Wetsontwerp oor haatspraak ingedien

Argieffoto

Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling het Woensdag ʼn wetsontwerp oor haatspraak by die parlement ingedien om die proses te versnel om haatmisdade en haatspraak strafregtelik te kan vervolg.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het gehoor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak wil die toenemende getal voorvalle, wat deur bevooroordeling gemotiveer word, aanspreek. Die wetsontwerp het ten doel om persone by te staan wat in die vorm van haatmisdaad en haatspraak die slagoffers is van dié misdade, het Mathole Motshekga, voorsitter van die komitee, gesê.

Motshekga het gesê die wetsontwerp stel maatreëls in plek om dié misdade te voorkom en te bestry.

Hy het bygevoeg die komitee is bewus van die dringendheid van die saak, maar LP’s sal eers die saak vir verder duidelikheid ondersoek voor daar op ʼn pad vorentoe besluit word.

Die wetsontwerp bepaal dit is ʼn haatmisdaad as ʼn persoon enige misdaad pleeg wat gemotiveer is deur bevooroordeling of onverdraagsaamheid gebaseer op ʼn karaktertrek van die slagoffer.

Enige persoon wat enigiets doelbewus publiseer, verkondig of bevorder of aan een of meer persone kommunikeer op só manier dat dit duidelik ten doel gehad het om skadelik te wees, of wat haat aanhits, bevorder of verkondig, gebaseer op verskeie kategorieë in die wetsontwerp, sal onder die wetsontwerp as haatspraak beskou word. Dit sluit, onder meer, ras, geslag, MIV-status, taal, nasionaliteit, godsdiens, velkleur, albinisme, kultuur, ouderdom, etniese of maatskaplike oorsprong, gestremdheid en seksuele oriëntasie in.

Die wetsontwerp maak toegewings vir uitsluitings, soos vryheid van die media, vryheid om inligting oor te dra, vryheid van kuns en kreatiwiteit, akademiese vryheid en wetenskaplike navorsing.

Motshekga het gesê volgens die wetsontwerp sal ʼn hof ʼn persoon, wat skuldig bevind word aan haatmisdade, beboet of gevonnis kan word en selfs tronkstraf opgelê kan word, afhangende van die misdaad.

Wat betref haatspraak, maak die wetsontwerp voorsiening vir ʼn maksimum van driejaartronkstraf in die geval van die eerste oortreding, of ʼn boete of vyfjaartronkstraf in die geval van enige daaropvolgende skuldigbevinding, het Motshekga verduidelik. Hy het gesê die wetsontwerp maak nie voorsiening vir alternatiewe soos regstellende geregtigheid nie.

“Suid-Afrikaners sal tevrede wees met die wetsontwerp, veral in die lig van toenemende onverdraagsaamheid wat die land onlangs beleef het,” het hy bygevoeg.

Die kabinet het die wetsontwerp reeds in Maart goedgekeur.

Vicki Momberg is in Maart tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is. Dit kom nadat sy verlede jaar in November aan vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind is nadat sy ʼn swart polisiebeampte minstens 48 keer die k-woord toegesnou het. Tot dusver kon ʼn persoon slegs van crimen injuria skuldig bevind word indien hulle van rassisme of diskriminasie aangekla is.

Lees alle vorige berigte oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Erick ·

Ek is dood vir dié land en dié land is dood vir my. Hoop ek kan volgende jaar gaan.

Iemand ·

Ja sterkte met julle aansoeke, ek hoop jul kry plek elders. Ons kort nie mense wat dink dis OK as mense mekaar rasistiese en vernederende name toesnou nie.

Iemand ·

Wat julle duidelik miskyk is hoe die wet ook in jul voordeel kan wees, want dit gaan bepaal dat mense nie neerhalende kommentare mag maak tenoor julle geloof, ouderdom, seksuele orientasie of watookal anders nie…maar nou ja, party mense het ‘n bitter uitkyk op die lewe.

Chivago ·

Iemand – droom voort! Glo jy werklik dat hierdie wetgewing ‘n tweerigting straat gaan wees? Dit is uitsluitlik vir die Vicky Mombergs ensomeer bedoel.

Bokram ·

ja dis reg hardloop weg,moet net nie terugkom as dit beter gaan nie asb

Kaptein ·

@Iemand. Dit gaan hier eerder oor hoeveel mag jy vir ‘n kommunistiese regering gee. Dit gaan oor die ontneming van vryhede. Hierdie wet is maar een stukkie van die puzzle.

