Wetstoepassers betrokke by Alex-man se dood geskors

(Argieffoto)

Die weermag- en polisielede wat beskuldig word van die dood van Collins Khosa (40), ʼn inwoner van Alexandra in Gauteng, moet voorlopig geskors word hangende ʼn ondersoek na die voorval.

Khosa is dood nadat soldate hom glo aangerand het.

Regter Hans Fabricius het in sy uitspraak gesê sekere regte is onaantasbaar – selfs tydens ʼn ramptoestand – en het die weermag, polisie en enige metropolisiedepartement opdrag gegee om hul lede te beveel om in ooreenstemming met die Grondwet en ander wetgewing op te tree.

Hulle mag ook net die minimum geweld gebruik wat nodig is om ʼn amptelike plig uit te voer.

Fabricius het ook ʼn baie spesifieke tydlyn uitgestippel waarvolgens aan die hofbevel voldoen moet word. Hy het beveel dat die betrokke weermaglede binne vyf dae geskors moet word hangende tugverhore teen hulle.

Die hoofde van die weermag, polisie en metropolisiedepartemente moet binne twee dae al hul lede opdrag gee om te voldoen aan die verbod op marteling en wrede straf.

Binne vyf dae moet hulle ook gewaarsku word dat enige versuim om marteling, wrede, onmenslike of vernederende behandeling aan te meld, in bedwang te bring of te verhoed, hulle kan blootstel aan strafregtelike, siviele of dissiplinêre klagte.

Fabricius het ook beveel dat daar ʼn vrylik beskikbare meganisme beskikbaar gestel moet word waar bewerings van wangedrag aangemeld kan word. Die regter het beveel dat dié meganisme op televisie, radio en digitale media bekend gestel moet word – en dit moet in al 11 tale gebeur.

Khosa se lewensmaat, Mphephu, het vroeër in ʼn beëdigde verklaring gesê weermaglede het laatmiddag op 10 April die huis ingekom en hulle daarvan beskuldig dat hulle die regulasies van die afsonderingstydperk oortree het. Hulle het na ʼn kampstoel en ʼn halwe glas alkohol in die erf verwys. Daarna het hulle die huis bestorm en beslag gelê op twee biere.

Sy sê hulle het buite die huis bier oor Collins se kop uitgegooi, hom gewurg, teen ʼn sementmuur gestamp, hom met ʼn geweerkolf geslaan, geskop, geklap en weer geslaan.

Hulle het glo ook sy swaer, Thabiso Muvhango, aangerand.

Mphephu voer aan sy is met ʼn sambok geslaan.

In beëdigde verklarings sê sommige van die gesin se bure hulle het video’s van die voorval gemaak, maar dat die soldate hulle gedwing het om dit uit te wis.

Collins het drie uur ná die voorval gesterf. Die oorsaak van sy dood is aangedui as ʼn hou teen die kop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marius ·

Wat help geskors ? Niemand het vertroue in die regstelsel nie , want booswigte se regte weeg swaarder as die van wetsgehoorsames ! Onafhanklike regbank se voet !

Sarel ·

Magsmisbruik…..vind dit plaas uit eie wil of on Politieke opdrag. Toe die Weermag die geweldenaars en Smokkelhandel op die Kaapse moes aamvat het hulle nie veel uitgerig nie.

Cherokee ·

Sarel, miskien is ek te vol fiemies oor woordgebruik, maar dit is nie magsmisbruik nie, want hulle het nie die mag gehad om dit te doen nie.

Anel ·

Hulle moes al die eerste dag geskors gewees het en aan gehou geword het. Hulle het iemand koelbloedig vermoor. Hoekom daar nig geld gemors moet word met tugverhore weet ek nie. Hulle het gemoor. Maar nou ja, dalk is hierdie ‘n goeie saak om hulle te wys dat hulle nie net kan maak en breek soos hulle wil nie.
Maar in my geestes oog sien ek ook iets anders. Wat as dit blank op blank was, wit op swart of swart op wit.

Mariette ·

Dis afgryslik. Woon ons in ‘n demokrasie? Wat verstaan die weermag van virusverspreiding keer as dit hulle optrede is?

SomeOne ·

“binne vyf dae geskors”,
dit werk nie maklik so in die sandf nie, dit neem nagenoeg 6 maande om ‘n skorsing te bewerkstellig, die krygsraad kan nie vinniger agehandel word nie.
ek sien die sandf gaan ‘n paar rand uithaal as die nodige stappe nie gevolg is nie

Sonneblomkind ·

Ag aarde wat help skors, wat maak hulle geregtig om bo die wet te wees, hulle moet tronk toe soos al die publiek wat nie in lyn met die reg optree nie. Ai so nou word jy n polisie beampte dan kan jy roof, plunder en doodmaak en jy kom weg daarmee, siek se ek jou ek is so keelvol hoor

capie ·

Daardie weermags lede moet nou die spit afbyt nadat hulle gemaak het soos vir hulle voorgeskryf is deur hul seniors reg deur tot by die “president”. Daar is geen opleiding vir hulle gegee in die taak wat hulle moes doen. Die opleiding wat hulle gekry het is totaal anders as die taak wat hulle moes uitvor. Dus moet daar ander mense in die hof wees.

Tommie ·

Sit hulle waar hulle hoort. Moordenaars behoort in die tronk. Maak n voorbeeld sodat die maatjies sien hulle is nie bo die wet nie.

Blomme ·

ń Saak het twee kante.. Elke aksie lei tot reaksie.. Klink vir my verdag dat dié lede sommer net geweldadig begin raak by die sien van alkohol op die werf… Het geweld van die eenkant nie dalk geweld van die anderkant uitgelok? Nou is dit ongelukkig ń tragiese uitkomste wat veroorsaak dat die aksie wat daartoe gelei het uitgelaat of miskien vergeet word. Soms kry ek die lede jammer…Hier is duidelike eensydige weergawe van gebeure wat onmiddelike veroordeling tot gevolg het.

Nick ·

Wetstoepassers????? Waar is die….? cele se appy’s,die goed kan nie eers hul boots polish nie wat staan nog wette toepas??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.