Wetsontwerp aanvaar wat haatspraak, haatmisdaad kriminaliseer

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse kabinet het Donderdag aangekondig dat hy ʼn wetsontwerp goedgekeur het wat haatmisdade en haatspraak sal kriminaliseer.

Die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdaad en Haatspraak sal nou na die parlement gestuur word vir finale verwerking.

John Jeffery, die adjunkminister van justisie, sê dié besluit is gemaak omdat voorvalle van rassisme en rassediskriminasie te veel in Suid-Afrika voorkom. “Ons is vol vertroue dat die wetsontwerp, wanneer dit finaal goedgekeur is, sal bydra tot die bekamping van rassisme en alle vorme van diskriminasie in ons land,” sê hy.

Jeffery het ontken dat die proses om dié wetsontwerp vir goedkeuring voor te lê, vertraag is. “Niemand kan stry dat die wetsontwerp uiters kompleks en sensitief is nie. Dit het noukeurige oorweging gevat wat op sy beurt tyd vat.”

Hy sê die oorspronklike wetsontwerp het meer as 75 845 reaksies uitgelok en dat al dié reaksies en bekommernisse, ook dié wat laat ingedien is, in ag geneem is. Volgens hom is die wetsontwerp na dié proses eers aangepas.

Jeffery sê die kriteria vir iets om as haatspraak gedefinieer te word, is onder meer “aansienlik verander”.

“Die kwalifiserende kriteria vir haatspraak is ʼn duidelike voorneme om skade te berokken of aan te moedig, te bevorder en te versprei op grond van ouderdom, albinisme, geboorte, kleur, kultuur, gestremdheid, etniese of sosiale oorsprong, geslagsidentiteit, MIV-status, taal, nasionaliteit, immigrant- of vlugtelingstatus, ras, godsdiens of geslag – wat seksuele oriëntasie insluit,” sê hy.

Die hersiene wetsontwerp sluit alles uit wat gedoen is in die naam van bona fide artistieke kreatiwiteit, enige ander vorm van uitdrukking, akademiese of wetenskaplike ondersoek of regverdige en akkurate verslagdoening of kommentaar in die openbare belang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ebrn ·

Sal die eetgewing ook op Zuma en Malema van van toepassing wees?

Groottrek2 ·

Die wet is om ons erg te begin teiken, daarom is dit tyd om te vlug in massas. Ons moet ander lande se hulp vra om ons in te neem, die situasie het nou so versleg met haatspraak deur EFF en ANC dat ons nou sal kan assuul kry in ander lande. Ons moet dit doen voor dit te laat is, ons moet vlug terwyl ons nog kan!

Casper Labuschagne ·

@Ebrn as jy nie vooraf al die antwoord op daardie vraag geweet het nie, het jy nooit die vraag in die eerste plek gevra nie. Kom ek stel dit so, daardie vraag sou nooit gevra word in ‘n land waar die wet gelykmatig toegepas word sonder om spesifieke minderhede met ‘n abnormale ywer te vervolg en besondere swaar strawwe op oortreders spesifiek vanuit daardie minderheid toe te lê nie.

Allan Sinclair ·

Die ontwerp is goed so. Maar soos altyd moet die wet gelyk toegepas word. Kan sommige politisie weg kom met enige uitsprake en liedjies. No one is above the law or are ” some more equal than others”

Laasgenoemde ·

Dis slegs vir selektiewe diskriminasie. Ons sal moet of onderhandel vir selfbeskikking, of emmigreer, die land gaan ons nou amptelik begin uithaal. Ons kan nie meer saam met die ANC leef nie, hulle begin nou massamrde teenoor ons fasiliteer en daarom het ons nou dringend rede om of te vlug of af te stig.

Magda ·

SELFBESKIKKING MENSE – ONS MOET VEG DAARVOOR.
Daar is soveel lande oorsee wat dit suksesvol doen – Amerika is een byvoorbeeld.

Andre ·

Met Jefferey aan die voorpunt hier, wonder ek of hierdie wet op alle bevolkingsgroepe van toepassing gaan wees? Die antwoord is voor die hand liggend.

Milan ·

Indien hulle die wet konsekwent gaan toepas, gaan Julius Malema die eerste een wees wat vervolg gaan word.

Oom Kalahari ·

Hierdie wetgewing word sterk gedryf as ‘n goeie begin punt om ‘n sekere groep te kan “target”. As dit so van belang was en vir MRK, waarom is sekere mense nog nie in proses vervolg nie van Studente leiers tot politieke verteenwoordigers. Ja Mnr Jeffrey as lid van die ANC sal ons verstaan wat u dryfkrag agter die wetsontwerp mag wees.

