Westonaria-vrou met boor gemartel

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Die vrou wat Vrydagmiddag aangeval en erg mishandel is tydens ʼn plaasaanval in Westonaria op Kalbasfonteinweg naby Fochville in Gauteng sterk aan in die Mediclinic Vereeniging.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê hul paramedici is gisteraand deur die polisie uitgeroep na die toneel. “Die paramedici het by hul aankoms in die huis onderweg na die vrou verby drie dooie honde geloop wat na bewering geskiet is.”

Kapt. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê volgens die inligting wat hulle ontvang het, was dit slegs een hond.

Volgens Meiring het hulle die vrou in ʼn klein plas bloed aangetref. “Die vrou het ʼn ernstige besering aan haar kop opgedoen. Sy het ook ernstige wonde aan albei polse gehad,” het Meiring gesê.

“Daar was verskeie wonde aan haar voete. Ons het onmiddellik met behandeling begin en noodbehandeling toegepas.”

Die vrou is daarna na die Mediclinic Vereeninging gehaas en is steeds daar.

Volgens die polisie is die vrou 60 jaar oud. “Die voorval het die middag al plaasgevind, sy is egter eers laatmiddag gevind. Sy is by die hek van die plaas aangeval deur twee verdagtes en toe in die huis geneem en gemartel, ” het Dlamini gesê. “Sy is glo met ʼn boor gemartel,” het hy verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is na bewering ook met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Die verdagtes het gevlug met die vrou se handwapen en voertuig. Die verlate voertuig is later, slegs een kilometer van die plaas se hek af, opgespoor.

Volgens Dlamini is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Anton ·

…ek het n naarkol op my maag…ek voel skoon siek…mag die genade van God, soos n sagte duvet, oor haar val, toevou, beskerm en vertroos…
Woorde vir die aanvallers het ek nie…my gemoed en siel is in n warboel van woord-orkane vasgevat…

Marinda ·

Ek voel presies so…die naarkol…Daar is nie veel gebuit, so net marteling. Ander gevalle ook waar hul nie veel vat, maar moor…..Mag God se engele haar toestaan op pad na herstel.

lettie ·

Mag God haar genadig wees dat sy volkome herstel. Ek het nie woorde nie. Mag God wraak neem op al die onskuldige bloed wat al verspil is …

yvette ·

Voel dieselfde! Help haar Here! Haar honde ook dood! Dis net teveel.
n BOOR! ek s jammer ek kan nie meer nie, ek kan dit nie glo nie, hierdie jaar sover se moorde gaan my knak.

Lenie ·

Handwapen, voertuig, honde – en steeds was sy oorval. Die aanvalle is onverwags en baie geweldadig. Daar is nie reaksietyd nie. Voor jy dit besef is hulle op jou.

Grotman ·

Daar gaan nie n dag verby wat ek nie van sulke geval lees nie. Dit gaan nie beter word nie! Dit gaan vererger!!

Niel ·

Ek dink mense moet baie wakker wees veral as jy stop om ‘n plaashek oop te maak of as jy tuiskom. Wees bedag op enigeiets verdag.

Piet ·

“60 Jaar oud en met ‘n boor gemartel”, sou in enige beskaafde land vir maande hoofnuus gewees het. ‘n Taakspan sou die skuldiges jag tot aan die uithoeke van die aarde en self die liberale Franse of Engelse sou nie weer so persoon op straat uitlaat nie, maar in SA is hierdie vrou veronderstel om gelukkig te wees, want sy leef nog. Hierdie geweld is aan die orde van die dag. Mag die Here my spaar dat my siel nie so afwater dat hierdie geweld my nie kan skok nie. Wat mens so opval die laaste tyd is nie slegs die geweld in SA nie, maar ook ander lesers se tekort aan empatie met die wat so geteiken word. Dit help nie om so persoon tot ander insigte te bring. Lees maar wat die Skrif se van ‘n redenasie met sulke mense.

AL ·

Baie waar Piet. Ironies dat die sendeling wie per ongeluk die plaaswerker met n windbuks geskiet het, die hoofstroommedia haal.

Werner ·

Absoluut! Ek het in my selgroep oor plaasmoorde gepraat, hulle het hulle koppe weggedraai en gese ek moet nie op die negatiewe fokus
nie! En vergewe tog asb die “”ARME MOORDENAAR HULLE IS SO VERLORE”” Ek verstaan niks meer nie behalwe dat my eie hart skeur vir ELKEEN wat so n hel moes ly! Ons lees dit maar het nie n idee hoe dit moet voel nie, daardie pyn!”Ek wil help maar kan nie.
Kan ons nie n optog reel of n dag van vas en gebed uitroep landswyd nie?

Stef ·

Stem saam TM. Verder wil ek niks sê nie, want die woede lê te vlak!!!!

