Weste van Pretoria weer kalm

Betogers het vroër die dag paaie versper met brandende bande. Foto: Facebook

Betogers het vroeër die dag paaie versper met brandende bande. Foto: Facebook

Alle strate en die Daspoorttonnel, in die weste van Pretoria, wat Woensdagoggend vir verkeer moes sluit weens gewelddadige betogings, is weer oopgestel.

ʼn Groep ontstoke inwoners van die Gomora-informele nedersetting het Woensdagoggend die strate in die weste van die stad ingevaar om oor dienslewering te betoog. Bremerstraat, tussen Van der Hoffstraat en die Daspoort-tonnel, is met brandende bande, vullisdromme wat aan die brand gesteek is en klippe versper en geblokkeer. Na verneem word, is geen beserings of ernstige beskadiging aan eiendom aangemeld nie. Verkeerstekens en versperrings langs die paaie is wel beskadig. Leerders van verskeie skole en kleuterskole in die omgewing is huis toe gestuur om veiligheidsredes.

Die betogers beweer onder meer die Tshwane-metro het hulle ʼn skool, HOP-huise, ʼn rioolstelsel en lopende water belowe. Die betogers het daarop aangedring dat die burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, hulle kom toespreek om te verduidelik waarom die metro versuim het om dit te verskaf. Hulle dring ook daarop aan dat Afrikaans in die skole in die gebied as onderrigtaal afgeskaf word en hulle eis hul eie busdiens.

Lesutla Moroaswi, die munisipale uitvoerende direkteur, het met sterk polisieverteenwoordiging in Ramokgopa se plek die betogers gaan toespreek, aangesien die burgemeester by ʼn beraad in Limpopo is.

Hy het betogers gemaan om kalm te bly en gesê hy sal die inwoners se eise met die burgemeester bespreek.

Kapt. Augistinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die situasie is weer kalm. Die betogers het glo ʼn ooreenkoms met die metro bereik om binne 14 dae op hul eise te reageer. Die betogers het omstreek 12:00 uit mekaar gegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Michael ·

Never argue with fools because they take you down to there level and then they beat you with experience

Asjas ·

Ja 12h00 is goeie tyd om te verdaag, net betyds vir lunch. Hierdie klomp kan nie eers ‘n harde dag se betoging insit nie, never mind werk!
Maar ek stem tog saam, gee vir hulle’n bleddie skool dat hul ons Afrikaanse skole kan uitlos.

Erika ·

Ja, in ‘n gebied waar omtrent net Afrikaans is, moet dit afgeskaf word by die skole?????

DewaldS ·

Daar was ‘n klomp van ons (hahahaha – ja – die Nee-stemmers) wat geweet het Suid-Afrika soos ons hom geken het is dood en begrawe nadat die Ja-stem gewen het. Vir die ander mense wat nie so mooi ‘n eend kan herken aan hoe hy loop en kwaak en swem nie – hier is ‘n bietjie gratis advies:

Dit wat julle nou sien is maar die begin van GROOT probleme. Daar is geen enkele faktor wat daartoe kan bydra dat hierdie dinge minder word nie. Dit wat julle in hierdie hoofstrate sien afspeel kom na jou straatjie en na jou huis toe – dit is net ‘n kwessie van tyd. Die enigste ding daaraan wat onseker is, is wat DOEN JY DAARAAN?

Wat-ek-lees ·

Ons weet waar ons nou is op die afdraendepad met die Ja-stemmers. Waar sou ons vandag gewees het met die Nee-stemmers?

Dewalds ·

Lees die onderste paragraaf – dit is NOU van waarde vir mense soos jy – wat daai tyd ook nie verstaan het nie.

Pieter.v ·

Die nee stemme sou ook verandering gebring het maar baie meer verantwoordelik gewees het as julle ja stemmers se gesante wat die onderhandelings gelei het, dis nou al deur en deur bewys dat julle nie mooi verstaan het wat die nee stemmers daardie tyd voorspel het.Niemand het gese daar moet nie verandering wees nie, maar daar moes onderhandel gewees het ,nie net boedel oor gegee het nie. Ek vra wat doen De klerk en kie nou ,hulle sit met hande gevou en die land kan maar brand.