Konsekwent ·

Ek wonder…kom dit nie neer op diskriminasie as jy agv regstellende aksie nie vir keuring, ‘n pos of bevordering in ag geneem word as jy wit is nie? Seker weer net van toepassing op die voorheen benadeeldes. Sal graag die regskenners se opinies wil hoor.

PJC ·

Hier kom baie groot moeilikheid. Mense gaan onwetend hulself in die tronk laat beland omdat hulle die wetgewing gaan verstaan nie. Met die dubbele standaarde wat tans geld gaan dit in elk geval net wittes wees wat vervolg gaan word.

Willem ·

Dis uiters skokkend hoe min teenstand daar teen hierdie wetgewing was en is. Vrye spraak is veel belangriker as ‘n paar seergemaakte gevoelentjies (ongeag wie sn). Maar dis oukei. Ons sal maar net daaroor kla wanneer dit teen ons gebruik word. Intussen vee ons maar al die gevoelens onder die mat in, en hou die haat veilig in ons harte aan die brand. Dis mos hoe mens dit uitwerk.

Lizette ·

Gaan seker politieke leiers uisluit. Ek sal nie baie verbaas wees as dit bewoord word om EFF te beskerm nie.

Magda ·

Ons weet dat sekere mense above the law is. Die vorige PRESEIDENTE het selfs die haat kreet teen wittes geuiter. Ons moet aandring en baklei op selfbeskikking. Gaan kyk asb Volksraads Verkiesings Kommissie (VVK), sluit aan dat ons kan saamstaan julle!

John Samuel ·

Sjo, 75 ‘845 reaksies in n land van 68 ‘000 ‘000 ‘000 is voorwaar verteenwoordigend…

AJ ·

Die wet is gemik op Witmense! Doelbewus dubbelsinnig opgestel om die ‘wit paddatjies’ in die pot te hou terwyl die vuur gestook word. Dit gaan uitloop op ‘n heksejag op Wittes en uiteindelik op etniese suiwering!

Kyk bv. wat het met die Kulakke gebeur in Rusland!

The word kulak originally referred to independent farmers in the Russian Empire who emerged from the peasantry and became wealthy following the Stolypin reform, which began in 1906. The label of kulak was broadened in 1918 to include any peasant who resisted handing over their grain to detachments from Moscow.[1] During 1929–1933, Joseph Stalin’s leadership of the total campaign to collectivize the peasantry meant that “peasants with a couple of cows or five or six acres more than their neighbors” were labeled “kulaks”.[2]

According to the political theory of Marxism–Leninism of the early 20th century, the kulaks were class enemies of the poorer peasants.[3] Vladimir Lenin described them as “bloodsuckers, vampires, plunderers of the people and profiteers, who fatten on famine”.[4][5] Marxism–Leninism had intended a revolution to liberate poor peasants and farm laborers alongside the proletariat (urban and industrial workers). In addition, the planned economy of Soviet Bolshevism required the collectivisation of farms and land to allow industrialisation or conversion to large-scale agricultural production. In practice, government officials violently seized kulak farms and killed resisters[3][6] while others were deported to labor camps.

Janet ·

Net so! Wanneer, d.m.v breinspoeling deur media of andersins, die oortuiging by die bevolking vasgelê is dat ‘n sekere bevolkingsgroep vyande van die staat en die res van die bevolkings is, word uitwissing van die spesifieke groep nie meer gesien as ‘n kriminele oortreding nie.

Johan ·

Mens sal elke woord van die kwalifiserende kriteria moet definieer, soos is haat spraak enigiets op skrif ook (neem so aan), wat is “duidelike voorneme”?, wat word bedoel met skade (fisies, sielkundig ens?), wat bedoel “berokken”, “bevorder”, “aan te moedig”, “versprei”??? Sal dit geld vir wetgewing wat klaar op die boeke is wat skade berokken aan minderhede se toekoms op grond van kleur en ras

Gerhard ·

En as hulle klaar is dan word die interpretasie van die wet deur howe so toegepas dat die blanke altyd skuldig is en die nie blanke in baie gevalle niks oorkom nie, net soos nou. Die hoof verskil is nou gaan jy tronk toe waar jy voorheen ‘n boete sou kry. Lekker paddabredie ;-)

Ons sal sien ·

Ek wonder of dit op LP’s ook van toepassing gaan wees? Want dan gaan Julius heel bo op die lysie verskyn…

Carl ·

Hierdie sg “Haatspraak” wetgewing word nou oral in die Weste gebruik om die Vryheid van Spraak beginsel te omseil wat in die onderskeie Konstitusies vervat word. Die konstante aanval deur die sg. Liberaliste, Sosialiste, Antifa en Demokrate in die VSA op die “Second Ammendment” en die Kanadees, Lauren Southern se verbanning uit die VK uit, kom in my gedagtes op.
Wat word van Westerse demokrasie? Is die wetgewing nie ondergeskik aan die Konstitusionele wetgewing nie?

