WGO maak ommeswaai oor inperking

Argieffoto van dr. David Nabarro (Foto: Xinhua/Xu Jinquan)(zf)

Dit blyk dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ’n ommeswaai gemaak het wat die gebruik van inperking in die stryd teen Covid-19 betref.

Dr. David Nabarro, die WGO se spesiale gesant oor Covid-19, het ʼn beroep op wêreldleiers gedoen om op te hou om inperkings as “primêre beheermetode” te gebruik om Covid-19 mee te bekamp.

“Ons in die WGO bepleit nie inperkings as die primêre manier om hierdie virus te beheer nie,” het Nabarro Vrydag aan die Britse tydskrif The Spectator gesê.

“Ons glo dat ʼn inperking slegs geregverdig is wanneer daar ruimte geskep word om te organiseer, te hergroepeer, hulpbronne te balanseer en gesondheidswerkers te beskerm wat uitgeput is, maar oor die algemeen wil ons dit eerder nie doen nie.”

Volgens Nabarro het die gebruik van inperkings om die verspreiding van Covid-19 te beperk oor die algemeen slegs armoede tot gevolg gehad.

(Foto: Maroela Media)

“Ons doen daarom ʼn beroep op alle wêreldleiers: Hou op om inperkings as primêre beheermetode te gebruik. Ontwikkel beter stelsels om dit te doen. Werk saam en leer by mekaar.”

Maroela Media het vroeër berig epidemioloë en openbare gesondheidspesialiste oor die wêreld heen het in ʼn gesamentlike verklaring gevra dat inperkingsmaatreëls wêreldwyd opgehef moet word. In die verklaring, genaamd die Great Barrington Declaration, spreek mediese kundiges hul ernstige kommer uit oor die negatiewe fisieke en sielkundige uitwerking van die voortgesette Covid-19-beleid.

Die adviesraad en outeurs van die verklaring bestaan uit die kundiges prof. Martin Kulldorff van die Harvard-universiteit, prof. Sunetra Gupta van die Oxford-universiteit en prof. Jay Bhattacharya van die Stanford-universiteit. ʼn Verdere 4 229 mediese en openbare gesondheidswetenskaplikes, 7 664 mediese praktisyns en 107 985 mense uit die algemene publiek van oor die hele wêreld het die verklaring onderteken.

Die Great Barrington Declaration beveel aan dat ʼn beleid van gefokusde beskerming die huidige drakoniese afsonderingsmaatreëls vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Die inperkings het ons klaar gebreek nou wil hulle ommeswaai maak, jammer dit is te laat . Baie privaat eianaars sal nie weer op die been kom nie, al wie nie geraak is nie is die staatsamptenaar en meeste van hulle was ook die voorstaaners vir inperking.

Mariana

Maar was hulle dan nie heel voor met die inperkings as enigste manier om die virus te bekamp nie. As hulle die virus sy gang laat gaan het was daar nie gevaar van tweede “wave” nie. Laat mens wonder hoeveel kennis die kenners dan nou regtig het.

Fedup

Give these kinds of people a title and power, then all common sense fly out the window.
You don’t know what you want OR what you are talking about, nabarro.
Rather go back to school and try to achieve something this time.

Jacobus

Meeste mense met meer as 10 breinselle het van dag een af so gesê. Dit laat mens bekommerd oor die agenda agter die metodes.

4ntj13

Die WGO se leiding was nie perfek nie en is oordryf deur regerings vir kriminele doelwitte. ʼn “Ommeswaai” is egter ook misleidend. Die verklaring is geassosieer met ekstremisme: The Francis Crick Institute’s group leader of the cell biology of infection laboratory, Rupert Beale, said herd immunity is “very unlikely” to be built up before a COVID-19 vaccine is generally implemented. Of the Great Barrington Declaration he said the “declaration prioritises just one aspect of a sensible strategy – protecting the vulnerable – and suggests we can safely build up ‘herd immunity’ in the rest of the population. This is wishful… Lees meer »