Wetgewing ingedien om eiendomsagente te transformeer

Argieffoto

ʼn Wetsontwerp op eiendomspraktisyns het vandag voor die parlement se portefeuljekomitee oor menslike nedersettings gedien.

Indien die wetsontwerp aanvaar word, sal dit die Wet op Eiendomsagentskapsake vervang. Die nuwe wetsontwerp skep die begrip eiendomspraktisyn, wat nie net eiendomsagente nie, maar ook verhuringsagente en basies enigeen wat iets te doen het met geld en eiendom, insluit.

Dit skep ook ‘n eiendomsombudsman, by wie enigeen wat ingedoen voel in ‘n eiendomsverwante transaksie, ‘n klag kan indien. Daar sal ook eiendomspraktisynsinspekteurs wees wat, in een van die meer omstrede konsepbepalings in die wetsontwerp, die reg sal hê om eiendomsagente se magtigingsdokumentasie aan te vra en daarop beslag te lê – sonder ‘n lasbrief.

Die naam van die raad van eiendomsagente sal kragtens die voorgestelde wetgewing verander word na die raad van eiendomspraktisyns.

Hoewel die nasionale departement van menslike nedersettings (vroeër bekend as die departement van behuising) graag ‘n rasgebaseerde transformasiehandves ingestel wil sien, is dit nie tans in die wetsontwerp vervat nie. Daar word wel voorsiening gemaak vir ‘n transformasiefonds om meer nuwe toetreders en swart toetreders tot die mark te verseker.

Volgens Solly Malatsi, DA-LP en die party se woordvoerder oor menslike nedersettings, is die ANC op die verkeerde pad met die wetsontwerp. “Dit is waar dat die formele eiendomsagent-beroep oorwegend wit is en dat ‘n paar groot maatskappye die toetrede van nuwe inkomelinge – wit en swart – op monopolistiese manier kortwiek. Hierdie wetgewing is egter nie die manier om dit te takel nie,” het Malatsi aan Maroela Media gesê.

“Eerstens is dit sekerlik onwettig om eiendomsagente se kantore sonder ‘n lasbrief te deursoek en beslag te lê op dokumentasie. Tweedens gaan die beoogde oorregulering van die bedryf, en die skep van ‘n duur nuwe burokrasie, niemand help nie.

“Daar is swart eiendomsagente, maar hulle doen grootliks ongereguleerd in die townships sake, waar die lae huispryse en gevolglike lae inkomste beteken hulle is onwillig om al die fooie wat nou vereis gaan word, te betaal.

“Soos gewoonlik sit die ANC die pot mis deur te dink regulering gaan werk skep, terwyl dit eintlik die sake-omgewing beduiwel,” het Malatsi uitgewys.

Die volgende stap is dat die portefeuljekomitee nou openbare menings gaan inwin en ‘n konsultasieproses vir geskrewe insette deur rolspelers van stapel sal stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hulle krap waar dit nie jik nie. Wat wil hulle nog nie opvoeter nie. Die land is al in sy verstand in en so sal hulle aanhou dat ons net soos die res van Afrika is. Vinnig in sy maai.

Jannie ·

Koos moenie probeer verstaan wat hulle doen nie, dis tog duidelik.

Pieter ·

Staat wil sy vingers in alles he,so kan hulle net meer vat en in hul vet katte se sakke druk

Gert ·

Kyk, ek begryp die agent storie nie eintlik nie. Verkoop 1 middelklas huis ‘n maand en jy het meer salaris as onderwyser wat dag en nag werk. Die kommissie is gek hoog en dit veroorsaak dat omtrent elke tweede mens agent speel. Nou is daar so baie van die bosluise dat junior agent gelukkig is as 1 ‘n jaar verkoop. Tussen die wette en kartelle is dit nou een bedryf waar vraag en aanbod (agente, nie eiendom me) nie sy loop neem nie. Hoog tyd dat die bedryf deur die dip gejaag word.

Zuzu ·

Ek sekondeer jou opinie Gert! As die Agente se kommissie nie so belaglik hoog was nie – sou meer mense dalk hul eiendom vinniger kon verkoop! Maar hulle kommissie maak dikwels dat die prys van die eiendom veel hoër te blyk! Dit is tyd dat die kommissie struktuur beheer word!

White Rhino ·

Gelukkig kan ons kies watter agent ons wil gebruik.
Hierdie ‘agente’ gaan kyk waar dit moontlik is om in te breek en te vermoor – ek laat hulle nie naby my huis toe nie.

Casper Labuschagne ·

Is daar hoegenaamd enigiets wat ons regering nie beoog om op te duiwel nie? Eintlik vra ek hier ‘n vraag wat ek nooit sou gevra het as ek in die eerste plek nie reeds geweet het wat die antwoord is nie.

Johann Claassen ·

Johann Claassen • 4 minutes agoHold on, this is waiting to be approved by Netwerk24.
Die probleem wat die Eiendomsektor vir jare al beleef is die lae toetrede deur veral jongmense wat dit as `n loopbaan wil volg, en is dus niks nuut nie. Die gemiddelde ouderdom van alle geregistreerde agente tans is sekerlik 50 jaar plus. Dit is dus voor die hand liggend dat die bedryf in `n doodloopstraat is sonder `n gesonde voedingsbron. Gedwonge transformasie gaan nie die probleem oplos deur die simtome te probeer dokter nie. Die huidige tendens is so dat jongmense van alle bevolkingsgroepe eerder na matriek verniet universiteit/kollege toe kan gaan, of in die Openbare Sektor onmiddellik `n enorme salaris kan verdien. Koppel SEB daaraan met al die voordele van o.a. “Fast Tracking” in vergelyking met `n loopbaan in die Eiendom Sektor. Jou intree agent begin sy loopbaan met `n 1 jaar Internskap onder `n bestaande Prinsipaal. Gedurende hierdie tydperk moet die agent hom/ haarself finansieel kan dra vir 4 tot 6 maande t.o.v. alle werks en persoonlike uitgawes, asook `n motorvoertuig besit. Om verder te vorder in die bedryf en te kwalifiseer as `n Agent in eie reg, moet hy/sy `n SAQA tersiere NQF 4 & NQF 4 PDE eksamen slaag. Agente wat `n Prinsipaal status wil nastreef moet ook `n verdere NQF 5 tersiere kwalifikasie bekom, Indien jy vandag net uit matriek is , sal jy `n Eiendoms Loopbaan wil volg. Ek twyfel sterk. Los dit eerder maar vir die ouer geslag.

JOHANN cLAASSEN ·

Gert, Zuzu, Rhino, Jurie, julle mis duidelik die punt. Lees weer die artikel, dit gaan oor gedwonge transformasie om die kleurskakkering met wetgewing demografies “reg te stel”, en nie oor agentekommissie en dat “agente moord wil pleeg nie”, en laasgenoemde grens ook aan laster . Dit se ook duidelik in die artikel gedwonge wetgewing is nie die oplossing nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.