Wewenaar-polisieman bely verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte, ʼn 50-jarige wewenaar van Mpumalanga, het skuld erken op aanklag dat hy ʼn minderjarige verkrag het.

Inspekteur Dalton Zulu Nyambi, van Sibayeni naby die Mosambiekse grens, het Dinsdag in die Tonga-streekshof skuld erken op aanklag van verkragting. Nyambi, wat by die Lebombo-grenspos werk, het aan die hof gesê hy het op 10 September 2013 seks met ʼn 13-jarige meisie gehad nadat hy te veel gedrink het, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Hy is op 3 Desember 2013 in hegtenis geneem.

Hy het aan die hof gesê hy is ʼn wewenaar wat drie seuns en twee dogters grootmaak.

Hy het om verskoning gevra en onderneem om die minderjarige meisie se huis te besoek om sy berou te toon.

Landdros Edgar Moletsane het die saak tot Donderdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.