Wetstoepassers gewaarsku ná ses kollegas se inhegtenisnemings

Een van die polisielede wat vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem is. (Foto: verskaf)

Die Valke in Mpumalanga sê nóg inhegtenisnemings kan volg op dié van ses wetstoepassers Vrydag in die provinsie.

Verkeersbeamptes Khethiwe Mkhabela (42) en Lucky Mabena (37), asook David Mahlare Ntuli (34), ʼn polisielid, het reeds in die landdroshof op Komatipoort op aanklagte van korrupsie verskyn.

Hulle is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk en moet weer op 12 Julie in die hof verskyn, het kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Nog twee persone, twee verkeersbeamptes en ʼn polisiesersant, sal Maandag in die landdroshof op Middelburg en Belfast verskyn.

Die ses het sedert April vanjaar glo omkoopgeld van motoriste op die N4-hoofweg, tussen Komatipoort en Middelburg, geneem.

Die Valke het saam met die Padverkeerbestuurskorporasie en die nasionale verkeerspolisie se teenkorrupsie-eenheid gewerk om bewyse teen hulle in te samel.

“Daar is tydens die twee maande lange ondersoek vasgestel die verdagtes eis straffeloos omkoopgeld van niksvermoedende toeriste. As hulle nié omkoopgeld betaal nie, is hulle in hegtenis geneem,” het Sekgotodi gesê.

Brig. Obed Ngwenya, waarnemende hoof van die Valke in Mpumalanga, het ander wetstoepassers gewaarsku teen misdadige optrede.

“Korrupsie ondermyn die oppergesag van die reg. Ons is vasbeslote om korrupsie te beveg waar dit ook al kop uitsteek. Ons hoop die inhegtenisneming van die ses lede stuur ʼn sterk boodskap aan kollegas dat korrupsie nie geduld gaan word nie,” het Ngwenya gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Walgwors ·

Hou jou asb jou vuilbêk en seksistiese sarkasme vir jouself?

Netso ·

Sal interesant wees om te weet of hulle nog salarise ontvang? Sal my nie verbaas as hulle eenvoudig net aangaan as Polisie beamptes asof niks gebeur het nie? Hierdie is inelkgeval net die punt van die korupte wetstoepassings ysberg volgens my!

SjN ·

Die ander is op die stadium nog lucky, behalwe die regte Lucky.

marous ·

R1000 Borg ? Hulle maak dit in vyftien minute en laat moordenaars wegkom . Waarom spring fakile nie hieroor op en af nie?

Spike ·

Weet nie hoekom word hulle gevang nie. In afrika tel agteraf landse wette.

George ·

Ek het hoeveel keer gerapoteer omkomgeld word gevat hier maar niks word gedoen nie. Ek is al uitgehaal amper dood gemaak. Kzn Paulpietersburg die hoof verkeersbeamptes se iemand kan hulle vang nie. Ek het my werk verloor deur dat ek in ‘n pad gestaan het. So ek sal waardeer indien u hulle kan vang. Die mense in ons drop wil niks doen om hulle vas te vat nie. Ek was die superintendent hier.

Ander Koos ·

Goed en wel dat hulle vervolg word, maar hulle is “klein vissies”. Wat van die “groot visse” wat miloene en miljarde “swindle’. Selfs met oorweldigende bewyse is NVG en Valke doodstil en is nog nie een “groot vis” aangekla of vervolg nie. Lyk al te veel of hierdie “ klein vissie” saak maar net weerligafleirr is.

fred ·

goeie begin…daar is seker nog duisende ander kleine en grote visse in die poel van korrupsie

JP ·

Jammer dat die mense wie misdaad moet verminder dit eintlik verhoog en dan ook self deel daarvan is

Ian ·

Hierdie probleem kom nou al jare. Baie in hegtenis geneem, maar dit bly nog ‘n epidemie. Oortjies van die seekoei. ‘n Oorhoofse strategie is nie te vinde. Soos alle misdaad bekamping is alles reaktief.

skurweberg ·

As dit so aangaan, sal ‘n mens begin dink dat korrupsie ‘n DNA afwyking is, maar gelukkig is daar baie meer mense op aarde wat nie swig voor hierdie versoeking nie. So hierdie moontlikheid kan nie eers oorweeg word tydens vonnisoplegging nie. Miskien le dit op die terrein van die kwaliteit van die individu se gewete. wat reeds in die kinderjare deur doelgerigte opvoeding vasgele moes word.

Jan ·

Stem saam met koos, dis kleingeld teenoor wat sekere ministers en lede v ANC en eff al gebere het

Elize ·

Ek glo dit gebeur maar oral. N baie groot probleem in centurion.

Andreas ·

So ‘n waarskuwing vir die wetstoepassers … ek lees vanoggend Rapport … 10 vir Steve … 0 vir die ANC, Me Mandela en die DA se Van Damme. Hulle het nie ‘n kat se kans oor sy twiet nie ….
Y go Steve … twiet – twiet – twiet!

Ekke ·

JP, dit is ‘n onbereikbare droom wat jy het, want hoe meer hulle kry, hoe meer wil hulle hê!!!

Wil weet ·

Ek wil graag weet of daar enigiemand ‘n wenkbrou in Pretoria gelig het. Op Oukersaand 2018 is my kinders op die N1-N4 aansluiting afgetrek. My seun het 1 bier 5 uur die middag gedrink. Die aand 10 uur is hulle afgetrek. Hulle wou hom summier op die plek arresteer. Hy was 5 keer oor die limiet. Sy hoogswanger vrou moes met hul 2 jarige seun na die naaste teller ry om R 2000 te trek, Naby familie mag nie gebel word om die geld te bring en ‘n ander meter is summier geweier. Daar is talle motoriste daardie aand afgetrek. Waar sou daardie gelde heen gegaan het?

Susna ·

Ek kan n boek skryf wanneer dit by Korrusie by Verkeersbeamptes of EMPD kom. Myself, Familie en vriende se ondervindinge met hierdie sogenaamde gereg dienaars laat n bitter smaak in die mond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.