Wetsontwerp teen rassisme in wese “siek”

dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het Donderdag die wetsontwerp teen rassisme verwerp omdat dit onvolledige beskerming aan minderhede bied teen mense in magsposisies wat hulself skuldig maak aan haatspraak.

Die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade is tydens ʼn kabinetsvergadering in Oktober goedgekeur vir openbare kommentaar.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, moet die staat as ondertekenaar van die Verenigde Nasies (VN) se International Convention on the Elimination of all Forms of Racial Discrimination (CERD) aan dié konvensie se vereistes voldoen. Volgens die konvensie rus daar ʼn swaarder verpligting op staatsamptenare, politici, joernaliste en persone in magposisies om hulself nie skuldig te maak aan haatspraak nie.

“Ons kritiek op die wetsontwerp is juis dat dit nie aan die CERD se vereistes voldoen nie en dat so ʼn wet eerder daarop gemik moet wees om kwesbare mense te beskerm,” het Hermann gesê.

Die wetsontwerp, soos hy nou daaruitsien, hanteer haatspraak en rassisme tussen landsburgers op ʼn horisontale vlak. “Ons probleem in Suid-Afrika is juis op die vertikale vlak waar politici, amptenare en parlementslede rasse-uitsprake maak, soos in die geval van Julius Malema. ʼn Wet soos hierdie moet ʼn Julius Malema tronk toe stuur. ʼn Wet soos hierdie moet sorg dra dat iemand soos Julius Malema sy rooi oorpak vir ʼn oranje oorpak verruil,” het Hermann verder gesê.

Hy het verder aangevoer dat John Jeffery, die adjunkminister van justisie, se uitsprake vroeër vanjaar by die CERD-sitting, die doel van hierdie wet bevraagteken. “Jeffery voer aan rassisme is hoofsaaklik ʼn siekte van wit mense. Ons glo dit het aanleiding daartoe gegee dat die konsepwet net op horisontale vlak haatspraak en rassisme hanteer. Die konsepwet is dus in wese siek – die opstellers het die wetsontwerp vanuit ʼn spesifieke perspektief opgestel. Die konsepwet het sy legitimiteit verloor en indien die bedoeling van die wet subjektief is, sal die afdwinging daarvan ook subjektief wees.”

Solidariteit se argument is dat rasse-uitsprake ‘ontras’ moet word. “Dit klink dalk soos ʼn paradoks, maar wat ons daardeur sê, is dat geen rasse-uitspraak of daad aanvaarbaar is nie. Ons mag nie poog om ʼn rassekarakter te gee aan rasse-uitspraak nie. Dit is veral belangrik dat almal in die middelgrond haatspraak en rassisme net nooit aanvaar nie.”

Hermann het verwys na die geval van die twee wit mans, wat onlangs in die hof verskyn het weens ʼn video wat op sosiale media die rondte doen, waar hulle ʼn swart man in ʼn doodskis gedruk het.

“Afrikaners het hierdie rassistiese optrede verwerp en as bisar en onaanvaarbaar bestempel. Daarenteen was die EFF se reaksie rassisties en die DA se leier se twiets oor die insident onwys. Rassisme is beslis nie ʼn wit verskynsel in Suid-Afrika nie, maar ʼn verskynsel. Die gemiddelde Suid-Afrikaner het te verdraagsaam geraak teenoor rasseboelies, maar die gemeenskap moet hierdie soort optrede eenvoudig nie meer aanvaar nie.”

Hermann glo die middelgrond in Suid-Afrika het baie gemeen, is nog sterk en het wedersydse respek teenoor mekaar oor kleurgrense heen. “Die wetsontwerp, soos dit nou lyk, gee egter legitimiteit aan randverskynsels en erken nie die breë middelgrond nie, terwyl Malema en die doodskis-twee eintlik deur die middelgrond verwerp word.”

Hy meen die elite wil op grond van ras mobiliseer. “Hulle beweeg in ʼn ander werklikheid en soek ʼn sondebok deur wit mense vir rassisme en haatspraak in Suid-Afrika te blameer.”

