Wetsontwerp wil privaat eiendomsreg verder ondergrawe

Argieffoto: led.co.za

Die vakbond Solidariteit is ernstig besorg oor die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrond. Dié wetsontwerp is op 17 Maart 2017 deur die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming vir kommentaar gepubliseer. Die wetsontwerp bevat onheilspellende en nadelige tekens in soverre dit die sekerheid van privaat besitreg in Suid-Afrika aangaan.

“Indien dit bekragtig word soos wat dit tans daaruitsien, sal die wetgewing neerkom op die de facto- en outomatiese onteiening van landbougrond wat deur middel van burokratiese prosesse vir herverdeling bestem is,” waarsku Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SRI).

“Huidige eienaars van gedeeltes van landbougrond wat buite sekere aangewese plafonne van eienaarskap val, sal afgesien van ’n paar opsies, weinig keuse hê anders as om vir alle praktiese doeleindes in te stem tot gedwonge verkoop of om onder onteiening deur te loop.”

Van Onselen het voorts gesê dat die kategorisering van sekere klasse ekonomiese bates vir outomatiese onteiening en herverdeling ’n gevaarlike en onverstandige presedent skep. “Dit sal waarskynlik reuse-onsekerheid en ernstige ondermyning van investering in en die uitbreiding van landboukapitaal tot gevolg hê, wat uiteindelik verbruikers sal benadeel. Wat nog erger is, is dat dit dui op die oopmaak van Pandora se kissie om privaat besitreg oor die algemeen te ondergrawe.”

Van Onselen het bygevoeg dat daar ernstige vraagtekens hang oor die regering se aktiewe verbintenis tot alle Suid-Afrikaners se privaat besitreg as hy so ’n grootskaalse en growwe ingryping voorstel. Boonop stuur die voorgestelde ontneming van buitelanders se huidige eiendomsregte wat landbougrond betref, ’n kommerwekkende sein aan buitelandse beleggers.

“In die lig van die enorme huidige politieke onsekerheid, die nasionale begroting en swak beleggingstendense in die privaat sektor is dit ’n roekelose en onbesonne houding om beleid, wat buitelandse belegging vir seker sal onderdruk, te wil implementeer,” het hy bygevoeg.

“Ook kommerwekkend is die regering se oënskynlike offensief om talle buitegeregtelike instellings, wat oor omvattende magte beskik, in die lewe te roep wat daarop uit is om markvryheid verder deur toenemende burokrasie onder leiding van die staat in te kort. Die voorgestelde grondkommissie is net nóg so ’n burokratiese instelling wat die ekonomie met inmenging, rompslomp en hoër transaksiekoste gaan beleër,” het Van Onselen gesê.

Solidariteit is van mening dat die wetsontwerp ’n bedreiging vir ekonomiese vooruitgang inhou en dat dit versigtig heroorweeg moet word. Solidariteit sal kommentaar wat strook met die inhoud van hierdie verklaring aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Apie ·

Zuma en sy kaders het alreeds TE veel skade gedoen. Ek dink ons is geregtig op burgerlike ongehoorsaamheid!!! Te hel met stortkop en sy gespuis!!

Louis ·

Die AN C was maar nog altyd n komunistiese beweging met noue bande met Rusland

Kobus Smit ·

Verkoop nou terwyl jy nog iets kan kry vir jou grond. Vat jou geld en waai uit Afrika uit. Dis verby vir ons

Andrea ·

Kobus, waar gaan mens heen? Ek het goeie kwalifikasies, maar is te oud en te arm om te emigreer. Waarheen en hoe?

Boerseun ·

Aan wie moet ons verkoop? Ek bly. Ons is al 200 jaar op Boere grond. My voorouers se grafte le hier. Ek sal dit aa niemand gee wat nie eers kan bewys van wat se stam hy af kom nie, wat nog te se van voor ouer grafte of reg op grond.

Dan kan jy maar Europa, America of Aus toe, net dat die polities korrekte nasies dieselfde rigting gaan gaan as SA oor hulle slap immigrasie en oorbehepteid met intergrasie en “affirmative action”.

CHRISTA ·

As 51% van land nog in staatsbesit is, waarom moet onteiening plaasvind? Waarom deel die Staat nie daardie land uit nie?

Chris ·

Julle laat dit klink of daar net twee opsies is en dis in hulle hande in. Waneer vat ons wat aan hulle’ behoort’.?????

Ashlee ·

Hoe en waar “vat” jy? Die ganse land behoort aan n graad 4 intellectual!!

John ·

Niks word gese oor bestaande skuld op eiendom nie ea aspekte tov die boerdery en verblyf. Iewers sal die grondwethof ook ‘n se moet he nie net die ANC nie of is wettig steel so in soos wettige daggarook in teenstelling met onwetttige aankope.

BASJAN ·

Zuma, beweer dat laas week se protes optogte wys dat rassisme nog sterk bestaan ??? As ek as n blamke boer sou se dat geen swsrt man ooit weer n plaas mag koop in Suid Afrika nie, sou ek as n GROOT RASSIS beskou word ne. Zuma se dat geen witte weer n plass sal mag koop in Suid Afrika nie. WAT IS OU ZUMA DAN NOU ??????

Rupert Ashford ·

Ek dink die spul begin nou hulle ware kleure wys. Hulle se mos nou openlik hulle werk vir “a better life for most South Africans” en dit verg nie meer as St 3 om te weet wie word uitgesluit nie. Die ANC van Mandela (hom ingesluit) was nog altyd ‘n rassistiese organisasie.

Wanda ·

Eerste plek is ons te min wittes om teen die mag te baklei en tweedens te veel rugstekers en verdeelheid onder wittes.

Jacobus ·

Nee wat ons het die getalle dis net ons is nog te gemaklik…

M ·

Die wat so praat is skuldig daaraan. Vergeet van daai rubbish. Ons moet hier bly en vas staan op wat aan ons behoort. Dit help amper nie eers om te verduidelik nie.. Mens kan vir ander kennis gee maar jy kan hulle nie laat dink nie, Meeste mense gaan dwase bly in hul klein wêreldjies en op ander se opinies ry, omdat die waarheid verandering verg.
Daar moet gebid word,maar daar moet geveg word. Jy kan nie op jou knee met jou hande teen mekaar sit terwyl daar alreeds n oorlog is nie, jy móét baklei ook. 13 teen 1, ja dis moeilik, maar as ons weg hardloop en nie will kinders kry en en en.. gaan dit oor 20jaar 50 teen 1 wees. Kom ons vra nie te veel vra en probeer dinge te veel ingewikkeld maak nie. Die realityd moet nou begin inskop by al ons mense.

fred ·

Onteiening sonder vergoeding is niks anders as steel nie. Die staat wil nou alles steel van die witman. My kinders is albei nog besig om te studeer, sodra hul klaar is, is hulle klaar met Afrika (met Pa en Ma se ondersteuning). Ek sal maar hier vasbyt tot die elende my inhaal!

Christo Visagie ·

Hulle wil alles hê wat die witman besit,,,,,,,,,,,,,,,,,,sy plaas,,,,,,,huis,,,,,,,,,,ens,,,,,,,,,, ens

nico du preez ·

ons sal ons belasting moet na ander bronne kanaliseer totdat hierdie gepeupel gehoor gee…enigste manier hoe hulle gaan hoor…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.