Wetenskaplikes waarsku oor nuwe variant

Foto bloot ter illustrasie. (ThisisEngineering RAEng/Unsplash.)

Wetenskaplikes waarsku dat ʼn nuwe Covid-19-variant wat minstens 32 mutasies bevat, verdere golwe van die virus kan aandryf deur die liggaam se verdediging daarteen te ontduik.

Dít kan egter ook net ʼn klein, ongewone groepering wees wat nie maklik oordraagbaar is nie.

Die B.1.1.529-variant is eerste deur dr. Thomas Peacock, ʼn viroloog by die Imperial College London, opgemerk, wat besonderhede oor die variant op ʼn genoom-webwerf gedeel het.

The Guardian berig dat nog net 10 gevalle van dié variant in drie lande opgespoor is, waarvan ses in Suid-Afrika.

Die variant is glo eerste in Botswana opgemerk, waar drie gevalle nou opgespoor is. Luidens die berig is nog ʼn geval in Hongkong bevestig by ʼn persoon wat van Suid-Afrika gereis het.

Die mutasies is glo in die stekelproteïen geleë, die deel van die virus wat die meeste entstowwe gebruik om die immuunstelsel teen Covid-19 te bevorder.

Hierdie mutasies kan die virus se vermoë beïnvloed om selle te besmet en versprei, maar dit ook moeiliker maak vir immuunselle om die patogeen aan te val.

Dit kan beteken dat die huidige entstowwe nie genoeg weerstand teen die nuwe variant bied nie.

Peacock het in ʼn reeks twiets gewaarsku dat die nuwe variant “werklik kommerwekkend kan wees” en streng gemonitor moet word juis weens die “verskriklike stekelprofiel”.

Hy het egter bygevoeg dat dit moontlik net ʼn klein, ongewone groepering kan wees, wat nie baie oordraagbaar is nie.

“Ek hoop dis die geval,” het Peacock gesê.

Dr. Meera Chand, ʼn Covid-19-voorvaldirekteur by die UK Health Security Agency, sê die agentskap werk saam met wetenskaplike liggame oor die hele wêreld om die status van Sars-CoV-2-variante voortdurend te monitor namate dit wêreldwyd opduik en ontwikkel.

“Aangesien dit in die aard van virusse is om gereeld en na willekeur te muteer, is dit nie ongewoon dat ʼn klein aantal gevalle opduik wat nuwe stelle mutasies bevat nie. Enige variante wat bewyse van verspreiding toon, word vinnig beoordeel.”

Die New Zealand Herald berig dat die nuwe variant op ʼn baie slegte tyd sy verskyning maak, aangesien baie lande nou weer hul grense vir internasionale reise oopgestel het.

“Die nuwe variant kom ook te midde van ʼn verwoestende vierde golf in Europa, met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) wat vandeesweek gewaarsku het dat die vasteland in die ‘stewige greep van die pandemie bly’.

“In ʼn vreesaanjaende voorspelling het die WGO beweer dat Europa se Covid-19-dodetal hierdie winter 2,2 miljoen [tans 1,5 miljoen] kan bereik, met nog 700 000 sterftes wat teen 1 Maart volgende jaar verwag word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

52 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Klink glad nie vars nie.

Kosie

Sal dit nou dieselfde Imperial College wees, wat miljarde mense se dood voorspel het met die eerste vlaag. En hoe presies het die “wetenskaplike” die variant gekry, gesien in die lig daarvan dat die oorspronklike een nog nie eers geïsoleer is nie. Maar hier gat ons weer met die vrees… Ons sal julle bang praat en nee, jy sal nie Kersfees op die stand mag wees nie.

Madelein

Ek wonder hoeveel van die mense die geëntes gaan wees. Ons weet nou dat natuurlike immuniteit die beste is.
Ek wonder of al hierdie lande Ivermectin/HQC behandeling gaan toelaat om die virus te beheer en dodetalle af te bring.
Logika is dat ‘n virus altyd sal muteer.

Nicolaas Hendrik

Ja en so gaan die variant klim tot by Z en daarna gaan die variant seker oor na syfers 1,2,3,_ _ _

Samuel

Rêrig? Hulle maak die mense net vreesbevange. Die oorspronklike virus is nog nie geïsoleer nie. Pffffft