Hermann sê elemente van die konsepwet kan gebruik word om iemand soos Malema vir haatspraak en rassisme voor stok te kry, maar dit is beslis nie volledig nie en hoër amptenare moet swaarder gestraf word, omdat hulle in diens van die land en sy burgers staan en ʼn groter verantwoordelikheid op hul skouers rus, ʼn siening wat ook volgens Hermann deur die CERD-komitee gehuldig word.

Besware en kommentaar op die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade kan nog tot 1 Desember gelewer word. Lede van die publiek, wat kommentaar op die wetsontwerp wil lewer, kan dit per e-pos aan [email protected] stuur.

  • Solidariteit het ʼn veldtog oor die konsepwet op rassisme van stapel gestuur. Besoek Solidariteit se webwerf vir meer inligting oor die veldtog, asook om vas te stel hoe om dit te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

wilma ·

Is Jefferey ni ook n rassis as hy se dit eintlik wittes wat rassiste is nie. Hy praat mos twak

Andreas Meyer ·

Die doel van die wetgewing is dit om enige kritici te kan stil maak met ‘n klagte van haatspraak. Daar is natuurlik heelwat “window dressing” bygevoeg, maar die eintlike doel word deur ontleding baie duidelik.

Paul ·

Andreas is korrek.

Die wet behoort in geheel verwerp te word. Wat geheel krom is, kan nie reggebuig word nie.

dirwou ·

Julle moet onthou die wat die wet wil opstel en he is netso siek

m ·

Bly ma n siek spul….. Geen wet sal hulle ooit n witte laat respekteer nie…………..

Vicky ·

Hoekom word die wet nie in sy geheel verwerp nie? Soos dit vir my klink steun Solidariteit die idee dat Spraakvryheid op absurde en onaanvaarbare maniere ingeperk moet word.

Paul ·

Korrek.
Maak nie saak hoe so ‘n wet geskryf word nie, dit sal altyd meer van ‘n stok wees waarmee meer onskuldige, onskadelike mense geslaan word, as wat dit ‘n positiewe impak sal hê om mense wat werklik gevaarlik of hatig is, in te perk.

Vryheid van spraak, selfs haatspraak, is goed. As mense wat hatig is, nie die hatige dinge sê nie, kan mens hulle nie identifiseer nie. Vryheid van spraak beskerm mense. Die hond wat vry is om te grom, is minder gevaarlik as die hond wat stil is en dan skielik byt.

Coenie Basson ·

Dr. Dirk, baie dankie dat julle van Solidariteit nooit skroom om op te staan vir geregtigheid nie. Ek het baie waardering daarvoor dat julle die moed van julle oortuiging het om te doen wat julle doen. Die res van ons ou volkie kan lank praat en baie kla, maar dis hoe ver dit kom.

John ·

Dit wil nou voorkom of witmense wat van rassisme beskuldig word erger as moordenaars gestraf sal word of in elke geval lewenslank gebrandmerk gaan word. ‘n Ander agenda is ter sprake. Hoe gaan sake hanteer word indien iemand aangekla word van rassisme indien daar nie getuies teenwoordig was nie, of indien die getuies teen die sogenaamde rassis, vriende van die klaer is. En wat van as ‘n grap gedeel word en later gedraai word tot ‘n beswaddering? Groot geld kan so afgepers word van werkgewers selfs om ‘n hofsaak te verhoed. Hierdie wetsontwerp het ‘n ongesonde basis en die howe wat deesdae die land moet ‘bestuur’ sal eenvoudig ontplof met al die twak wat sal voordoen.

Vat die kans ·

LEWER ASB NOU JULLE BESWARE EN JULLE KOMMENTAAR. Maar hoeveel mense gaan dit doen? Ons praat almal saam maar DOEN nie saam nie. Komaan, maak beswaaar, gee julle kommentaar, dit is nou julle kans!

Nici ·

KORTOM… DIE LAND IS SIEK …. DIE OORSAAK … POLITIESIE WAT DIE HAAT VURE AANBLAAS …. HOEKOM????? VIR EIE GEWIN. HULLE SPEEL HIERDIE LANDSBURGERS ALMAL SOOS YOYO’S

Oktrooi ·

Ek praat rassisme nie goed nie, maar dit is ‘n wêreldwye verskynsel en boonop ‘n eeue-oue een. Die enigste afleiding wat ek kan maak, is dat rassisme, of dan rasgesentreerdheid (in die sin dat jy jou eie ras vanselfsprekend bo ander rasse stel), ‘n natuurlike fenomeen is. Hoe gaan ‘n wet met iets wegdoen wat klaarblyklik onlosmaaklik deel van die menslike toestand is?

