WGO sê Afrika vaar goed in stryd teen Covid-19

WGO se streeksdirekteur in Afrika, dr Matshidiso Moeti (Foto: @MoetiTshidi/Twitter)

Ses maande ná Covid-19 vir die eerste keer in Afrika aangemeld is, het lande goeie vordering gemaak in die stryd teen die koronavirus, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gesê.

Dr Matshidiso Moeti, streeksdirekteur vir Afrika, het Donderdag gesê talle Afrika-regerings het vinnig afsonderingsperiodes en sleutel-gesondheidsmaatreëls ingestel om die verspreiding van die virus te verlangsaam.

“Voorkomings-, diagnostiese en behandelingsmaatreëls is mettertyd versterk. Alle lande kan nou Covid-19 diagnoseer en minstens 14 lande doen meer as 100 toetse per 10 000 lede van die bevolking,” het Moeti gesê. “Vervaardiging van suurstof, wat noodsaaklik is vir Covid-19-pasiënte met ernstige simptome, het ook beduidend toegeneem, met die getal suurstofaanlegte in die streek wat van 68 na 119 toegeneem het, terwyl die getal suurstofkonsentrate meer as verdubbel het tot meer as 6 000.”

Die eerste Covid-19-geval in Afrika is op 14 Februarie in Egipte aangemeld en die kontinent het verlede week 1 miljoen gevalle verbygesteek. Suid-Afrika verteenwoordig meer as helfte van die gevalle.

Volgens die WGO was daar ʼn 9%-toename in die getal Covid-19-gevalle in die Afrika-streek die afgelope week, in vergelyking met ʼn 18%-toename tydens die vorige verslagdoeningsperiode.

Moeti het gesê die stryd teen Covid-19 is ʼn marathon, nie ʼn naelloop nie.

“Ons sien heelwat plaaslike uitbrekings, elkeen met hul eie infeksie-patrone en pieke. Deur die reaksie op gemeenskapsvlak op te skerp, sal ons dié wedloop wen. Die Covid-19-reaksie moet geïntegreer word in die wese van elke gesondheidsdistrik.”

ʼn Onlangse WGO-assessering gebaseer op verslae deur 16 lande in sub-Sahara-Afrika, het bevind dat die lande hul kapasiteit verhoog het in reaksie op Covid-19.

Die WGO het lande se gereedheid gemonitor in ʼn rits gebiede, insluitend koördinasie, waarneming, laboratorium-kapasiteit, gevallebestuur en infeksie-voorkoming en -beheer. Die puntestand was ses maande gelede 62% en nou is dit 78%. Alhoewel baie vordering op nasionale vlak gemaak is, is daar steeds agterstande op distriksvlak. “Ons moet nie net bybly met die jongste neigings nie, ons moet ook verwag, voorspel en vinniger optree om moontlik rampspoedige gevolge te vermy,” het sy bygevoeg. “Gebiede met hoë oordragvlakke, en plaaslike gebiede met relatief minder infeksies, moet albei aandag geniet. Kortliks, ons moet sterk wees op alle fronte.”

Die Namibiese president Hage Geingob het gewaarsku dat Suid-Afrika meer as helfte van die kontinent se gevalle verteenwoordig en bedreig dus die hele suidelike streek. Suid-Afrika het reeds minstens 572 865 gevalle aangemeld en 11 270 sterftes. Die land het die vyfde meeste infeksies wêreldwyd en die hoogste in Afrika.

Namibië het Donderdag vyf nuwe sterftes aangemeld en bring die land se dodetal op 27 te staan met 3 544 Covid-19-gevalle.

Botswana het Donderdag een Covid-19-verwante sterfte aangemeld en bring die dodetal op drie te staan met 1 214 gevalle.

Zimbabwe het 4 990 gevalle en 128 sterftes; Malawi 4 912 gevalle en 153 sterftes; Zambië het 8 663 gevalle en 246 sterftes; eSwatini (Swaziland) het 3 599 gevalle en 65 sterftes; en Lesotho het 884 gevalle en 25 sterftes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marius ·

Ekskuus? 1000 000 gevalle in afrika waarvan 572 000 in mishoop land is ? Daar is ‘n baie klein minderheid wat logies kan dink .

Nie Verbaas ·

Nog n nar wat SA se statistiek glo. Hoe onnosel kan iemand wees? Seker nog n member van die Fort Hare brigade waar kopdoek “studeer” het.

Okmardom ·

Ek dink maar nou aan n ou grappie toe ek onderwyser was… hoeveel is een lemoen plus een lemoen, twee lemoene. Goed hoeveel is een appel plus nog n appel….nee, ons het nie van die appels geleer nie.

Snowball ·

Bo toets hulle nie en Suid lieg hulle. Bwhahaha. Selfde WGO wat gesê het die virus is nie oordraagbaar tussen mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.