Martie ·

Weet julle van die plaasaanval op plot 62 Vaalbank naby Rayton en Bronkhorstspruit laasnag. Grondeienaar is glo doodgeskiet.

w ·

Ons moet onsself begin afvra wie finansier hierdi skuim maar eintlik wil ek iets anders hier tik

Sjoe ·

Sjoe, hoe vra jy die Here as iets gebeur dat dit net vinnig moet wees… So jy vra nie Here behoed en bewaar ons nie, jy vra Here behoed en bewaar ons maar as daar iets gebeur laat dit vinnig gebeur, REGTIG??? Vrou ek is baie jammer maar dis dam ‘n negatiewe gebed veral as dit is om jou geliefdes te beskerm… Julle het nie want julle vra nie, my voorstel is jy bid BAIE MEER positiewe dinge oor julle uit… Want as iets gebeur kan jy vir niemand vra hoekom nie, jyt dan grondgebied in jou gebed gegee dat dit wel mag gebeur, maar net vinnig… ?

Daleen ·

Dit is vir my net absoluut absurd dat n regs denkende mens so iets kan doen. Die Here slaap ni sy / hulle dag sal kom en dit gaan dalk erger vir hulle wees. Ons voedsel en alles kom van ons boere af. Bring die dood straf terug dan glo ek dit sal beter gaan

LMF ·

Dink OK Trump moet n draai hier kom maak ek is moeg dat ons die mure om ons huise hoër moet bou n muur op SA grense gaan dalk die ding doen hul sê wel nie van waar aanvallers is nie maar ons weet meeste skuim kom by grense voor

Johan. H. ·

Stem saam almal. Skiewies ons soek nie n Danald Trump nie iemand anders . Maar hy is al dood. Ek dink hy was afkomstig van Duitsland. Ek stem saam met julleTM en Stef. Netsodra ek met empatie Kyk na een en as ek hom jammer kry en wil help , dink ek aan die haat wat hul veroorsaak, vervalle liefde vir die nasie,,, Die haat groei maar dit lyk my hulle gee gladnie om nie en wil Spanning uitlok, Maar as die vis van die kop af vrot—moet daar na gekyk word na dit bedoelende hoekom se die parlements lede niks nie??

Pierre van Zyl ·

Ek raak nou so die hel in vir ons boere. Julle weet mos nou al julle is die “soft targets”. Die “mense?” kan julle martel op hul eie gemak en eie tyd. Raak nou wakker en beveilig julle self op enige moontlike manier. Anders gaan dit net erger raak. Ek vra ons boere om NOU wetters te raak. Raak ‘n onmoontlike mag. Die regering gaan tog nie help nie.
Dink aan julle – sterkte.

Leslie ·

Kan boere dalk 4x ekstra diefwering aanbring. Asook 4x ekstra sterk binnedeure. Ek probeer al die kante toe dink vir oplossings. Werk jul alarms nie? Sodat jul betyds iewers kan skuil of in ander vertrek kan toesluit? Of kom hul ook daarin? Ek sidder. Self al 4 inbrake gehad. Was gelukkig al 4 kere nie tuis nie. Bid vir ons boere dat ons hemelse Vader jul sal beskerm. En ons gee Hom al die eer.

Marie ·

Elektriese heinings, diefwering, alarms, honde – dit maak moeite vir inbrekers, maar dit keer hulle nie. Al die gepraat, die ewige gekla, prioriteits misdaad status, veldtogte oorsee – dit maak min verskil.

Bewapening is jou beste opsie – dan het jy ten minste ‘n kans om die skurke te stop voor hulle jou mense seermaak.

Drikus ·

Net een vraag: Watter behae skep iemand daaruit om so boosaardig te wees?

Annie ·

Hierdie boosdoeners word gestuur deur n hoer gesag … dit is baie duidelik dat 2017 begin het met n blik wurms wat oopgemaak is .. Ek probeer om nie my hart te verhard nie … maar dit is baie moeilik

Lizelle ·

Kan net nie glo hoe dit als net onder die mat in gevee word nie!

Drikus ·

Waarom? Wat gaan aan in so ‘n booswig se kop? Hoe kry hy dit oor sy hart? Hoe mens hoe?

Conrad.T ·

Maroela Media, was daar nog n plaasaanval in Reyton(Bronkhorstspruit)? Boer doodgeskiet?

Ilona ·

Hoe kan ons die buitelandse media soos CNN BBC se aandag hierop vestig n paar nuusgrepe en insiggewende dokumenter deur Christiane Amanpour ens.?ek sidder vir ons toekoms om nie eens te praat van ons kinders nie.Baie dankie en sterkte en voorspoed vir al ons boere.

Peanut ·

hi Ilona
jy kan epos stuur aan:
[email protected]
ek dink ons moet hulle “flood” met eposse oor geweld – maar met feite en indien moontlik ook fotos
ek dink ook dat die liedjies skrywers moet begin om liedjies te skryf soos die wat in apartheids jare geskryf was teen apartheid – ek dink aan give me hope johanna en Midnight oil se “How can we sleep while our beds are burning” (en ek wens ons blanke Afrikaans sprekended wil ophou dans op die liedjies want dit is waar ons nou is)
as ek musikale talent gehad het se ek n “Funky Song” geskryf het oor wat hier aangaan
jammer vir al my Engelse woorde

Annie ·

Zuna jy beter begin intree net die plaasmoord anders sien ek groot probleme vir almal jy se ons mag nie die wet in eie hande neem nie so jy sal nou moet wakker skrik broer

Elize Bester ·

Drastic action must be taken.
Our Gov does nothing for its people but they very good at making sure they get their salaries at month end. Protect our farmers….we need them.

