WGO-hoof kap ryk lande wat entstof ‘monopoliseer’

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus. Foto:(Salvatore Di Nolfi/Keystone via AP)

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het ryk lande Maandag daarvan beskuldig dat hulle die Covid-19-entstowwe monopoliseer, terwyl arm lande benadeel word.

“Terwyl Covid-19-entstowwe vir sommiges ʼn baken van hoop is, word dit vir ander net nóg ʼn aanduiding van die groot gaping tussen dié wat het en dié wat nie het nie,” het Ghebreyesus in ʼn toespraak in Genève, Switserland, gesê.

Hy het ryk lande daarvan beskuldig dat hulle ʼn “ons eerste” mentaliteit het en dat jonger, gesonder volwassenes in dié lande ingeënt word terwyl gesondheidswerkers en ouer mense in ander lande nie ingeënt kan word nie.

Volgens Ghebreyesus is meer as 39 miljoen dosisse entstowwe al in ten minste 49 hoër-inkomste lande toegedien, terwyl net 25 miljoen dosisse in van die lande met die laagste inkomste toegedien is.

“Die situasie word vererger deur die feit dat meeste entstofvervaardigers goedkeuring in ryk lande prioritiseer, waar die winste die hoogste is, eerder as om dosisse en wetenskaplike navorsing aan die WGO te oorhandig.”

Ghebreyesus waarsku dat dié optrede chaos kan veroorsaak en kan lei tot ʼn ongekoördineerde reaksie op die pandemie. “Dié optrede sal net die pandemie uitrek en menslike en ekonomiese lyding vererger,” sê hy.

Intussen het die paneel vir pandemiese voorbereidheid en reaksie bevind China en die WGO kon vinniger opgetree het toe Covid-19 vir die eerste keer in Wuhan uitgebreek het. Covid-19 is vir die eerste keer in Desember 2019 hier aangeteken. Meer as 2 miljoen mense wêreldwyd het sedertdien weens Covid-19 omgekom.

In die paneel se verslag word bevind dat openbare gesondheidsmaatreëls strenger deur plaaslike en nasionale owerhede afgedwing moes word. Die WGO moes ook vinniger ingegryp het, eerder as om tot einde Januarie te wag voordat die pandemie as ʼn openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang geklassifiseer is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bernard

Bevorder die gebruiklike bedelaarsmentaliteit

Dries

Mnr Gabrisius wag maar totdat jy sien wat gaan die ANC doen as jy wil sien wat is erg. Hulle gaan geld maak uit die armes se elende

Wiehan

Bernard, tipies van 3de wereld lande. Staan bakhand met die mentaliteit van altyd “Give Me”. Kan vir niks self werk nie, wil alles net verniet he. Dit terwyl hul despoot “Presidente ” in weelde leef.

Barend

Klink vir my soos aanvraag, aanbod en kán betaal

Adriana

Ja nee so sal die arm lande weer bakhand staan, hul het nie eers probeer om van hul kant enigiets te doen om ñ entstof te probeer skep, die rasse kaarte sal nou weer gegooi word, want dit is mos nou die ryk wit mense wat ñ entstof gekry het. Hul is so pateties