Wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in SA

Argieffoto

Argieffoto

Volgens die VF Plus is wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika nie.

“Daar moet eerder gefokus word op ander oorsake soos die SA Polisiediens wat meer as 18 000 vuurwapens in net vyf jaar verloor het,” het Pieter Groenewald, woordvoerder van die VF Plus, Dinsdag gesê.

Groenewald meen die oproep gaan al hoe meer op – ook vanaf vooraanstaande persone in die land – dat daar strenger vuurwapen-wetgewing moet wees weens die hoë vlakke van geweldsmisdaad en die ANC is aan die voorpunt hiervan.

Volgens Groenewald mislei die regering homself indien daar geglo word dat strenger wetgewing wat vuurwapen-eienaarskap sal beperk, misdaad gaan beperk. “ʼn Ontwapende gemeenskap is presies wat misdadigers wil hê. Dit sal misdaad laat styg en daar is wetenskaplike studies hieroor gedoen,” het hy gesê.

Groenewald het ook gesê die groot probleem is onwettige vuurwapens soos dié van die polisiediens wat 18 000 in net vyf jaar verloor het. “Die vraag moet eerder gevra word of dit nie is waar die probleem lê nie. Misdaad het gestyg weens politieke inmengery in die polisie, korrupsie, swak bestuur en ʼn gebrek aan dissipline. Dit en die strafregstelsel moet eers reggestel word voordat daar gefokus word op wettige vuurwapeneienaars, want hulle is nie die probleem en oorsaak van geweldsmisdaad nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

neels ·

Dis duidelik; gebruik misdaad as die stok om wettige vuurwapen eienaars mee te slaan net soos ontgroening gebruik is om NWU en Afrikaans mee te vernietig.

Dave ·

Die berigskrywer sê:
Quote:
Volgens die VF Plus is wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika nie.
Stop Quote

Nou, wil die berigskrywer daaroor stry? Waarom word so versigtig daarop gewys dat dit die VF Plus is wat so sê? Ek sou dit as volg bewoord het: ‘Die VF Plus het daarop gewys dat wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika is nie’. …….. Dit klink miskien na ‘n kleinigheid maar dit is belangrik om woorde reg te kies.

Bielie ·

En al die snert nadat ons vir 10 maande moes kyk en hoor hoe Oscar vertel hoe sy wettige vuurwapen vanself afgegaan het in vrees vir ‘n inbreker. Come with another story.

‘n Vuurwapen is absoluut niks werd as hy binne ‘n kluis lê nie.

Drieks ·

18 000 wapens, hoeveel moorde en pyn vir ons families, dit deur die polisie.

Eduard ·

Ai ou Dave ek is bly om te sien jy soek fout met almal se taal gebruik. Ek kry die mense wat saam jou moet leef bitter jammer. So terloops is afrikaans nie my eerste taal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.