Casper Labuschagne ·

Enigeen wat nugter oor die toekoms van SA kan dink sal besef dat dit vorentoe bitter swaar sal gaan met die wit minderheid. Daarom moedig ek almal aan om die land te verlaat wat dit hoegenaamd kan doen. Maar belangriker nog, die wat agterbly gaan die finansiële bystand nodig hê van diegene in die buiteland. Of dit nou is om mediese voorraad te bekom, kos en bystand vir die wat die nodig het of selfs steun indien ‘n konflik sal plaasvind, sonder steun in dollars en ponde gaan die wat agterbly bitter moeilik kan oorleef.

Reguit ·

Duidelik ‘n “wet” (sic!) wat wittes gaan teiken en viktimiseer. Nóg méér rede vir witmense om daardie walglike hool vinniger te verlaat.

Iemand ·

Hoe kom jy daaraan? Hoekmo gaan dit witmense “viktimiseer”? Die wet sluit duidelik ook in dat iemand nie jou ras teen jou mag gebruik om jou in ‘n slegte lig te stel nie. Dit sou beteken dat as Zuma se seun iemand ‘n “wit hond” noem dat hy tyd in die tronk kan spandeer nes Viki Momberg, in stede daarvan om net ‘n boete te betaal. Die wet kan witmense ook beskerm as hul slagoffers is. Ons moet net onthou, daardie “k” woord moet uit ons woordeskat uit kom. Dit bring net pyn vir die persone wat dit moet aanhoor en moeilikheid vir die persoon wat dit spreek.

Kaptein ·

@Iemand – as jy enige vertroue het in die huidige ANC/regering om op standaard te presteer kort jy ‘n ernstige wake-up call.

Daan ·

O nee sekere mense is heeltemal te onstabiel vir sekere sake en werke. Geen balans. Nagmerrie.

Katerina ·

Wel dan is “Kill the Boer,Kill the Farmer” SEKERLIK ook nie meer toelaatbaar nie,reg?

Natus ·

Hierdie wet moes 24 jaar gelede al ingestel gewees het. Sal een van die beste wette wees wat ons land sal hê MITS dit op almal van toepassing gaan wees.
Dan sal die onlus opstokers begin mooi dink voor hulle hul groot monde uitspoel net om die massas aan te vlam.

Warrior ·

Daardie is ‘n droom .. as Vicky Momberg onder die huidige wette tronktoe gestuur word en NIE Malema nie … waar dink jy trek hulle die streep? GEEN AANHITSER tot geweld uit EFF en ANC geledere sal aangevat word nie, maar die FB warriors van die minderheidsgroepe sal vervolg en tronktoe gestuur word.

Koos de Meyer. ·

Dit moet net nie een rigting aanklagtes wees nie. Wat geld vir my geld ook vir vir al hierdie ander landsburgers wat vrylik haat spraak teenoor ons uiter en en aanhits. Dubbel standaarde op hierdie stadium is aan die orde van die dag.

TDW ·

So asof ons howe nie alreeds te veel sake het nie, of ons tronke oorvol is nie. Natuurlik is haat spraak in alle vorms veragtelik, maar hierdie wet sal net soos ander wette misbruik word. Die staat kan nie / moet nie vir andere sê hoe hulle mag voel of dink nie. As iemand nie van liquorice hou nie, kan jy hom nie maak dit eet nie.

Cherokee ·

Vicki Momberg se oortreding was maande voordat die besproke wet ter tafel gelê en goedgekeur is.

Iemand ·

Cherokee, selfs al sit ek en jy nie altyd aan dieselfde tafel nie, kry ek die idee dat jy een van die min mense op hierdie forum is wat reguit en logies kan dink en nie dat jou emosies met jou weghardloop nie.

Attie ·

so die tronke gaan vol mense wees wat mekaar sleg se en in die publiek rook want die moordenaars loop vry rond

Joe Olivier ·

Die ANC is supersleg in hoe hulle die land regeer, maar vir hul vermoë om rassehaat aan te wakker moet ek vir hulle volpunte gee.

Joh. 3:16 ·

Joe: Jy het sopas die wet oortree… 3 jaar of ‘n boete….

