‘Wetteloosheid’ van taxi-bestuurders tydens betoging veroordeel

Beamptes van die Johannesburgse metropolisie probeer onderhandel met Nanduwe-taxibestuurders om hul taxi’s te verwyder Foto: Siphelele Dludla / ANA

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die wetteloosheid van taxi-bestuurders tydens ʼn betoging Vrydag veroordeel.

Die betoging volg ná die Gautengse regering, onder leiding van LUR Ismail Vadi, verlede week ʼn ultimatum uitgereik het in ʼn kennisgewing om taxistaanplekke en twee roetes van mededingende taxi-operateurs in Soweto te sluit.

Maroela Media het vroeër berig die verkeer het Vrydag in die Johannesburgse middestad tot ʼn stilstand gekom toe taxibestuurders van Soweto na die kantoor van die premier opgeruk het. Die taxibestuurders het hul voertuie in die strate parkeer en geëis om weer op hul roetes toegelaat te word.

Die Nancefield-Dube West Taxi Association (Nanduwe) het die Witwatersrand African Taxi Association (Wata) daarvan beskuldig dat hulle ʼn hofuitspraak minag wat hulle beveel om hul taxi’s van die Dube-roete te onttrek en wat hulle verbied om enige passasiers in die gebied op te laai. Hulle baklei ook oor vroegoggend optelpunte in onder andere Mofolo en Orlando-Wes.

“Ek is baie teleurgesteld oor die optrede van die taxiverenigings by die kantoor van die premier, veral ná gesprekke tussen die twee verenigings om die dispuut op te los,” het Nkosi-Malobane gesê. “Ek was vol vertroue dat die gesprekke vrug afgewerp het en volhoubare resultate tot gevolg gehad het wat die inwoners van Gauteng sou bevoordeel.”

Hy het gesê hy het sy span opdrag gegee om steeds met die twee verenigings te vergader om die saak op te los en om seker te maak dat só situasie nie weer gebeur nie. “Wetstoepassingsagentskappe in Gauteng is egter gereed om die veiligheid van die passasiers te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan ·

Veroordeel ook die kultuur van wetteloosheid tydens alle betogings in die land.

Swannie ·

Maar dit is presies wat gebeur !!
Almal veroordeel die wetteloosheid en verder gebeur daar niks.

Of nee, eintlik is ek verkeerd. Gewoonlik “monitor” die polisie slegs die situasie en daarby bly dit.

Jan ·

Swannie, hulle het by Zuma afgekyk. Hy veroordeel ook, maar stook in sy toesprake lekker aan.

Pietsepan ·

Wetstoepassingsagentskappe! !! Is dit nou ‘n nuwe naam vir die polisie of metropolisie? Hoekom stel die publiek wat van taxis gebruik moet maak nie hierdie polisie aan nie?

LMF ·

Never ending story gmpf weet iemand of die 12de se strike nog aan is ek is van Pretoria en moet jhb toe gaan daai dag

Justice ·

Volgens `n verklaring vanaf Santaco is die staking van die 12e vir eers van die baan.

Johannes van Staden ·

Wetteloos en betaal ook geen belasting en ry die paaie vrot !

Chivago ·

Jul dink hulle is wetteloos tydens ‘n betoging?. Gaan kyk hoe ry hulle op die paaie – DIS wetteloos!

Pie van die Sky ·

Meeste hier mis eintlik die hele punt:
Taxi wetteloosheid op ons paaie is teweeggebring deur die onvermoë vd Staat om ordelike publieke vervoer te skep en te onderhou. Daardeur het dit ontaard in privaat enterpreneurs wat taxis begin het om in die aanvraag te voorsien; hulle wat nou in kartels mekaar beveg vir n stukkie van ‘n koek wat al kleiner word….. Hierdie gemors is deur die Nasionaliste gedurende Apartheid toegelaat om te floreer en het verder ontaard gedurende die wanbestuur van ‘n ANC regering. So wie blameer nou eintlik vir wie hier?

Swartkat ·

Taxi bestuurders is van die onbeskofste padgebruikers ooit , dit is deel van hulle om swak te bestuur, te stop waar hulle wil en wanneer hulle wil, g’n wonder daar is so baie taxi ongelukke nie, maar hulle word feur verkeersbeamptes en polisie toegelaat om te doen wat hulle wil. Ongelukkig is daar ook plaaslike owerhede wat die bestuurders in diens neem om plaaslik busse te bestuur en word die kultuur van swak bestuur en padvark wees deel van die pad.

Conrad ·

Hierdie wetteloosheid is vir te lank niks aan gedoen nie. Dit is nou n norm wat ge-‘snowball’ het en gaan moeilik sonder nonsens gestop word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.