op die voorstelle wat reeds gemaak is,” het sy gesê. “Die universiteit wil seker maak dat hy een van die instansies is wat die meeste in die land en in die wêreld bewonder word.”

Pooe wou nie kommentaar lewer oor wie moontlik die verslag uitgelek het nie.

Die Higher Education Transformation Network (HETN) het intussen in ‘n sterk bewoorde verklaring gesê hy het besluit om die verslag te publiseer, aangesien “universiteite nie langer korrupsie, wanbestuur, leuens en rassisme kan wegsteek onder die vaandel van institusionele selfregering nie”.

Die HETN het versoek dat die hele bestuur van die Noordwes-Universiteit, in die besonder prof. Herman van Schalkwyk, afgedank moet word. Pooe het gesê die universiteit oorweeg glad nie so stap nie. “Dit is totale onsin,” het sy bygevoeg.

AfriForum Jeug het intussen sy kommer uitgespreek oor die uitlek van die Wessels-verslag.

“Die inligting in die Wessels-verslag wys duidelik dat hierdie verslag diskriminerend is teenoor Afrikaners,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van Afrifroum Jeug, gesê. “Die verslag se inhoud is nou ‘n menseregtekwessie wat eers aandag moet geniet voordat enige verdere stappe met die ondersoek geneem kan word. Ons kan nie ‘n Suid-Afrika aanvaar waar gemeenskappe se identiteit afgetakel word nie. Ons waarsku teen radikale organisasies wat die Wessels-verslag vir politieke doeleindes probeer gebruik om Afrikaans ‘n nekslag te probeer toedien.”

Lees ook:
Wessels-verslag oor Puk geheim gehou; vrae hang oor Afrikaner-kultuur
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus,” bevind verslag
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.