Wetsontwerp oor billike indiensneming gaan ekonomie ‘wurg’

(Argieffoto)

Die DA sê die Wysigingswetsontwerp op Diensbillikheid wat Maandag in die Staatskoerant aangekondig is, gaan Suid-Afrika se reeds sukkelende ekonomie in ʼn wurggreep beetkry.

Volgens die DA is die ANC met dié wetgewing – wat transformasie in die land moet bespoedig – besig om “demografiese verteenwoordiging onverbiddelik te probeer najaag”.

Die wysigingswetsontwerp is verlede jaar uitgereik en stel numeriese sektor-spesifieke indiensnemingsteikens om diegene wat steeds onderverteenwoordig in die werkplek is – swart mense, vroue en diegene met gestremdhede – in diens te neem.

Dit stel onder meer ook ʼn gelyke indiensnemingsertifikaat as voorvereiste vir die toeken van staatstenders.

As die parlement die wetsontwerp goedkeur, kan dit verreikende gevolge vir sakeondernemings hê omdat hul gelyke indiensnemingsplanne beduidend aangepas sal moet word.

Dr. Michael Cardo, die DA se woordvoerder oor arbeid en indiensneming, sê die DA gaan die wetsontwerp met mening teenstaan.

“Die voorgestelde wysigings bemagtig die minister van arbeid en indiensneming om numeriese gelyke indiensnemingsteikens vir enige nasionale ekonomiese sektor te stel. Die gee aan die minister ʼn mate van dwingende rassebeheer wat heeltemal onversoenbaar is met die beginsels van ʼn markgegronde ekonomie.”

Cardo sê dit is nie die minister se plek om dié voorafbepaalde syfers in werkgewers se kele af te druk nie.

Volgens hom moet die regering eerder daarop konsentreer om die poel vaardige swart beroepslui te vergroot en ʼn stelsel van bevordering in die werkplek in werking te stel.

“Die ekonomie steier reeds onder ʼn dekade van ANC-korrupsie, onsamehangende beleid en fiskale wanbestuur. Covid-19 het die las vererger en drie miljoen mense het tussen Februarie en April hul werk verloor.

“Die Wetsontwerp op Diensbillikheid gaan ekonomiese groei verder strem en die arbeidsmark versmoor. Dit is ʼn dodelike stuk maatskaplike ingenieurswese en die DA gaan dit met mag en mening teenstaan.”

Die vakbond Solidariteit sê hy ondersteun alle maatreëls wat diskriminasie uitwis en billike verteenwoordiging daarstel, maar dat sulke maatreëls nie irrasioneel mag wees of naakte vooroordeel mag bewerkstellig nie.

Die vakbond sê die voorgestelde wetgewing moet opgeweeg word teen die Grondwet en internasionale wetgewing en dat die voorgestelde wysigings boonop strydig is met aanbevelings wat die Menseregtekommissie in sy Gelykheidsverslag gedoen het.

Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregdienste by Solidariteit, sê die voorstelle word grondwetlik betwis. Volgens die vakbond gaan die daarstel van spesifieke korttermyn- en mediumtermyndoelwitte vir werkgewers onder meer lei tot die reservering van poste en ʼn ongenaakbare aanslag tot regstellende aksie.

“Ons sê dit is onregmatig en druis in teen internasionale beginsels. Dit is ook duidelik dat die howe van mening is dat regstellende aksie genuanseerd moet plaasvind. Daar moet ʼn balans tussen verskillende belange getref word,” het Van der Bijl gesê.

Hy het gesê die wysigings verskuif die verpligting oor regstellende aksie en tot watter mate dit plaasvind, van die werkgewer na die minister.

“Om al die mag aan die minister te gee is uiters onbillik en in sommige gevalle gaan dit nie prakties uitvoerbaar kan wees nie. Die wetgewing kan tot ʼn onderneming se ondergang lei.”

Openbare insette moet nog oor die voorgestelde wysigings gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mariana ·

Wanneer het die regering in die laaste 25 jr rasionele besluite geneem. Kyk maar net om jou rond en sien die resultate van hul besluite.

JohanR ·

Was dit nog nie altyd die ANC plan nie? 97% swartes sal ‘n lekker werk he, en 3% wittes sal net ‘n werk he? Hoop die 97% swartes betaal hulle belasting. Workers and company tax = revenue available to the government of the day. Op die oomblik kom daar lekker belasting van wittes af.

Anel ·

So diie minister gaan sê wie jy mag en wie jy nie mag in diens neem nie. Wil hy nie maar sommer alles oirvat nie. Begin besighede en stel dan werkers aan. Kyk hoe vêr gaan hy kom. Dis pleinweg komunisme. Dat mense dit nog nie sien nie…..!!!!

Bennie ·

Mense sien dit maar wat doen ons daaromtrent? Wat kan ons doen? Voorstelle? Blankes is 4,4 miljoen van ‘n bevolking van amper 60 miljoen. Ons het nie baie opsies nie. Ons het alles verkoop en die winkel is bankrot.

Althes ·

Volgens die nuurste bevolkingspeiling is daar reeds 48 miljoen SA’ners swart. Dit is ñ geweldige hoë populasiesyfer vir een ras. Dis onmoontlik om ‘billike’ indiensneming in besighede se kele af te druk met so ñ enorme syfer.
Is 48 miljoen dan nie in staat om self besighede op die been te bring nie?
As gevolg van oorpopulasie het hul hul eie vyand geword om welvaart te skep.
Die ANC se siening is absurd en belaglik.

Pieter ·

Wat se ekonomie die komuniste weet nie wat daai woord beteken nie

PieterP ·

Daar is geen billike of gelyke indiensnemingspraktyke as julle my wil voorskryf wie om aan te stel nie. Druk julle staatstenders waar die son nie skyn nie. Ek werk self met my spierwit blanke span en iemand sal my vertel nie!!!

Bennie ·

Ek is van mening dat onredelikheid eenvoudig geignoreer moet word. Geen reel of wet wat teen common sense indruis sal bly staan teen gesonde denke nie.

Pieter ·

Dit is nou die tyd om van sekere mense ontslae te raak. Die ANC kan vir hulle werk gee. As ek hulle nie meer kan bekostig nie dan is dit so niks wat die regering kan doen nie.

Bennie ·

Die honger massas gaan jou en apartheid die skuld gee Pieter…..

Kokerboom ·

Die son het gesak vir ANC. Blankes moet nou na hulself kyk. Vergeet van staatstenders

Johannes Andries ·

Die minister en Sy wetwysigings is net weer ‘n erkenning en bewys dat Swart mense, met al die geleenthede tot hulle beskikking, niks self kan vermag nie. Hulle wil bloot maar net met hulle gesindheid van ” we demand” “of ons brand af” hul self verryk. In my oe is daar weinig verskil tussen die beleid en diefstal. Met Sy en die anc regering se korrupsie beleid en gebrek aan insig besef hulle nie dat hulle die land en ekonomie vernietig.
Dit is al waarmee hulle sukses vol is

Christo ·

Ons moet organiseer, mekaar werklik ondersteun en niks positiefs verwag van die regering nie.

Jack ·

Hierdie is n kommunistiese land en ek kan nie verstaan hoekom niemand behalwe die anc dit raaksien en dit verder dryf nie. Ons het reeds die Poliburo as regering in plek en dit sal net verder die wit mense benadeel. Hulle wil die witman se spoor uitvee en ons verjaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.