Wet sal grondeienaars dwing om te onthul

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, wat ʼn plafon vir grond-eienaarskap daarstel, sal binnekort in die parlement ter tafel gelê word.

“Die wetsontwerp sal binnekort na die kabinet gestuur word vir goedkeuring, waarna ʼn proses van openbare konsultasie sal volg en dit ingedien sal word vir die nodige parlementêre prosesse voordat dit deur die president bekragtig sal word,” het die presidensie Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Pres. Jacob Zuma het Donderdag tydens sy staatsrede aangekondig dat buitelanders nie toegelaat sal word om grond in Suid-Afrika te besit nie. In plaas daarvan sal hulle in aanmerking kom vir langtermynhuurkontrakte van 30 tot 50 jaar.

“Die wetsontwerp sal ook ʼn beperking plaas op die hoeveelheid grond wat ʼn individu mag besit, naamlik 12 000 hektaar – ʼn geskatte ekwivalent van twee plase,” het die presidensie gesê. Indien ʼn individu meer as dit besit sal die regering die “oortollige” grond koop en dit herversprei.

Volgens die presidensie sal grondeienaars verplig word om te onthul hoeveel grond hulle besit. “Hierdie onthullings sal gedoen word in terme van ras, nasionaliteit, geslag, die grootte van die grond wat besit word en waarvoor dit gebruik word. Die proses sal deur ‘n grondkommissie bestuur word.”

Die presidensie het gesê die praktyk om buitelanders se grondbesit te beperk, is ʼn gevestigde internasionale praktyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Hoe kom hul by 12000 ha of 2 plase uit, in die karoo en kalahari is dit klein, hul plan soos al die ander is absurd. wat van maarskappye, bk s en trust, skenk eerder aandag aan onmiddelike probleme soos eishkom, gesondheidsdienst, poskantoor, onderwys, ens. Hulle kla op die stadium met n mond vol kos, soos hul aangaan gaan voedselsekerheid ook id die hek duik. Dit is mos wat hul wil he!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.