Wet vir meer kraamverlof kry groen lig

Argieffoto

Die Nasionale Vergadering het die Wysigingswetsontwerp op Arbeidswette aanvaar wat verreikende gevolge inhou vir kraamverlof vir pa’s en aanneemouers.

Die ACDP het in 2015 die wysigingswetsontwerp as ʼn private ledewetsontwerp ingedien. Die wysigingswetsontwerp sal nou na die Nasionale Raad van Provinsies gestuur word vir goedkeuring voordat dit deur die president onderteken kan word.

Die wysigingswetsontwerp streef daarna om die huidige Wet op Basiese Diensvoorwaardes se bepalings oor kraamverlof vir pa’s en aanneemouers te verander. Hiervolgens kry pa’s tien dae kraamverlof as hul kind gebore word of wanneer ‘n aanneembevel van krag word. Pa’s kry tans drie dae betaalde gesinsverantwoordelikheidsverlof.

Die wetsontwerp lui verder dat ‘n aanneemouer van ʼn kind jonger as twee jaar ook op tien weke se aanneemverlof geregtig is. Daar word ook dieselfde voorsiening gemaak vir persone, wat deur middel van ʼn surrogaat, ouers word.

Cheryllyn Dudley, die ACDP-LP wat die private ledewetsontwerp ingedien het, sê pa’s speel ‘n belangrike rol in die opvoeding van hul kinders en dat navorsing wat deur die ACDP gedoen is, bewys dat die bepalings in hierdie wetsontwerp ʼn vroeë verbinding tussen pa’s en hul kinders sal fasiliteer. “Sterker en gesonder families is een van die talle potensiële voordele wat dit vir die samelewing as geheel inhou.”

Volgens Dudley bevat die wysigingswetsontwerp ook die vereistes vir die reg op die voordele sowel as wanneer die regte in werking tree. Dit maak verder voorsiening vir die aansoek om voordele en die betaling daarvan. Daar sal natuurlik finansiële implikasies vir die staat wees, veral die Werkloosheidsversekeringsfonds, wat die nuwe voordele sal moet betaal.”

Die volledige wysigingswetsontwerp kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eish ·

Genadiglik betaal die staat dit. Kan net dink hoe die WVF gemelk gaan word deur vals eise. Lippe gaan afgee word vir diè skeur in die kombers . Tien weke verlof. Oom Hendrik Schoeman sou gesê het, wil jul werk of wil jul aanwas?

Alida ·

Met die huidige aanwas gaan daar bitter mense op kantoor wees!!!!

Rochelle Stewart ·

Paragraaf 4 verwys na 10 weke – neem aan dit moet 10 dae wees

Aitsa ·

As ‘n mamma van ‘n klein baba verwelkom ek hierdie nuus. Die eerste dae met ‘n baba tuis is net so moilik vir die pappas. Almal weet van die min slaap en die aanpas by ‘n totale nuwe roetine,maar nuwe mammas het alle steun en hulp van hul mans nodig en so ook gee dit die pappa en baba om te heg met mekaar. My man moes regdeur werk met 2 ure se slaap die eerste week. ek dink nie dis regverdig nie

Karel ·

Ai, die modêrne lewe. Ons het in die 80’s twee kinders gehad en moes deur die min slaap en ander aanpassings nog steeds werk.

Elizabeth ·

Is daar geen beperking op hoeveel keer in jou werksloopbaan jy kraamverlof mag neem nie? Want op die oomblik is baie BEVRYDE vroue meer op kraamverlof as by die werk. En dan moet besighede meer vroue in diens neem … hoe gaan ons die werk gedoen kry??

evsbest ·

Gesonde Familie bande….. As die staat dit wil regkry moet hulle alle winkels se deure sluit op Sondae sodat meer families bymekaar kan uitkom. Of die ma werk tot 9 in die aand of die Pa. Moet elke naweek werk om die pot aan die kook te hou….

Johan Bester ·

Maak die mense net nog luier en slegter.
Ons besigheidsmense sukkel reeds om mense aan werk te hou.
Ek en my vrou het 4 kinders gehad en moes net aangaan soos normaal.

Suzette ·

Wat van Pleeg Ouers? . . Hulle word die heeltyd benadeel, tot sommige werke se Family Responsibility leave sluit Pleegkinders uit . . Is hulle dan nie jou kind ook nie want jy maak hulle groot!!

Ann ·

Kan die UIF se wysigings nie ook verander nie? Ek kon met my tweede kind nie UIF eis nie, na ek voor en na sy geboorte myself moeg gemaak het met oproepe en besoeke aan die dept Arbeid. Vyf weke na sy geboorte deel hulle my ewe koel mee dat ek nie UIF mag kry nie, aangesien my kinders nie 5 jaar ouderdomsverskil was nie.
Maar ander wat letterlik elke 9 maande babas het, kry?
Dit was diskriminasie in die ergste graad vir my!!!

Marcel ·

Wat ‘n klomp suur mense op die kommentaar. Wat daarvan as die wet deurgaan? Ek sê hoekom nie? As jy wou 4 kinders hê was dit jy en jou ou vroutjie se besluit, moet asseblief nie martelaar probeer speel nie. Die Afrikaner kan darem tog so negatief wees en kerm en kla oor als. Ten minste kan toekomstige Pappas en ander ouers regte geniet wat die ouer geslag en regering, nooit ander mense sou gun nie. Moenie jaloers wees nie, en hou op maak asof almal korrup is. As die Afrikaner nie groter gesinne wil hê nie, is dit hulle probleem. Elke baba wat gebore word, moet gekoester word. En hou op om die jonger geslag net as sleg uit te beeld. Ek ken baie ouer mense wat net so sleg en lui is.

bgj van der westhuizen ·

ek stem saam laat alle plekke weer toe wees op sondae dat mense by hulle mense kan wees en die selde op vakansie dae kraam verlof 10 dae kan dalk gaan maar beslis nie 10 weke dit sal belaglik wees

Susara ·

“Wet vir meer kraamverlof kry die groen lig”

Is die korrekte woord nie langer (eerder as meer) kraamverlof nie?

B ·

Lees asb mooi mense: Pa’s gaan 10 DAE kraam verlof kry en aan neem ouers wie se kinders onder 2 is gaan 10 WEKE kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.