Wet oor grondonteiening teen Maart gefinaliseer

grond-deur-hanzell-vineyards-flicker

Foto: Hanzell Vineyard/Flickr.com.

Die nuwe parlementêre ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het Vrydagoggend vergader om die tydraamwerk vir die proses daar te stel. Teen 26 Maart volgende jaar moet die proses afgehandel wees.

Daar was ʼn mate van spanning tydens die vergadering, wat deur slegs drie partye naamlik die ANC, DA en EFF bygewoon is. Die res was afwesig. Die DA en die gematigde, meer Ramaphosa-gesinde ANC-lede (soos Angie Motshekga, minister van onderwys) was duidelik van mening dat ʼn langsame proses met baie insette die regte pad is. Die EFF en die meer aktivistiese, Zuma-gesinde ANC-lede (soos adv. Bongani Bongo) is egter haastig en wil die Grondwet so gou moontlik verander sonder te veel raadpleging.

Tans is die gematigdes in die meerderheid, maar dis duidelik dinge kan nog taai raak.

Dr. Mathole Motshekga, die komiteevoorsitter, het ná afloop van die vergadering gesê die komitee sal verseker dat Suid-Afrikaners die geleentheid kry om hul insette te lewer oor die konsepwetsontwerp.

“Ons besef ook die komitee beskik nie oor alle kennis nie en sal daarom plaaslike sowel as buitelandse kenners se hulp inroep.”

Die tydraamwerk is soos volg:

  • Op 1 November sal die parlement se regsadviseurs die ad hoc-komitee inlig oor die wetlike aspekte en die korrekte prosedures.
  • Op 11 en 12 November sal die kenners wat deur die komitee oor die kwessie geïdentifiseer is, hul insette lewer.
  • Op 22 en 29 November asook op 6 Desember sal die komitee onderling oorleg pleeg oor die vordering met die proses tot op daardie datum en die bewoording van die konsepwetsontwerp, wat teen 6 Desember klaar verwoord moet te wees, uitklaar.
  • Op 28 Januarie sal die parlement se regsadviseurs die konsepwetsontwerp uit ʼn juridiese oogpunt met rolspelers bespreek waarna bespreking van die konsepwetsontwerp deur die komitee op 29 en 30 Januarie sal volg.
  • Van 10 tot 14 Februarie sal die komitee aan die Nasionale Vergadering terugrapporteer oor die vordering met die wetsontwerp en sal verskillende tegniese parlementsprosesse afgehandel word.
  • Op Valentynsdag, 14 Februarie, sal die wetsontwerp vir openbare kommentaar gepubliseer word.
  • Teen 6 Maart moet die openbare insette verreken word en op 17 en 18 Maart sal openbare verhore na aanleiding van die openbare insette plaasvind.

Die doelwit is om die proses teen 31 Maart af te handel, hoewel Motshekga benadruk het dat deeglikheid belangriker as spoed is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Judge Dredd ·

…daar was vergader oor die tydsraamwerk.
1. Dink jy dis ‘n belangrik genoeg aspek dat die VF+ teenwoordig moes wees?
2. Dink jy die 1 VF+ verteenwoordiger sou die ander se besluit kon verander en vir watter rede?
3. Die VF+ het klaar sy mening gegee oor Grondonteiening sonder vergoeding – weet jy nie wat hul siening daaromtrent is nie? – hoeveel keer moet jy dit hoor, voor jy weet wat hul siening is ?

Piet van eeden ·

Jy is heeltemal korek dit sou tyd mors wees om te gaan dit is nou tyd vir optrede. Ek dink die vf se benadering is reg

Werner ·

Die gematigdes sal net mooi niks doen as die radikales begin beset nie en dit is wat hulle gaan doen as hulle nie hulle sin kry nie

James ·

Moet ek nog my huis en kar betaal as dit nou net gevat gaan word…

John ·

Duidelik ‘n gejaag… oor so ‘n sensitiewe en ingewikkelde saak… om vir holderstebolder-vergrype voorsiening te maak. Wanorde en chaos wag.

JO ·

Dis Veg of Vlug. Ek stel voor vlug maar as dit nog moontlik is. Die CODESA ondehandelinge tussen NP en ANC het ‘n geleentheid geskep vir Afrikaners, Engelse en Portuguese om die land in vrede te verlaat terwyl mens nog kan, die huis en kar te verkoop en te “pack for Perth”. Die verkramptes en verligtes kan albei maar dankbaar wees vir die FW De Klerk se onderhandelinge met die ANC. Baie ander mense was ongelukkkig nie so gelukkig nie, kyk maar Zimbabwe in 2000, Angola 1975, Zaire 1960, Algeria 1956 en Kenya, van hulle het maar net met hulle klere aan hulle lyf vertrek en van hulle het nie eers vertrek nie. Dink maar mooi oor jou toekoms in Suid-Afrika.

koos ·

almal praat net oor onteiening van landbougrond. Die ANC wil dit aan ander eienaars gee as privaatbesit terwyl die EFF dit wil nasionaliseer en in trust vir nuwe okkupeerders hou.
In albei gevalle word daar egter onteien, wat ek graag wil weet is, wat van stedelike grond?
Ek besit 2 huise in Kaapstad, so 25km van mekaar. ek woon in die een en die ander een word verhuur. Gaan die staat net 1 van my afvat met die argument dat dit onregverdig is dat ek 2 huise het terwyl ander niks het nie, of gaan albei afgevat word?
Ek kry nerens inligting hieroor nie.

Boy van die Suburbs ·

@Koos – Jy gaan gelukkig wees as jy net jou kooi in die proses behou! Nasionalisering is ons voorland. Niks gaan meer aan jou behoort nie….

Jerry ·

Sterkte Koos. Daar was lankal terug gese dat die afrikaner sy grond, eiendomme en besittings moet verkoop en moet regmaak om te kan emigreer of om op n vliegtuig te klim wat jou gaan kom haal. Goeie nuus is dat Nederland ons jongmense moontlik gaan werf vir die Nederlandse weermag. Een van die dae gaan dit net Koos wees wat in SA gaan agterbly en krepeer, want dit is die ANC se ideale vir Koos, om te krepeer. So ja Koos, een of andertyd gaan jou tweede eiendom in gedrang kom, behalwe natuurlik as jy n ANC/eff kader is. Dan gaan jy grond, n paar eiendomme en besighede mag besit. Dit is die aanduidings Koos, enigiets anders is bloot gebaseer op wensdenkery en hoop dat dit asseblief tog nie moet gebeur nie. Transformasie, regstellende aksie, BEE, onteiening is die realiteit gister, vandag en more. Dit gaan nie verdwyn nie, inteendeel word dit meer intens verskerp soos sekere groepe probeer weerstand bied. Sterkte Koos, jy moet maar aansluit by #ImStaying. Hulle gaan ook nou begin met fondsinsamelings om jou dalk eendag te help!

leser ·

nog ‘n kommitee, nog nepotisme, nog vermorsing van geld, nog geen antwoorde
kan ek nie ook gekies word as ‘n kommitee lid nie, ek glo ek het alle ondervinding wat verlang word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.