Westonaria-vrou met boor gemartel

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Die vrou wat Vrydagmiddag aangeval en erg mishandel is tydens ʼn plaasaanval in Westonaria op Kalbasfonteinweg naby Fochville in Gauteng sterk aan in die Mediclinic Vereeniging.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê hul paramedici is gisteraand deur die polisie uitgeroep na die toneel. “Die paramedici het by hul aankoms in die huis onderweg na die vrou verby drie dooie honde geloop wat na bewering geskiet is.”

Kapt. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê volgens die inligting wat hulle ontvang het, was dit slegs een hond.

Volgens Meiring het hulle die vrou in ʼn klein plas bloed aangetref. “Die vrou het ʼn ernstige besering aan haar kop opgedoen. Sy het ook ernstige wonde aan albei polse gehad,” het Meiring gesê.

“Daar was verskeie wonde aan haar voete. Ons het onmiddellik met behandeling begin en noodbehandeling toegepas.”

Die vrou is daarna na die Mediclinic Vereeninging gehaas en is steeds daar.

Volgens die polisie is die vrou 60 jaar oud. “Die voorval het die middag al plaasgevind, sy is egter eers laatmiddag gevind. Sy is by die hek van die plaas aangeval deur twee verdagtes en toe in die huis geneem en gemartel, ” het Dlamini gesê. “Sy is glo met ʼn boor gemartel,” het hy verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is na bewering ook met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Die verdagtes het gevlug met die vrou se handwapen en voertuig. Die verlate voertuig is later, slegs een kilometer van die plaas se hek af, opgespoor.

Volgens Dlamini is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

47 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anton

…ek het n naarkol op my maag…ek voel skoon siek…mag die genade van God, soos n sagte duvet, oor haar val, toevou, beskerm en vertroos…
Woorde vir die aanvallers het ek nie…my gemoed en siel is in n warboel van woord-orkane vasgevat…

Lenie

Handwapen, voertuig, honde – en steeds was sy oorval. Die aanvalle is onverwags en baie geweldadig. Daar is nie reaksietyd nie. Voor jy dit besef is hulle op jou.

Grotman

Daar gaan nie n dag verby wat ek nie van sulke geval lees nie. Dit gaan nie beter word nie! Dit gaan vererger!!

Niel

Ek dink mense moet baie wakker wees veral as jy stop om ‘n plaashek oop te maak of as jy tuiskom. Wees bedag op enigeiets verdag.

Piet

“60 Jaar oud en met ‘n boor gemartel”, sou in enige beskaafde land vir maande hoofnuus gewees het. ‘n Taakspan sou die skuldiges jag tot aan die uithoeke van die aarde en self die liberale Franse of Engelse sou nie weer so persoon op straat uitlaat nie, maar in SA is hierdie vrou veronderstel om gelukkig te wees, want sy leef nog. Hierdie geweld is aan die orde van die dag. Mag die Here my spaar dat my siel nie so afwater dat hierdie geweld my nie kan skok nie. Wat mens so opval die laaste tyd is nie slegs… Lees meer »