Sak ·

Presies!! Dis waaroor dit gaan. Uitwissing van vreiheid van spraak, vreiheid van assosiasie ens. Volkome onderdrukking van die waarheid wat die liberalis ongemaklik laat voel is die doelwit.

Annette Groenewald ·

Hoop dit geld vir die swart mense se rassisme ook!

marous ·

Wetgewing beteken niks as dit nie sonder vooroordeel toegepas kan word nie.

bgj van der westhuizen ·

dit sal seker net weer van toepasing op die wit mense wees wand die ander kan moes nie so wees nie kan se wat hulle wil en nou sal dit nog erker gaan wand jy moet betaal en gaan tronk toe dit beteken die boer is skuld en kan nie verder boer nie en diestaat wat die plaas en as hulle betaal vir dit sal dit min wees en kyk die volgende wet gaan wees as jy nie boer op die plaas nie sal die staat beslag le op dit en as die boer in die tronk is kan hy nie meer boer nie ander skelm trik van die anc regering

Selfbeskikking ·

Hierdie wet is slegs n wapen om ons verder te vernietig, as ons ons reg tot bestaan wil uitoefen het ons regtig geen ander keuse om nou te fokus op selfbeskikkingsgesprekke nie.

Gys ·

Alle selfone kan video en klank opneem. Voor jy iets vir iemand se record alles.

Anoniem ·

Dit wil voorkom asof haatspraak nou beteken dat jy nie jou mond vir enige rede, behalwe vir eet mag oopmaak nie.

Casper Labuschagne ·

Dit sal effektief die einde van vryheid van spraak beteken in SA. Bewys dat wat jy gesê het waar is, is nie ‘n verdediging nie – dus as ek sou sê, “die swart meerderheid teiken die wit minderheid vir vergelding” en iemand verkla my vir hierdie stelling, kan ek nie dokumentêre bewyse gebruik om die stelling te staaf nie. Bogenoemde stelling sal moontlik kwalifiseer want ek stel die swart teen wit rasse teen mekaar op (wat polarisasie en rasseverdeling aanhits) en ek maak ook die stelling dat die een groep die ander op ‘n haatsugtige wyse benadeel wat verdere aanhitsing is. ‘n Lang tronkstraf sal die noodwendige gevolg hiervan wees.

Ek sal uiters verbaas wees as die wet ooit teen Julius Malema gebruik sal word, en sou hy ooit hiervoor tronkstraf kry sal dit ‘n puik verkiesingsstrategie vir die EFF wees.

Daar sal ook geen manier wees waarop Maroela Media hierdie gespreksforum vorentoe sal kan toelaat sonder om uiteindelik self vervolg te word vir die kommentaar hierin nie.

MICHELLE ·

NOW JULIUS CAN ANSWER IN COURT FOR ALL THE THINGS HE HAS SAID ABOUT THE WHITE PEOPLE!!!!!!! ITS TIME HE APOLOGIZES AND MEANS IT. JULIUS CAN SAY WHAT EVER HE WANTS ABOUT US WHITE FOLK, AND THE MOMENT A WHITE PERSON SAYS SOMETHING , THEY ARE RACIST OR GET DRAGGED TO COURT, THIS CAN COME TO AN END NOW…

Pasop ·

En net Blankes gaan vervolg word soos Penny Sparrow en Kie. Die swart haatsprekers gaan niks oorkom nie, ook nie die swart rassiste en EFF en Malema nie, dit gaan NET die blankes wees wat waag om te se iemand is swart of lyk soos iets of tree op soos iets anders .. NET VIR BLANKES . pasop!

Vergis ek my? ·

Akkurate kommentaar in openbare belang uitgesluit…….DIS DIE GROOT GEVAAR ……want nou kan die regering enige stelling maak wat volgens hulle beleid en siening (komunnistiese siening) sogenaamd akkuraat is in belang van die openbaar,,,,soos bv…… die feit dat Afrikaner witmense die meeste bewerkbare landbou grond besit veroorsaak rassespanning en chaos in die land daarom moet hulle onteien word sonder vergoeding…..dis volgens ANC beleid……… en enigiemand wat daarteen beswaar maak is skuldig aan rassisme en gaan ‘verwyder word’.

Hennie ·

Malema se uitlatings sal seker as bona fide artistieke kreatiwiteit geklasifiseer word.

White Rhino ·

Geen geloofwaardigheid nie.
Een van die dae is ons baie minder in S A dan gaan hulle ver moet soek vir rassisme – onder hulle bed dan maar vee.

antonie ·

hier is nou n goeie rede om glad nie meer of oor n anderskleurige te praat nie, een van die dae gaan dit n ‘crime’ wees net om te se: ‘ek hou nie van hulle nie’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.