Wet op Grondhof bekendgestel

Minister Thoko Didiza. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Belangrike nuwe wetgewing oor grondhervorming is vandag deur die regering aangekondig.

Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, en Ronald Lamola, minister van justisie, het die Wetsontwerp op die Grondhof tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria bekendgestel.

Die Wetsontwerp op die Grondhof sal volgens Didiza en Lamola sistemiese uitdagings soos ervaar deur die Grondeisehof oorkom. Onder meer sal permanente regters in die Grondhof aangestel word. Die doelwit is volgens Didiza om dispute oor grond vinniger op te los.

Meer geld sal ook aan die Regshulpraad toebedeel word, wat toegang tot grond sal versnel, het sy bygevoeg.

Sowel Didiza as Lamola is hegte vennote en ondersteuners van pres. Cyril Ramaphosa in interne ANC-twiste, en die wetgewing kom op ‘n tydstip dat Ramaphosa binne die ANC te kampe het met druk deur diegene wat meen hy vorder te traag met grondhervorming. Tydens die bekendstelling van die wetsontwerp het Didiza dan ook diep uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis geskep.

Sy het die ekonoom wyle prof. Sampie Terreblanche aangehaal dat rasgebaseerde ongelykheid in die land veral deur drie aspekte vasgemessel is, te wete die oordrag van mag vanaf swart mense na koloniseerders, die inpalming van grond en die uitbuiting van swart arbeid.

Dit het volgens Terreblanche (soos onderskryf deur Didiza) gelei tot sistemiese uitbuiting en ontheemding, soos in wetgewing vergestalt deur die Naturelle Grond-wet van 1913, die Wet op Stedelike Gebiede van 1923 en die Naturelle Trust- en Grond-wet van 1936.

Dit het swart mense in besit van slegs 8% van Suid-Afrikaanse grond geplaas, het Didiza foutiewelik beweer. Die minister sou korrek gewees het as sy dié syfer gestel het as 13% ná die 1936-wetgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

anc circus.
Cannot work to own.
Cannot count.
Regurgitating the past to no end.
The best time travellers ever, using whites as the train.
Let’s see where this teain will get you eventually.

Persheks Adri ·

Agree Fedup! Can not do anything, but can break down everything and demand demand demand eish

Persheks Adri ·

Ek hoop van harte dat hulle dit nou vir ewig gaan stop! Gaan werk vir julle eiendom soos ons moet. Hierdie kite gaan beslis NIE vlieg NIE ek hoop julle besef dit ANC, want ons gaan lê nie net nie. Julle weet wat gebeur as jy op PRIVAAT eiendom oortree so gaan aan en julle hou aan om ons te ondermyn ons is lankal keelvol vir julle snert om dit sagkens te stel!

Johann ·

Altyd n vergrypers definisie en weergawe van geskiedenis. NOOIT n reality check oor wat hulle SELF oor 26 laat gebeur het nie? En hoe de mmmmmm trust jy sg permanente grond regters wat deur die ANC aangestel word?

Yolandie ·

Het nie kos nie, maar ten minste het ons grond.
Het nie werk nie, maar ten minste het ons grond.
Het nie ‘n opvoeding nie, maar ten minste het ons grond.

Die alewige gekerm oor grond het NIKS te doen met die grond nie!! Dit gaan oor die geldelike waarde……en as HY hom het verkoop hy/sy dit vir peanuts soos vinnig soos jy mes kan sê sodat die geld vermors kan word want daar word geen voorsiening gemaak vd dag van more nie, want die Staat “sorg” mos vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.