Msp ·

Kan werk as die wet vir alle rasse geld en nie net vir die blankes nie…

Vermeendes ·

Wette dien net as afskrik middel indien dit toegepas word, hou maar die rook wet voor as voorbeeld, elke jaar word die wet verskerp maar ek weet van niemand wat al vir die oortreding veroordeel is nie.
Ons almal weet waar hierdie wet sal eindig.

Dafer ·

Fg jy slaan die spyker op sy kop: Dit is slegs haatspraak indien jy dit in Afrikaans of Engels uitspreek!

JSG ·

Wat van Nederlands? Wie weet wat die Hollanders ‘n jong meisie noem?

Delia ·

JSG…. hoe lekker lag ek nou! ‘n Vriend van my het altyd met die grootste liefde sy dogter so genoem, en die Wallisers doen dit ook soms so vir ‘n jong meisie….

Rupert Ashford ·

Bevooroordeling? Hulle bedoel seker “bevoordeling”. Dit gaan ‘n baie beperkte demografie wees wat hoofsaaklik hiermee geteiken gaan word.

Riaan ·

So, Malema is dus eerste in die tou om aangekeer te word, korrek?

Donald ·

As long as it work both ways. Hopefully they won’t use this new law to discriminate against the lighter skin citizens.

Donald ·

Dit gaan net eenkant toe werk wees verseker. Die wet is nie daar gestel om van haat en haatspraak ontsla te raak nie maar om enige weerstand of publieke opstand te kelder. Die wet is net n tool om n wit opstand hok te slaan.

danie * ·

Did gan nie werk nie! Hoeveel onskuldiges gan nou nie toe gesluit word nie. Hulle haat ons witmense geweldig. Dit gan ook rasse haat vergroot in die land. Maar ek dink die het homself in die voet geskiet?

Jackie ·

Net nog n verskoning om nie volle aandag en vervolging aangaande plaasmoorde en alle ander moorde asook transito roofte…..duidelikword die pot in ons land misgesit. Hul moet ophou om tyd en geld te mors…..en aandag gee aan die belangrike goed wat ons land en ekonomie vernietig

Onder die klip ·

Ja Jackie. Daar is n gesegde wat baie vantoepassing is op NSA. “Most people (lees ANC en Liberale) see speaking the Truth as hate speech because they hate the truth” Onder die wet sal statstiek ivm plaasmoorde of komentaar daaroor ook HATE speech wees. Nie te praat om dit aan die buite wereld oor te dra nie. Agriform sal sumier aangekla word met die rooi brigade die regters

Peet van Breda ·

Haatspraak was en is steeds een van die regering se gereedskap stukke om minderheids groepe te ondermyn en om hul magsbasis te behou om die oningeligtes sodoende te beinvloed om vir hulle te stem. Die politiek verdeel die bevolking in wit en swart en regverdig so diskriminasie en apartheid deur onderskeid te maak tussen sogenaamde apartheid slagoffers en apartheid bevoorregtes. Blankes is steeds tweedehandse burgers wat nie gelyke regte geniet in die nuwe bedeling nie.

Natascha ·

Het nie n problem met dit, maar dan moet dit op almal en alkle rasse van toepassing wees.
Eerstens vir Malema, en sy trawante wat oop en bloot sing om die boere dood te maak. DIT IS HAATSPRAAK.

cobus rossouw ·

Die positiewe kant van hierdie wet is: “jy moet jou naaste liefhê soos jouself” en “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.” (Lev 19:18; Mat 7:12).

Die krisis is dat ons hierdie wet eers kan begin nakom as ons wedergebore is, want voor ons wedergeboorte “was ons onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.” (Tit 3:3).

Hierdie is die krisis van Suid Afrika. Vir so lank ons owerhede nie hierdie werklike krisis besef nie bly hulle “blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” (Mat 15:14).

Lekker dag

Wraak ·

O ja en soos ons almal weet gaan dit net op die MINORITIES van toepassing wees, nie op die ANC en hulle kaders en ondersteuners nie . ook nie die EFF en Malema en ander ministers en hoë profiel ouens nie .. Dit is geskryf om minderhede in die tronk te stop vir klein oortredings! SLEGS as MALEMA tronktoe gestuur word sal ek dink hulle is ernstig oor haatspraak.

Gert ·

Sal iemand net asb vir ons kan definieer wat is “regstellende geregtigheid?”

Napoleon ·

As jy wit is, is jy skuldig, al het die ander party gelieg, want as witman was jy ib elk geval in die verlede skuldig aan iets wat een van die ‘benadeeldes’ te na gekom het, so nou moet jy sommer boet vir al jou sondes.

