WGO genader oor regering se ‘rasseplanne’ om entstof te versprei

(Argieffoto: Unsplash)

“Mense gaan dood, maar die ANC se rasse-ideologie troef alles. Selfs mense se lewens en gesondheid word ondergeskik gestel aan die regering se rasse-ideologie.”

Só het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê nadat die Sondagkoerant Rapport berig het dat pres. Ramaphosa tydens ʼn virtuele vergadering tussen die ANC se topses en die Progressive Business Forum gesê het dat die verspreiding van entstowwe geleentheid vir swart bemagtiging gaan bied.

Volgens Solidariteit sal hy vandeesweek ʼn dringende skrywe aan onder meer die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die nasionale Covid-19-bevelsraad rig oor die regering se oënskynlike planne om swart bemagtiging deur die verspreiding van entstowwe te bevorder.

In ʼn pandemie, waar mense se lewens in gevaar is, moet regulasies dit so maklik as moontlik maak om die pandemie te bestry, het Hermann gesê en bygevoeg rassehekkies durf nie in die pad geplaas word nie.

“Daar gaan ongetwyfeld talle swart ondernemings wees wat doeltreffend sal kan help, maar hul betrokkenheid moet dan wees omdat hulle doeltreffend gaan help en nie omdat hulle swart is nie.”

Die WGO se mandaat is om regerings te adviseer oor hoe om onder meer ramptoestande te hanteer, sê Hermann. Die WGO sal ʼn plig hê om die Suid-Afrikaanse regering te adviseer oor hoe om tydens ʼn pandemie soos dié wat Suid-Afrika nou beleef die doeltreffendste metodes te gebruik.

Suid-Afrika verkeer in ʼn ramptoestand en alle Suid-Afrikaners moet elke dag regte opgee om die pandemie te beveg. “Die nasionale bevelsraad moet regulasies afkondig om te verseker dat die aankoop en verspreiding van entstowwe deur die beste en bekwaamste maatskappy gedoen word. Lewens en gesondheid moet nou ʼn hoër prioriteit as ras geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
PH

100%
Hoeveel van die entstof gaan waardeloos wees/ verslaan omdat firmas gekies word om verspreiding te doen gebasseer op velkleur maar sonder fasiliteite om entsof by -70 grade C te hou?

J P

Partykeer kan ‘n mens maar net lag en jou kop skud.

Barend

En dan sê hulle slegs die Staat mag dit aankoop, nou sien die…… weer ñ geleentheid tot SELF Veryking ????????????

Anel

Hulle kan daarmee maak wat hulle wil. Solank hulle net baie vêr van my en my familie bly. Hulle kan al our people inent vir al wat ek omgee.

Jacobus

100% Dirk. Die ding is net dat WGO deel van probleem is. Hulle het agendas waarvan ons nie weet nie. As jy kan help deur ‘n gekookte verkiesing veranderinge kan aanbring is die probleem groter as wat ons dink.. Die wat op en af spring en sameswerings teorie skree moet na die feite kyk en weer gaan dink!
Saam met Dirk is ons bekommerd oor die verwringing van aksies. Genoeg gesê!