Vicky ·

Jy is 100% reg. Daar kan slegs vrede heers as nasies deur grense van mekaar geskei word

Genootskap van Ou Varkerasies ·

Ons, lede van die Genootskap van Ou Varkerasies, sien die dag aankom dat die soogdiere Varkerasies nie met die soogdiere Homo sapiens sapiens sal wil kommunikeer nie uit vrees dat jy die een of ander van die honderde menseregte mag oortree. Jy sal nie te lank in ‘n mens (swart, bruin, geel, wit, pienk, pers of ander reënboogkleur) se rigting mag kyk nie of jy word aangekla dat jy besig om die een of ander menseregte-isme te oortree.

Ons wonder net hoeveel Suid-Afrikaners het al die menigde Suid-Afrikaanse wette en die Suid-Afrikaanse gemenereg bestudeer, om nie van al die hofuitsprake te praat nie!

Groetnis: Ou Vlakvark, Ou Erdvark, Ou Bosvark, Ou Ystervark en ou Krimpvarkietjie.

steve ·

Die is net nog n BEE of n AA of self n toelaag of n gronds wet… Alle wette is daar om Hulle Te beskerm… Dit laat ky dink aan wette wat in plek gestel is om wild wat uitsterf Te beskerm… Moet erg wees om wette in plek te sit om jouself n job te kan gee, om jo swanger girl geld te kan gee, om jo besigheid n hupstoot te kan gee en dan nog n wet wat jo beskerm van sleg se… Shame…kry hul eintlik jammer..

Alida ·

Almal probeer die simptone behandel maar vergeet om die wortel van die kwaad uit te trek. Ons kort n heel nuwe regering met mense wat verstand het om te regeer.

Paul ·

As die president sing: “Bring my, my masjiengeweer”, sal hy nie onder die voorgestelde wet ook skuldig bevind kan word nie? Is die wet dus nie ‘n tweesnydende swaard nie?
Dit was ‘n onbesonne daad van daardie twee mans om ‘n persoon in ‘n kis te druk. Die feit dat daar ‘n video daarvan geneem is, versterk net hulle onbesonnenheid.

Oom Kalahari ·

Skielik het daar ‘n word ontpop naamlik “Rassisme/Rassisties” wat op elke openbare platform gebruik word en uitgeskree word vanaf die hoogste dakke. Dan word jy vertel en wys gemaak dat net ‘n blanke rassisties kan wees, want hul is gebore met rassisme. “Asb omskryf net die word rassisme aan die breë publiek” wat beteken dit werklik, waarvandaan kom die skielike woord en betekenis asb? Elke kleur en geur is uniek in sy eie vorm, maar daar word gedurig druk toegepas en word afgedwing op jou as mens dinge wat deur my Hemelse Vader verwerp word. Volkere en Nasies by sy eie soos met die diereryk en seelewe. Ek word letterlik gedwing om my eie Identiteit, my herkoms, my tradisies, taal, geskiedenis, erfenis ens prys te gee om ander se voorkeure te absorbeer en my eie menswees enmenswaardigheid in dit wat ook vir my as mensereg beskou word prys te gee. Hierdie wetsontwerp is ‘n voordeel tot sekere groepe as bevoordeling en ‘n slaanstok tot minderheidsgroepe tot uitbuiting en vernedering soos dit alreeds alledaags in die praktyk gaan.

Oom Kalahari ·

Hhhhmmm…….ja, weereens politieke korrektheid toepassing deur MM op skrywe. Daarom word meeste blanke Suid-Afrikaners gedwing om in hul hoekies met stilswye te verkeer tot hul pakslae kry.

