Wetgewing moet verander om geslagsgeweld te takel – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Daar is geen plek vir geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika nie en wetgewing moet verander om hierdie sogenaamde tweede pandemie te pak.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag gesê tydens die aanvang van die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Die Suid-Afrikaanse vlag sal vyf dae lank halfstok hang ter gedagtenis aan mense wat dood is weens Covid-19 of geslagsgebaseerde geweld.

Ramaphosa het gesê hoewel Suid-Afrika die “progressiefste grondwet het wat gelykheid en waardigheid vir almal verseker,” leef die land se vroue en kinders elke dag in vrees.

“Hoe lank moet dit aanhou? Hoe lank moet ons nog sê ‘genoeg is genoeg’ en dan maar net so voortgaan? Dit kan eenvoudig nie aangaan nie.”

Die president sê die Wysigingswetsontwerp op Gesinsgeweld wat na verwagting vroeg volgende jaar in die parlement sal dien, is noodsaaklik vir inwerkingstelling van die nasionale strategiese plan.

Die regering het in aanloop tot vanjaar se veldtog ’n nasionale gesprek met verskeie belanghebbendes gevoer oor die stand van geslagsgeweld in Suid-Afrika en hoewel daar baie was waaroor saamgestem kon word, staan dit soos ʼn paal bo water dat die regte van vroue en kinders onvervreembaar is en dat dit gehandhaaf en toegepas moet word.

Die stryd teen geslagsgeweld is “terselfdertyd eenvoudig en uiters ingewikkeld,” maar dit is werklik só eenvoudig soos mans se verbintenis daartoe om “nooit weer ʼn vrou of kind leed aan te doen nie,” het die president gesê.

Volgens Ramaphosa was daar reeds vooruitgang in die stryd teen geslagsgeweld danksy die riglyne in die nasionale strategiese plan. Dit sluit in die versorging van en steun aan slagoffers; opvoeding en voorkoming; die verbetering van wetlike en beleidsraamwerke; die versterking van die strafregstelsel en die ekonomiese bemagtiging van vroue.

Die totstandkoming van meer howe vir seksuele misdrywe sowel as beter finansiering, beter plekke van veiligheid en fokus op agterstande in hofsake geniet ook aandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

koos10 ·

CR, vergeet van wetgewing, daar is genoeg op die boeke, MAAR jou probleem is dat jy die SAPS en andere se hande so baie gebind het dat hulle amper niks meer kan doen nie, en dan het our people geen respek vir die wette en die SAPS nie. Dis waar jy moet begin, MAAR dit is ook die moeilikste deel. Om wette te maak is baie makliker as on mense te verander.

Kokerboom ·

Mnr Ramaphosa maak ook die totale omvorming van die sosio-ekonomiese verval in die land ‘n prioriteit asook stimulering van ekonomie. Laasgenoemde NIE volgens Marxistiese/Sosialitiese lyne asb!!!Dis die kern van AL ons probleme!!

Akhenatha ·

Wanneer word PLAASMOORDE prioriteit? Die antwoord is maklik. Geslagsgebaseerde geweld is hoofsaaklik teen swart mense, Plaasmoorde is hoofsaaklik teen blankes. Duisende meer mense is dood deur plaasmoorde, maar dit bly lae prioriteit.

Nette ·

Mnr die president, word wakker en ruik die koffie. Daar moet GEEN plek vir ENIGE geweld, moord en verkragting wees in Suid Afrika nie! Hoekom moet enige mens in vrees lewe in sy eie land? Hoekom moet mens oor jou skouer kyk as jy in ‘n winkelsentrum rondloop, of agter slot en grendel in jou eie huis leef? Dit is so onregverdig om ons kinders groot te maak om altyd op die uitkyk te wees vir GEVAAR, hoekom kan hulle nie net kinders wees nie? Maar vandat human rights so belangrike aspek geword het van ons samelewing, baljaar die skuim van die aarde in Suid Afrika, want waar’s dit lekker? Hier is dit lekker…

Genis ·

So praat die Sosialistiese Kommunis… Jy en jou ANC is uit julle diepte uit… Jy CR het net jou eie belange op die mou…

Estelle ·

Cyril jy en Malema het mekaar dan in die parlement beskuldig van geslagsgebaseerde geweld. Die een het die ander beskukdig dat hy sy vrou slaan (jou eks wat dood is het jou blykbaar by Malema verkla). Ek weet nie of dit die waarheid is nie, maar ek dink daaraan elke keer as jy praat van geslagsgebaseerde geweld!!! Hoe se die Engelsman – “practise what you preach.”

JohanR ·

Agh nee praat ou Cyril alweer…..ons sal sigarette verkoop, ons sal nie sigarette verkoop, ons sal sigarette verkoop – ne wag hy het dit nie gese nie, net sy bek gehou! #VoertsakCyril!

Pappa Beer ·

Gister het ramamparra gese dat die geweld en brandstigtin van trokke nie meer gedult sal word nie, nou het hy weer sy bek oop oor geslags geweld wat n prioriteit is. Wat van jy kry jou gat in rat en prioritiseer plaasmoorde, en jou terroris jellybaby malema? Dis als n poppe spel en die landsburgers word aan die neus gelei terwyl al die grootbekke in die verskoning van n demokratiese regering net hulle eie beuls blaas. Pateties se ek jou!

Derek ·

Opvoeding is die antwoord, nie wette nie. Iets wat die ANC nie ken nie deur die voorbeeld wat die leiers stel, hulle volgelinge volg maar net hul voorbeeld, die misdaad in SA bevestig my opinie, want die Waarheid ontbreek.

PH ·

CR, jy sal NOOIT mense se morele standaarde verander met wetgewing nie. Julle, anc is te behep met julle wetgewing wat glo dit sal als regmaak.

Jakes ·

Wat kan nuwe wetgewing nou eintlik doen om hierdie geweldige epidemie van geweld te stop? Hierdie probleem is vir baie dekades al met ons. Opvoeding van kleins af om respek vir mense en hul lewens te he is die oplossing en ongelukkig vind dit nie plaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.