Veritas ·

Afrika op sy heel beste. Brand en breek en dan EIS jy ‘n huis, skool, vervoer en wat nog. Indien die stadsraad wel sulke beloftes gemaak het, is hulle mos die skuldiges en moet die protesaksie teen hulle gemik word en nie teen die publiek nie. Die skielike uitbreek van soortgelyke protesoptogte regoor die land is beslis nie spontaan nie maar word duidelik fyn beplan en georkestreer. Die enigste politieke party wat hierby sal baatvind in die komende verkiesings, is die EFF. Hulle is dom genoeg om openlik deel te hê aan meeste van die wanordelike optrede van die protesgangers of om dit goed te praat. Ou Zoomer is weer slim genoeg om hulle te laat begaan. Hou maar mooi dop dat die polisie, kort voor die verkiesing gaan toeslaan en die belhamels en opruiers arresteer. Dit sal meebring dat die leierskorps van die EFF geneutraliseer sal wees tydens die verkiesing en soos skape sonder ‘n herder sal hul ondersteuners óf nie gaan stem nie óf met meer gewelddadige optredes vorendag kom. Dit is net wat die ANC wil hê moet gebeur. Dan het hulle mos rede om die verkiesings uit te stel. Ek wonder soms of ou Zoomer en Julius nie kop in een mus is nie.

Leeukuil ·

Die problem met ‘n “demokrasie” ,soos ons dit in hierdie Reenboog land beleef, is dat dit stemme tél en nie weeg nie. Die stert swaai die hond omtrent van sy pote af. Daar is net een oplossing vir die behoud van Beskaafdes: SELFBESKIKKING. Die tyd raak, by die dag meer en meer, ryp daarvoor.

TDW ·

Is dit net ek wat dit raaksien? EFF is besig om te oefen vir ‘n staatsgreep. Hitler het destyds ook so begin!

Ansie ·

Veritas……. en dan se julle ou Zumpie en trawante is dom.!!!! Dis die hoogste tyd vir SELFBESKIKKING….

Veritas ·

Dagsê Ansie. Lees mooi, ek het gesê dat Zoomer slim is. Hy mag dalk net standerd drie geslaag het maar dit maak hom nie dom nie. Moenie dat sy kwalifikasies jou mislei nie. Niemand wat dom is kan vermag wat hierdie man reggekry het nie. Van beeswagter tot hoof van die ANC se inligtingsafdeling en daarna staatspresident en multimiljoener is geen geringe prestasie nie. Nee moet geen fout maak nie, hy weet dalk nie veel van wiskunde en aardrykskunde nie maar dom, is hy beslis nie.

wynand ·

Hierdie mense het niks om te doen deur die dag nie.Hulle betoog en breek af want vir hulle is dit n uitstappie. Sal altyd n rede kry om te betoog want dit verseker n uitstappie. Geen ander entertainment nie en te lui om te werk en kan nie self aan iets dink om geld in te bring nie.Na afbreek staan dit weer bakhand en eis weer na nuwes om dit ook weer te vernietig op volgende uitstappie. Dit is die norm vir hulle.

tamboti ·

Ja-broers: demokrasie werk nie in Afrika – kan julle dit nie sien en verstaan nie. Kyk na die res van Afrika; waar daar tirannie en diktatorskap is, gaan dit sleg maar baie ordeliker. Hier sal dit nog slegter gaan totdat diktatorskap gevestig word! (Militere oorname is nie moontlik nie, daarvoor is ons weermag te vrot)

Ella ·

Veritas, hy is ver van slim af. Die regte woord is slim skelm

Meisie ·

Hierdie hele ding is al lankal beplan. Dit is naweek na naweek dat ons geluister het hoe iemand hierdie mense opstook!!! Vir hulle vertel het ““ you are human beings and deserve better“` Ons kon dit tot in ons huis hoor!! Wat my vies maak is , die meerderheid van daardie mense is buitelanders, wat weg is uit hulle eie land omdat hulle nie meer daar kan `n bestaan maak nie, dan kom hulle in ons land in en wil net demand wat hulle wil he!! Vlug na SA en dan wil hulle kom kla oor ons skole en ons taal!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.