Rynhardt ·

As die Anc die wetsontwerp teen rassisme aanvaar, dat moet die Anc, DA en EFF ook aangekla word van rassisme, want al drie keer die wettiging van rassisme in die vorm van regstellende aksie/transformasie goed teen blankes plus die Anc kan dan ook aangekla word vir die duisende moorde op witboere onder sy bewind waaraanhy niks doen nie! Plus leiers van beide Anc en sy militante vleuel, kan ook voortaan vervolg word vir haatspraak deur die massas op te sweep met haatlike liedere! Plus die MRK kan ook vervolg word, aangesien hy weier om Anc aan te kla vir rassisme!

Skatymir ·

Did I offend you? What does it feel like to be so weak that mere words hurt you?

Vicky ·

Ja, ongelukkig hou daardie swak siele die sleutels van die tronke vas. Dankie JA stemmers, Dankie.

Lance ·

Statisies is bewys dat die groot meerderheid goed met mekaar regkom …net n paar vrot appels in SA wat dit sleg maak vir almal !

Leendert ·

‘n Staat sonder ‘n barometer is soos ‘n skip sonder ‘n kompas, dis hoekom ons sit waar ons sit.

En ons, wie is ons kompas in die lewe, het jy so iets? Waaraan meet ons, ons morele waardes? Sryf die antwoord op hierdie twee vrae neer en leef daarvolgens.

humor ·

Dit verg nie n profeet om dit te voorspel nie rassisme in SA voer duidelik na n punt toe wat baie pyn en lyding en die ondergang van SA gaan veroorsaak, Ek is oortuig dat ons burgerregteorganisasies die hoofstroom van kommunikasiemedia onder die loep moet neem en dat daar ernstig gesprekke moet wees. Die eensydige benadering van rassisme en algehele verswyging daarvan in in sigself n oortredeing van wetgewing en myns insiens vervolgingswaardig vanwee die skadelike efek daarvan. Ook moet daar n mondstuk geskep word wat hierdie skeefgtrekte wanbalans plaaslik sowel as internasionaa in suiwere lig kan stel.

John ·

Ons mense ly onder ons luiheid om nie ‘n swart taal aan te leer nie. Die swartmense se ons sleg en ons sal dit nie weet nie. Hulle beskinder mekaar glo net so baie se diegene wat die swart tale in ons land verstaan…

What a joke! ·

Ek is n blanke Afrikaner.. Wanneer Malema se dat die blankes in Suid Afrika moet binnekort uitgemoor word en andere waai tekens wat se “kill the whites” dan is dit mos n direkte dreigement dat hulle die swartes van suid Afrika my as n blanke en my kinders as blankes wil vermoor !! Dit is nie aanvaarbaar nie. Hoekom staan ons blanke Afrikaners nie saam nie en Engels blankes ook, blank is blank en teken n petisie en beveel aan as massa blankes dat daar teen malema en sy soort rassiste en hul uitlatings daadwerklik opgetree word
.! Wat se die regs geleerdes,hoekom as blanke publiek kan ons nie Malema en sy groot bek hof toe sleep nie??? Ek seker ons almal kan n saam n fonds stig om hom namens die blankes van Suid Afrika hof toe sleep vir sy haatspraak en rassisme! As die druk nie opgesit word nie gaan hy malema net erger word en die ander gaan hom volg en dit wat hy as lafhard preek gaan hulle sy dom volgelinge uitvoer wat alreefs gebeur.
Die blankes van Suid Afrika eet te veel strooi en is te bang en te polities korrek gebreinspoel en dink hy het nie regte in Suid Afrika nie…nee man so kan sit nie aangaan nie elke dag word n blanke vermoor en Malema moet skuld dra en aanspreeklik gehou word vir sy haatspraak en aanhitsing!!!

Jannie ·

Ek het n # Unite South Africa begin en wil vra of ons lamal indien belangstel om die volgende tedoen. Neem n foto van jou en n ras van ander kleur en sit dit vir n week op jou fb profile foto met n nota wat opstaan # Unite South Africa. My denke agter dit is om vir media en mede SA wys dat dit net n handvol mense is in die land van ons wat rasse haat en rassisme aanhits. Wat gaan dit verander aan die saak? Wel eerste gaan dit vir die on op gevoede mense wys dat die meeste van ons nie rassiste is of rasse haat het nie en dat ons as land Suid Afrika saam staan teen die wat dit aanhits. Hoop dit maak sin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.