Umo ·

Goeie vraag Gert. Sal ook graag daai definisie wil sien. Dialoog is van nou af dood.

Oppas ·

Wees maar versigtig dat jy nie uitgelok en getart word om jou humeur te verloor sodat die “onskuldige” slagoffer jou kan laat aankla om tronk toe te gaan nie.

V ·

Tipese Gestapo-fascistiese wetgewing. SA raak vinnig ‘n polisiestaat. Natuurlik is haatspraak verkeerd, maar hierdie wet se toegewings op Vryheid van spraak kan baie eensydig vertolk word. Is die huidige wetgewing nie effektief genoeg nie? Waarom hierdie een?

Reti ·

Sjoe! Dankie tog! Na al Malema se uitsprake gaan hy rukkie weg wees uit openbaar. Hoop nie vonnisse word gelyk uitgedien nie! ;)

jean ·

Sal dit nou net vir die een groep wees?……Mmmmm…my kop se ja

JoeV ·

Afrikaans is ‘n haatspraak-misdaad is dit nie? Geskiedenis is ‘n haatspraak-misdaad… gaan interesant wees om die minste te sê.

cobus rossouw ·

Die positiewe kant van hierdie wet is: “jy moet jou naaste liefhê soos jouself” en “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.” (Lev 19:18; Mat 7:12).

Die krisis is dat ons hierdie wet eers kan begin nakom as ons wedergebore is, want voor ons wedergeboorte “was ons onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.” (Tit 3:3).

Hierdie is die krisis van Suid Afrika. Vir so lank ons owerhede nie hierdie werklike krisis besef nie bly hulle “blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” (Mat 15:14).

Emily ·

Geld dit vie ALLE SUID AFRIKANERS OF word die wat Kill the Boer sing en die se makkers oor die hoof gesien.
Daar is al soveel teen en oor Ons gese en nie een van die ELITES sit in die tronk nie.

Sanette ·

Die wet is spesifiek gemik om wit mense te vervolg, want swart mense is moes nie rasiste nie. Dit is belaglik hoe die regering ontslae wil raak van die mens wat belasting en hulle salaris betaal. Die land is verby die punt van herstel, ek kry die jongmense baie jammer want hier is geen toekoms vir enige iemand behalwe die politikuste en hulle familie.

Judge Dredd ·

En die massas en liberale is tog so lief om enige kritiek of ander sienswyse as rasisme/fascisme te beskuldig.
Feit: Die ANC regering het misluk om suksesvol en vreedsame land tot stand te bring – rasse verhoudings is meer “apart” as enige tydperk sedert 1994 – hoofsaaklik deur die die ANC/EFF se houding teenoor wit mense – en wil nou wetgewing gebruik om hul eie foute weg te steek/kritiek stil te maak.

HONOURABLE MEMBER ·

Solank dit vir almal geld en daar nie net gewag word tot n blanke persoon iets verkeerd doen en dan n herrie losbars nie. Alle nasies moet hier dieselfde hanteer word.

Gerrit ·

Die mense wat in hulle denke en spraak ‘ekstreem links liberaal’ is wil hierdie wetsontwerp gebruik om vryheid van spraak te beperk. Dit gaan gebruik word om daardie persone wat nie met hulle saam stem stil te maak. Die naam Karl Marx kom nou ewe skielik op… En dan ook om ‘n stokkie te steek om te voorkom dat die WARE Evangelie verkondig word. Die algemene publiek sien hierdie wetsontwerp in die lig dat mense met ernstige rassistiese uitsprake (wat ander mense wil seer maak) twee keer moet dink en in daardie opsig lyk die beginsel van so ‘n wetsontwerp aanvaarbaar. Maar dit maak ook die deur oop om die Bybel te verklaar as “haat spraak” en te verklaar dat God (die God van Abraham, Isak en Jakob) dus ongewens vir die samelewing is. Pas op !!! Tyd om te bid !

Napoleon ·

Volgende is om Afrikaans tot haatspraak te verklaar, want dit gee aanstoot en herinner hulle aan apartheid

jakes ·

Wetgewing van hierdie aard weerspreek die reg van vryheid van spraak wat in die grondwet vervat word. Stadig maar seker verander die landswette om n sekere groepering te bevoordeel. Hierdie is die begin van die smarte.

Ray ·

My vrae is as volg

Is daar genoeg tronke?

