WhatsApp, Facebook stadigaan aanlyn

Die probleem het die sosialemediareus lamgelê. (Argieffoto: Pixabay)

Facebook, asook sy Instagram en WhatsApp-dienste, het deurnag weer aanlyn gekom nadat ʼn enorme en langdurige onderbreking die sosialemediareus lamgelê het.

Facebook se familie van apps het ure lank van die internet “verdwyn” nadat ʼn probleem met ʼn internetverkeersroeteerder beteken het die webwerwe kon nie deur besoekers bereik word nie, het Cloudflare, ʼn sekerheidsmaatskappy vir webwerwe, gesê.

Die maatskappy en sy sosialemediadienste het sowat 3,5 miljard gebruikers en volgens die webmoniteringsgroep Downdetector was dit die grootste Facebook-onderbreking ooit.

Facebook het mense om verskoning gevra vir die ongerief wat die onderbreking veroorsaak het en gesê daar is geen aanduidings dat gebruikers se data enigsins deur die onderbreking in die gedrang gebring is nie.

Die maatskappy het in ʼn bloginskrywing nie gesê wie die konfigurasieverandering aangebring het en of dit ʼn beplande verandering was nie.

Verskeie Facebook-werkers, wat nie hul name genoem wou hê nie, het aan Reuters gesê hulle glo die onderbreking is veroorsaak deur ʼn interne fout in hoe internetverkeer na die maatskappy se stelsels roeteer word.

Die onderbreking was ʼn tweede slag vir die maatskappy net twee dae nadat ʼn fluitjieblaser die maatskappy Sondag daarvan beskuldig het dat hy herhaaldelik wins bo die uitroei van haatspraak en waninligting gestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DieKriek ·

Daar is mense wat totaal afhanklik is van Whatsapp om te kan kommunikeer, soos dowe mense. Sekuriteits Whatsapp groepe word ook erg geraak as die diens afgaan. Ek weet van talle besighede wat slegs deur Facebook adverteer en bestellings behartig met Whatsapp.

Daar is mense wat dink hierdie is sosiale netwerke wat beuselagtighede bevorder en inbreuk maak op hulle privaatheid maar dit is lankal n noodsaaklikheid in moderne samelewing.

Colin ·

Ek stem DieKriek. In die landelike gebiede kan ons nie effektief sonder Whatsapp funksioneer nie. Dis die enigste manier (behalwe radios) om ‘n klomp mense terselfdertyd van nood situasies in te lig. Daai boodskappe kan binne’ n oogwink nasionaal gedeel word.
En as jy nie van die ding hou nie is jy meer as welkom om die groep of Facebook te verlaat. Niemand dwing dit op jou af nie. Eie keuse

Grens ·

Ek het Telegram ook, groot gemors, al wat ‘n piramide scam kom na jou toe op Telegram.

A ·

Vandag het ek geleer dat DNS in Afrikaans is internetverkeersroeteerder.

VaalDonkie ·

Dis waarom ek my kinders leer dat sekere anglisismes en engelse woorde aanvaarbaar is in Afrikaans.

SlinkseKoljander ·

Domeinnaam bediener, ek dink hulle praat hier van n router

Linx ·

Laat mens wonder hoe mense oorleef het voor al hierie goed ek dank die Vader ek is nog old school ek bel as ek jou soek en stuur gewone oudtydse boodskappe dit is in elk geval meer reliable.

Alta Alleman ·

Was dit nou nie lekker gewees om nie met my neus op my selfoon skermpie te lê nie. Hoe lekker dink ek terug aan die ou dae sonder tegnologie. Het eerder in die straat voor die huis krieket gespeel met al die bure se kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.