Regter Matthew Klein het in sy uitspraak gesê Khakhu kon voorsien dat sy dade sou lei tot die dood van ʼn ander persoon, maar steeds met sy aksies voortgegaan het. Hy is in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, aan moord (dolus eventualis – moord met moontlikheidsbewussyn) skuldig bevind.
“Die hof bevind dat die beskuldigde nie uit noodweer opgetree het nie,” het Klein gesê. Khakhu is skuldig bevind op twee aanklagte van moord, vyf van poging tot moord, tien van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en op een aanklag van die rig van ʼn vuurwapen. Hy is egter onskuldig bevind op die aanklag van die besit van onwettige ammunisie.
“Khakhu het skote afgevuur met die uitsluitlike doel om te moor,” het Klein gesê.
Die driejarige Tibbetts is op 2 Augustus in die kop geskiet. Hy het op sy ma se skoot gesit terwyl Khakhu op ʼn ander man, Keenan Mokwena, geskiet het. Tibbetts is op 8 Augustus oorlede.
Mokwena is tydens die voorval gewond.
Waarvoor staan “lewenslank” deesdae in ons hofuitsprake? Hoeveel jaar is dit?