Indien nie, kan ek die tender proses sien, wil graag ook deel wees van die werkskeppery, want ek glo die ding gaan in ‘n groot sirkus ontaard.

Ben ·

So, ons is nou ten volle Kommunisties? Vryheid van spraak waaroor die ANC so teen was in die apartheids era, word nou deur die ANC regering gewettig?

Henk ·

So, gaan dit ook betrekking he op haatspraak gelewer deur malema en kie?

A Kellerman ·

Iemand,is jy nie bewus van die oneweredige handtering van rassisme en haatspraak in SA nie?Afriforum het talle gevalle van haatspraak teenoor wittes uitgelig,waaraan niks van gekom het nie,t s v klagtes by die MRK.

Eric ·

Graag wil ek by voeg
Dat waneer enege persoon op enege vlak Afrikaans of enige ander taal proebeer aan val om watter rede ook al. DAN KOM DIT OOK OP HAATSPRAAK EN DAN MOET DAAR OP DIEGENE WAT ALLE AFRIKAANSE SKOLE ENGELS MEDUIM WIL MAAK MOET AAN GEKLA WORD EN DAN GRONDONEINING SONDER VERGOEDING IS IN MY OE OOK HAATSPRAAK WANEER IEMAND GEDWING WORD OM SY OF HAAR PLEK TE VERLAAT
JA SOMS IS DIT DIE GEVAL JY SKEP N WET WAT JOU VORENTOE SELF GAAN BENADEEL

Rynhardt ·

Wetsontwerp op haatspraak gaan nie werk nie.Vir 24jaar pas die Anc sy rassistiese wetgewing toe in die vorm van regstellende aksie/radikale transformasie en kwotas toe!DA en EFF ondersteun dit terwyl howe oor bogenoemde diskriminasie stilbly!!????Die nuwe wereldorde en sy bondgenoot,Engeland dryf hierdie aksies saam met sy drie Anc-partye vir jare al!Milner se neersiende beleid word nog steeds gevolg!Dit gaan daaroor om blankes te vernietig!My boodskap aan drie Anc-partye is:Ek weier om deur die lewe gebrandmerk te word as n kleur!!??????????????????

Penellope Jones ·

Sal dit vir Almal geld……..

En gaan daar ‘n polisie beampte beskikbaar gestel word vir elke liewe persoon om op te neem wat gese ens. word?

Hoe anders gaan die regering monitor wie wat gese het, waar, wanneer en hoekom . . . . .

Afrikaanse Knaap ·

‘n Hele paar veiligheids ministers gaan dan tronk toe moet gaan. Hulle gedrag en reaksie toon duidelik dat hulle ander haat.

What a joke! ·

Ek verstaan ok nie hoekom is Vickie Momberg dan alreeds tronkstraf opgelewer as die wetgewing eers dan deur is??? Hierdie mense maak hul eie eensydige wette om die blanke by te kom terwyl hul kan se en maak wat hul wil !!!,

Monica Grobbelaar ·

Iets wat ek nie verstaan nie daar word nou n lawaai opgeskop oor haatspraak. Hoekom nie eerder meer aandag gee aan die mense wat so onnodig vermoor word nie.

Koos de Meyer. ·

Dit wil vir my mos nou lyk of ons in ‘n komminustiese land onder die dekmantel van demokrasie lewe. Wat gaan hulle doen met madam wat in Wingate die wagte so gevloek het. Die wet moet mos nou vir almal geld. Waar is die nuus kanale nou wat so tekere gegaan het oor Vicky en Penny. Die regering moet nou hulle geld sit waar hulle mond is. What’s good for the geese is good for the gander.

Casper Labuschagne ·

Ek het sopas my eerste kommentaar op ‘n ander webblad gelewer, insluitende die vrywaring wat ek in die toekoms sal moet gebruik:

“Die gedrag van die persone was voorbarig en is ‘n pluimpie vir die ondersteuners van die suksesvolle regerende party.

Vrywaring, sou ek hierbo die teenoorgestelde gesê het, sou ek myself skuldig maak aan ‘n oortreding ingevolge die nuwe wet op haatspraak wat hierdie week in die parlement ingedien is. Ek het dus ten volle binne die wet opgetree, maar ingeligte lesers mag dalk hul eie afleidings maak deur tussen die lyne te lees.”

Om uit die tronk te bly sal ons maar net die teenoorgestelde moet sê van wat ons wou sê en ‘n vrywaring daarby plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.