Die staat het reeds R15,3 miljoen aan oudpres. Jacob Zuma se regskoste bestee, maar die wettigheid van die ooreenkoms waarvolgens dit geskied sal opnuut bestudeer word, het pres. Cyril Ramaphosa onderneem.
Ramaphosa het ʼn parlementere vraag waarin die EFF-leier, Julius Malema, daarteen te velde getrek het dat die belastingbetaler opdok vir Zuma se regskoste, vanmiddag in die parlement beantwoord.
Volgens Ramaphosa het die staat in 2006 in goeie trou ʼn ooreenkoms met Zuma aangegaan om die regskoste vir sake waarin hy in sy ampshoedanigheid gedagvaar is, te betaal. Zuma sal die bedrag uitstaande op enige sake waarin hy skuldig bevind word, aan die staat terugbetaal.
Malema het gevra of Zuma al enige geld in die spioenasiebandesaak wat die DA teen hom gemaak en gewen het, terugbetaal het soos die hof beveel het. Ramaphosa was hiervan nie seker nie.
Malema wou ook weet op watter regsbasis die huidige hofkoste-ooreenkoms tussen Zuma en die staat berus, en Ramaphosa het nogmaals geantwoord dat hy nie weet nie, maar dat hy sal uitvind en die inligting beskikbaar sal stel.
Adv. Anton Alberts, VF Plus-LP, het gevra of Zuma enige sekuriteit, soos byvoorbeeld sy eiendom in Nkandla, verskaf het as waarborg dat hy die bedrae sou terugbetaal indien hy sou verloor.
Ramaphosa het gesê geen sekuriteit is verskaf nie. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het gevra dat Ramaphosa leierskap aan die dag lê en alle uitbetalings betreffende Zuma se regskoste staak, maar daaraan wou Ramaphosa nie byt nie.
En wat kos Stortkop ons deesdae? Ek bedoel sy dag tot dag harem se onderhoud? Blyplekke… karre… sekuriteit… kos…etc etc etc?
zuma sal in gestop word of ons dit weet of nie. Hy is ‘n ANC en hulle kom met moord weg
Dus ‘n maatjie – maatjie beleid en alhoewel dit teen die wet is kom niemand iets oor nie. Daar is geen vervolging nie en die wat skuldig is word net heraangestel of bedank om later weer in diens geneem te word in een of ander hoë profiel posisie. Uit goeder trou is daar triljoene weg uit die staatskas en die arm bevolking moet dit vergeld. Dit kan net in ‘n land gebeur waar die donkies oogklappe aan het en daar ‘n wortel voor hul neus gehou word en hul niks anders raak kan sien nie.
Gisteraand op eNuus het een van die kommentators daarop gewys dat die R15,3 miljoen net Zuma se regskoste is wat met die spioenasiebande verband hou. Daar is blykbaar ‘n verdere R30>miljoen aan ander regskoste ten behoewe van Zuma deur die staat bestee.
Verander die ooreenkoms. Hys is die beskuldigde. Hy kan eers sy regskoste betaal en as hy dan in die hof onskuldig bevind word dan kan hy die koste terug eis.
Geweet hier is weer ‘n gekonkel……..
moet hulle rerig nog die man se foto gebruik. Ek dink SA is al moeg vir sy gesig.