Westbury-skietery: Tweede verdagte vas

handcuffsDie man wat saam met die driejarige Luke Tibbetts gewond is tydens ‘n skietery in Westbury, in die weste van Johannesburg, is Woensdag in hegtenis geneem.

Ao. Gordon Billing, woordvoerder van die polisie, sê die man is eers vir ondervraging ingeneem en later in hegtenis geneem.

Die man en Tibbets was Saterdag in verskillende motors in dieselfde straat toe daar ‘n skietery uitgebreek het en albei gewond is. Tibbetts het op sy ma se skoot in die motor gesit en is in die kop geskiet.

Die ander man is in sy regterarm geskiet. Hy is reeds uit die hospitaal ontslaan en sal Donderdag in die Newlands-landdroshof verskyn.

Lindray Khakhu (24), wat kort die skietvoorval in hegtenis geneem is, het Dinsdag in die Newlands-landdroshof verskyn en die saak is tot 12 Augustus uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Tibbetts is intussen steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal en word deur masjiene aan die lewe gehou.

Die skietery het Saterdagaand op die hoek van Statler- en Croesusstraat plaasgevind.

Lees ook:
Man ondervra oor Westbuty-skietery
Man in hof oor Westbury-skietery
Driejarige steeds kritiek ná skietery
Driejarige kritiek ná Westbury-skietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.