Wetsontwerp wil vervalste kwalifikasies stopsit

bcom graad studeer akademia

Argieffoto.

Die kabinet het die indiening van ʼn wetsontwerp aan die parlement goedgekeur wat poog om ʼn einde te bring aan vervalste kwalifikasies en mense wat oor hul akademiese kwalifikasies lieg aanspreeklik te hou.

Mmamaloko Kubayi, minister van kommunikasie, het Donderdag die media toegespreek oor die Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk van 2016 en gesê dit sal bestaande wette versterk.

“Dit bring maatreëls in om kwessies te hanteer van mense wat ʼn wanvoorstelling van hul kwalifikasies maak of organisasies wat kwalifikasies uitreik wat ongeldig is,” het Kubayi gesê.

Die wetsontwerp is verlede jaar deur die destydse minister van hoër onderwys en onderrig, Blade Nzimande, beskikbaar gestel vir openbare kommentaar. Dit dwing instansies van hoër onderrig om by die Nasionale Kwalifikasieraamwerk geregistreer te wees.

Die wetsontwerp moet die verskynsel dat private instansies ongeldige kwalifikasies uitreik, hanteer.

Oor die afgelope paar jaar was daar verskeie voorvalle waar gevind is dat politici, regeringsbeamptes en hoofde van staatsinstansies gelieg het oor hul akademiese kwalifikasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Papier ·

Papier is geduldig, of dit nou gaan oor vervalste kwalifikasies op papier of nóg ‘n wetsontwerp op papier die uiteinde is voorspelbaar want niks gaan eintlik verander.

SO ·

Die verlangde akademiese kwalifikasie beteken nie noodwendig die werklike werk kan verrig word sonder die nodige jare ondervinding nie. Dis waar die spreekwoordelike knoop lê.

Andre ·

Daar is nie genoeg tronke in SA om hulle almal toe te sluit nie.

KG ·

Dis nou alles goed en wel om die wet in te stel, die vraag is wel hoe dit gemonitor gaan word…..indien enigsins.

bgj van der westhuizen ·

maak wolf die skaap wagter net nog wette wat nooit toe gepas word nie nog grap vi die wereld ha ha ha

neels ·

Solank jy n kader is sal die wet nie op jou toegepas word nie, behalwe as jy in onguns val by die hoofman / vrou van miljoene .

JOKE ·

AG ASSEBLIEF wat het julle gedoen aan al die HOOGGEPLAASTES wat julle in posisies gesit het met vervalste sertifikate, HLAUDI ingesluit .. en dan die hoof van TUT ens ens ens .. eerstens doen julle nie julle werk deur die mense se kwalifikasies na te gaan VOOR AANSTELLING nie, en as julle dit uitvind word hulle ‘n R3 miljoen handdruk gegee .. SA is ‘n joke man .. kwalifikasies in SA is ‘n joke, een van die dae gaan jy nie eers in ZIM werk kry met ‘n SA kwalifikasie nie want meeste is gekoop en gewangle of met 30% slaagsyfer bereik.

Engela ·

Gedog dit was nog altyd onwettig en krimineel! Waarvoor nog ‘n wet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.