Wetgewing voorgestel om skuldverlening moeiliker te maak

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Maklike skuldverlening is steeds die ondergang van baie mense in Suid-Afrika en die VF Plus is ten gunste daarvan om roekelose skuldverlening kort te vat en om ʼn helpende hand uit te steek na mense wat reeds in die maalkolk van skuld beland het

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê gegewe die hoë vlak van skuld in Suid-Afrika en die feit dat lenings toenemend roekeloos toegestaan word, steun die VF Plus die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid se inisiatief om ʼn wysigingswetsontwerp te skep om die Nasionale Kredietwet aan te suiwer deur kwessies wat tans nie deur die Wet hanteer word nie, aan te spreek.

Hy sê die doel hiervan is in ʼn neutedop om maatreëls rakende skuldberading te verskerp, om onder sekere omstandighede skuldenaars se inligting van ʼn sogenaamde swartlys te laat verwyder, om agentskappe te skep om as skudbemiddelaars op te tree en om seker te maak dat skuld wat verjaar het (ouer is as drie jaar) onder geen omstandighede ingevorder mag word nie.

“Daar moet verstaan word dat hierdie proses slegs ʼn pleister op die sweer plak. Die uiteindelike oplossing vir die probleem van mense met skuld is om seker te maak dat sterk ekonomiese groei plaasvind wat werk skep,” het hy bygevoeg. “Die gebeur tans nie onder die ANC-regering nie. Ekonomiese groei moet altyd die sentrale fokus bly terwyl hierdie proses as ʼn sydelingse bydrae beskou kan word om die skuldprobleem op te los.”

Alberts het gesê sover dit die kredietverleners aanbetref, insluitend die banke, moet dit benadruk word dat hulle ook ʼn verantwoordelikheid het om nie toe te laat dat slegte skuld sodanig groei dat dit die ekonomie beskadig nie.

“Mense in skuld is weerbaar en ons moet hulle beskerm. Dit beteken ook dat daar daadwerklike stappe gedoen moet word om te verhinder dat bates onder markwaarde in eksekusie-veilings verkoop word wat ʼn skuldenaar los met geen bates nie, maar wel oorblywende skuld. Dit is ʼn praktyk wat gereeld plaasvind en die VF Plus sal poog om deur middel van die wysigingswetsontwerp ʼn einde daaraan te bring.

“Die VF Plus sal daarom in die wetgewende proses in die komitee deelneem om seker te maak daar sal ‘n gebalanseerde benadering gevolg word tussen kredietgewers en –leners,” sê adv. Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

snoefie ·

moeilike tye waarin ons lewe met wetlrkloosheid wat hoogty voer. how moeilik dit ook al is, koop kontant of bly daar sonder. “payday” is almal kaatjie van die baan en maandag gaan sit ons you by die bank vir wentel krediet.

Eish!! ·

En daar is my drome van my EIE Nkandla ook daarmee heen, eish!!

Koos ·

Voordat gekyk word na skuld, kyk eerder na voedsel pryse, winkels floreer, mense moet noodgedwone skuld maak om Kos te koop. Soek die oorsaak en los Dan die probleem op

Cara ·

Dis n goeie ding. Ekt al baie gelees van mense wie se huise onder die markprys verkoop word en hul nog steeds in skuld is, want die banke verkoop die huise net om die huidige agterstallige skuld te dek en dan sit die mense nog steeds met n enorme bdrag skuld en hul is hul huis kwyt. so, ja as dit die mense in sulke situasies kan help, hoekom nie. En partykeer is dit eenvoudig net moeilik om skuld te betaal veral as daar ewe skielik net een inkomste is.

Cara ·

Nog n punt is, daar is so baie mense huidiglik wat ook nie weet dat as die skuld 3 jaar of ouer is, dan het dit verjaar in engels “prescribed”en hul hoef dit nie te betaal nie. Maar die skuldeisers dring daarop aan en laat hierdie mense n document teken om te se hul weet van die skuld en hul sal dit afbetaal. na n paar maande kom hul en veil die mense se bates op want die person het die skuld erken en belowe om te betaal,maar het nie die geld om dit regtig te betaal nie.

Peet ·

Iers is daar groot fout in die handel. Hoekom kan n winkel groep n koffie met n geel plakker om die blik vir R69 -99 per blik verkoop terwyl die winkels met pienk en swart in hul advertensie blad, wat ook kruideniers verkoop dit teen ongeveer R82-00 per blik verkoop.Word ons nie uitgebuit nie ?

John ·

Winkeliers is erg skuldig daaraan om aan mense wie se oe groter as hul bankrekenings is die duurste yskaste of sitkamerstelle te verkwansel welwetende dat hulle dit nie enduit sal kan betaal nie. Hierna drink net die kopers hoofpynpille. Duur huise is veral ‘n probleem. Die eiendomskonsultante wat dadelik na oordrag hul volle kommissie kry, bevorder ‘n groot euwel. Laasgenoemde is ‘n kwessie wat aandag moet kry want uiteindelik verloor die koper groot sodra hy opskop en banke sit met die ongebakte pere van die konsuldore.

Wiebo ·

My kind is al uit die skool, en ek kry n oproep van prokureurs in Pretoria, dat ek skoolgeld skuld vir Laerskool Queenswood. Na al die jare, geen rekening of oproep OOIT gekry nie. Die eerste wat ek van die “skuld” hoor, was die oproep van die prokureur. Sleg van die skool om my nooit eers te gekontak het nie! Is hier miskien iemand wat vir my kan se wat my regte is in die saak?. Baie dankie.

Wiebo ·

Kan iemand, of Maroela media vir my asseblief se of skuld werklik “verjaar” na hoeveel jaar, en kan prokureurs wat die skuld “koop” van n instansie wettiglik dwing dat die geld terugbetaal moet word? Baie dankie.

Jaco ·

Daars sin in om skuldverlening nog moeiliker te maak maar dit strem ook die ekonomie. Mense kan nie huise koop nie en besighede kry nie uitgebrei nie.

Rina ·

Ek verstaan die punt van skuld wat verjaar na 3 jaar maar sekere Prokureurs steur hul nie aan dit nie Hul lè beslag op meubels en basta wil nie eers dit wat jy dan aanbied om te betaal aanvaar nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.