Marie ·

Ek weet patrone is duur maar dis belangrik om met jou handwapen te oefen, veral praktiese goed soos om vinnig te trek en skiet. Want kyk nou hier – hulle kom so vinnig – die arme tannie was voorbereid en hulle’t haar steeds sleg seergemaak.

M. Mülder ·

‘n Aanvaller met ‘n panga of mes kan jou op ‘n afstand van 6m vinniger bespring as wat jy jou wapen kan afvuur in daardie tydsbestek (4 sekondes). Toets dit gerus.

Johan. H. ·

Annie,, Hys n ie my broer nie,,, ook nie my sogenaamde presedent nie. Onthou hulle kom uit n terroriste agtergrond,,

C..C. ·

Maklik om te se die Boere moet Wakker wees. Hoe kon jy by jou plaas in anders as om die hek oop te maak!!! Hulle vernietig jou diefwering en jy het been verweer nie. As hulle n huis in tien minute kan skoon beroof.? In massas inkom gaan net n goeie skut homself kan verdedig
As hy vroegtydig gesien het hulle is in sy erf. Dan nogsteeds gaan jy in die tronk sit omdat jy hulle geskiet het. Die NPA neem nie die blankes se veiligheid in ag nie. Ons word afgemaai en dit word onder die mat ingevee. Doen of se ons blankes iets is dit rasisme. So word ons vrek gemaak en vermink en die media bly stil. Miskien is hulle ook bang vir die NPA of word hulle afgepers. Agter hierdie moorde sit n sindikaat wat die aanvallers betaal. Hulle sal nie 4 of 5 gaan een mens dood maak vir n TV nie want wat kry jy vir n tweedehamdse TV? Nee hulle word betaal!!! Seker n aardige bedrag uit een of ander staatskas ons eie be lasting geld. As daar net n bietjie verder gesoek word om te sien wie die eintlike organisasie is wat dit beplan.. Ek glo nogsteeds nie dit gaan hier hoor diefstal en goed nie. Hier gaan dit hoor die dood maak van blanked per men’s en seker n bonus as hulle nog meer Martel verkrag en grusaam is in die duiwelsdade.

Dirk ·

Daar is niks gesteel nie… Hulle het net gegaan om te martel. Dis duidelik van die berig. Dis mos dan duidelik dat daar ‘n kriminele georganiseerde veldtog van moord is teen boere.

Johannes Meintjes ·

Die rentmeesterplig om baie spoedig tot baie beter georganiserde en gestruktueerde Burgerlike Beskerming (“Rampbeheer!?”) tot op nasionale vlak van koordinering oor te gaan, berus by elkeen van ons. Ons volgehoue terugdeinsing, sosiale media apatie en verdeelde onverkilligheid maak dit net elke dag erger.

John ·

Sonder verwysing na bogenoemde wrede en aaklige gruweldaad: Ons boere moet ophou om windmakerig te glo dat hulle hul aanvallers tjoeftjaf kan ‘baa’sraak en suinig-suinig die minimum voorsorg tref en te glo die Hemelvader moet ‘n gratis bydrae maak, of ly ons boere aan ‘n selfvernietigingsdrang. Die regering gaan niks doen nie buiten om te skimp dat dit gebeur omdat witmense hul grond gesteel het. Wil boere boer of wil hulle begrawe word? Stedelinge word gewaarsku om nie by hul erf in of uit te ry indien ongewenste persone rondhang nie. Hoekom doen boere dit? Vreemde gedrag van eie werkers, veral beswaardes, moet rooiligte laat flikker. Hou op om ‘n ‘sideline’-besigheid te loop met ‘n skapie hier en ‘n hoender daar. Mens spaar nie so aan begrafniskoste nie.

ISABEL ·

Sjoe my woorde is ook op… ek is sprakeloos. dit kan nie so aangaan nie… die stomme mense….. Ek bid so baie dat God almal veilig moet hou, maar dan elke dag lees ek hierdie…. Dit maak my so depressief…… Ek moet liewer ophou om hierdie te lees en aanhou met bid………HOEKOM KAN DAAR NIE N BIDDAG GEHOU WORD OOR DIE LAND OM VIR DIE PLAASBOERE SE VEILIGHEID OOK TE BID NIE….

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense wat aanhou se ons moet bid en ons sien gebede word nie verhoor nie maak dat jy naderhand anders na bid en gebedsverhore dink. Ek glo mense wat aangerand en vermoor is het tog ook gebid of was hul ongelowiges?

Marlene Price ·

Wat help al die geskryf as niemand iets daaraan kan doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.